Boewe probeer sonpanele op plaas steel

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Michael Fortsch/Unsplash)

ʼn Boer van Arlington in die Vrystaat het Dinsdag wakkergeskrik met drie mans wat probeer om sonpanele op sy plaas te steel. Twee van dié mans is kort daarna in die gebied vasgetrek.

Ao. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die boer het hulp na sy plaas ontbied nadat hy besef het die mans wil sy sonpanele steel.

“Gate is in die heining van die plaas gekry en kringtelevisie wat oor die plaas uitkyk het gewys hoe drie verdagtes aan die panele karring,” sê hy.

“Ander boere in die gebied het reeds ʼn soektog vir die verdagtes van stapel gestuur.”

Dié boere het twee van die verdagtes in die gebied gewaar, terwyl hulle probeer weghardloop het. Hulle is kort daarna vasgetrek en die polisie is na die toneel ontbied om die mans amptelik in hegtenis te neem.

Een van die verdagtes is egter steeds op vrye voet.

“Die twee mans se sakke is deursoek en ʼn reeks toerusting is in hul besit gevind wat algemeen gedurende huisbrake gebruik word.”

Dit het ook aan die lig gekom dat die twee verdagtes buitelandse burgers is.

ʼn Saak van poging tot diefstal is intussen aanhangig gemaak.

Die mans, onderskeidelik 41 en 44 jaar oud, sal na verwagting Donderdag in die Petrus Steyn-landdroshof verskyn.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – RED.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jack ·

Niks maar niks is veilig nie.As hulle dit wil hê gaan hulle dit vat.

SjN ·

Die twee wat gevang is weet mos wie is die ander een, laat hul sing.

Swerwer ·

Niks in hierdie land van ons is meer veilg van die ANC aan bewind gekom het nie.

Aai ·

Polisie nagsigtoerusting wow daai polisieman het dit seker vir homself aangeskaf.Ons kon dit nooit kry.Polisie is nie gegear vir die veg teen misdadigers.

Shakespeare ·

Mal- emma se Afrika gespuis. Die niksnuts wil mos grense oopgooi vir die hele Afrika.

Chris dupreez ·

Geen grensbeheer, alle kriminele het vrye toegang tot Suid Afrika.

Di ·

Onwettige immigrante neem die land oor en misdaad neem toe met die spoed van lig. Die korrupte ANC regering moet dringend ‘n plan maak met die grensposte waar almal net oorloop of beamptes omgekoop word. Daar is miljoene van hulle in ons land danksy MALEMMA. Hy moet terug gaan waar hy vandaan kom, Zimbabwe toe

Jacques ·

O Afrika … klaar weggedra.
Soos kraaie, as dit blink, wil ons dit hê.

Magda ·

Buitelandse immigrant, BAN HULLE LEWENSLANK UIT SA UIT. mal-enetjie se gespuis van buite af.

Kokerboom ·

Nare gevolge van 27 jaar se sosio-ekonomiese wanbestuur deur ANC. Ons sit op ‘n kruitvat. As massas landwyd opruk sal SAP en weermag hul NIE kan keer!!

David ·

Gee hulle so paar jaar huisvesting in ons oorvol tronke en verban hulle dan permanent.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.