Boete vir ongeldige rybewyskaart? Maak só

(Foto: Maroela Media)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het onlangs begin met regsaksie teen die vereiste om bestuurslisensiekaarte elke vyf jaar te hernu en sal binnekort in die hof verskyn. In hierdie verband, versoek AfriForum lede van die publiek om die organisasie te kontak indien hulle as gevolg van die departement van vervoer se mislukkings onlangs gestraf of beboet is omdat hul bestuur het sonder ’n hernude bestuurslisensiekaart. Hierdie inligting kan by AfriForum se aansoek gevoeg word en sodoende AfriForum se saak versterk.

AfriForum se aansoek rus op ’n aantal regs- en praktiese gronde. Uit ’n regsperspektief is die Nasionale Padverkeerswet en -regulasies te vaag om uitvoerbaar te wees. Die wetgewing onderskei nie duidelik tussen ’n “bestuurderslisensie” en ’n “bestuurderslisensiekaart” nie. Dit bepaal ook nie uitdruklik dat motoriste, wanneer die kaart verval, moet aansoek doen om ’n nuwe bestuurslisensiekaart nie. Dit bepaal nie eens dat dit ’n misdaad is om met ’n vervalde bestuurslisensiekaart te bestuur nie en skryf geen boete, straf of sanksies voor nie.

“In terme van praktiese gronde, maak die departement van vervoer se alombekende mislukkings dit onmoontlik en irrasioneel om van motoriste te vereis om hul bestuurslisensiekaarte elke vyf jaar te hernu,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum. “Boonop laat baie ander lande veel langer tydperke tussen die hernuwing van bestuurslisensiekaarte toe en in sekere lande is bestuurslisensies onbeperk geldig.”

Meer as 40 000 boetes is net in Mei uitgereik aan motoriste wat voertuie sonder geldige bestuurslisensiekaarte bestuur het. “Indien van hierdie motoriste ons kan kontak, wat as gevolg van die departement van vervoer se gebrekkige dienslewering nie hul lisensies kon hernu nie, sal dit AfriForum se saak teen die vyf jaar hernuwingstydperk van bestuurslisensiekaarte aansienlik versterk,” voeg Duvenage by.

Klik hier om AfriForum van jou boete te vertel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ettienne ·

Ek gaan as burgerlike protes nie my bestuurderskaart/lisensie hernu nie. Ek beskou hierdie regerng nie s ‘n legitieme regering nie. Die wette wat direk of indirek ooreenstem met die 10 gebooie, die sal ek volg.

Harley Davidson ·

My opinie omtrent hierdie regering is hulle is onbevoeg en ek gaan my nie meer onderhewig maak aan hulle wette nie as ek nie my lisensie kan hernu oor hulle onbevoeg is dan kan hulle vir my ‘n duisend boetes gee as hulle wil

DieKriek ·

Ja, my nuwe kaart is nog nie uitgereik nie na 17 maande nie en ek kry n boete selfs al wys ek die ou kaart en kwitansie. Die boete is geskryf asof ek glad nie n lisensie kon wys nie. Dit help ook nie mens stry nie. Kom ons kyk wat rig Afriforum uit.

Frank John ·

Ons leef in die sirkus. En die narre beheer dit soos ‘n grap.

Ontnugterde senior ·

My dogter het afspraak aanlyn geboek en nog niks gehoor van datum om te gaan nie. Haar lisensiekaart verval 31 Julie. Dis alles geldmaak skema want sodoende maak hulle geld met tydelike lisensies. Waar gaan al hierdie geld heen?

SjN ·

Na n lang gesukkel my kaart gaan afhaal by lisensiekantoor by navraag word ek meegedeel dat hul Sms en telefoonlyne afgesny is en dus nie kon kennisgewings uit stuur nie, swak.

Andries ·

Die wet onderskei duidelik tussen ‘n kaart en lisensie.( Reg 1 van GNR 225 goverment gazette 20963 17 maart 2000) Die lisensie word geregistrer en ‘n kopie (Kaart) word uitgehandig. Maar regulasie 108(5)(b) is dat jy MAG, nie MOET ‘n nuwe kaart kry (reg 108(5)(a). Seksie 78(1) stel duidelik dat enige kopiee van jou lisensie as prima facie as bewys mag dien.

Swerwer ·

My bestuurslisensiekaart het 2016 verval. Na verskeie posings om dit te hernu het ek dit nou gelaat.
Ek kan nie dag na dag in ‘n ry vir ure gaan staan en dan is die stelsel af as ek voor in die ry kom. Terwyl ek afneem by die werk om die lisensiekaart te hernu word dit van my salaris verhaal. Na die derde keer het ek besluit tot hier en nie verder nie. Die plek waar die kantoor geleë is plaas jy jou lewe op die spel om van 5 uur soggens in die ry te gaan inval.

Karinda ·

My bestuurslisensie wat ek al in 1987 gekry het, het einde Junie 2022 verval en ek wag angstig op Afriforum se wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.