Bokke onttrek aan Rugbykampioenskap

Die Springbokke het verlede jaar se Rugbykampioenskap gewen nadat hulle Argentinië met 46-13 geklop het. (Foto: AP Photo/Florencia Tanjun)

Die Springbokke gaan nie vanjaar hul Rugbykampioenskap-titel verdedig nie.

SA Rugby (Saru) het Vrydagoggend ná dae lange onsekerheid oor die kwessie of die Springbokke na Australië sal reis, bevestig dat dit nie sal gebeur nie.

Die deurlopende komplikasies rakende die Covid-19-pandemie en kommer dat die welsyn van spelers ernstig in gevaar gestel sal word, het dit volgens Saru onmoontlik gemaak om aan Sanzaar die versekering te gee dat Suid-Afrika sal deelneem.

Volgens Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, het die tyd hulle ingehaal en was daar geen ander uitweg as om die Springbokke te onttrek nie.

“Dit is ʼn uiters teleurstellende uitkoms vir ons ondersteuners en kommersiële vennote, maar die deurlopende uitwerking van die pandemie beteken ons kan nie ʼn Springbokspan lewer sonder om spelers se welsyn ernstig in gedrang te bring nie.”

Roux het gesê die plaaslike uitdagings is vererger deur die feit dat die 24 oorsese spelers, wat uitgewys is om moontlik gekies te word en vir wie daar om visums aansoek gedoen is, by Europese en Japanse klubs gebaseer is.

“Spelers in Engeland, Ierland, Frankryk en Japan word onderwerp aan verskillende plaaslike regulasies en reisprotokol, asook moontlike hernieude inperkings in sommige gebiede.”

Dit was volgens Roux dus onduidelik of die spelers deel van die Springbokspan sou kon wees.

Rassie Erasmus. Foto: (AP Photo/Florencia Tanjun)

Rassie Erasmus, direkteur van rugby, het gesê daar is vir elke scenario beplan.

“Ons het bepaal dat die spelers ʼn minimum van 400 minute speeltyd nodig gehad het voor hulle gereed kon wees vir ʼn toetswedstryd. Die oorsese spelers het voor ons weer begin speel en sou teen 7 November naby aan dié tyd wees. Maar baie van hulle het reeds hul programme voltooi of het Covid-19-uitbrekings gehad wat die beplanning in die wiele gery het.”

Volgens Erasmus het die spelers by Japanse klubs nog glad nie gespeel nie en sou die spelers in Suid-Afrika nie naby die 400 minute gekom het teen die tyd dat die toernooi moet afskop nie.

Plaaslike spelers het hulle eerste mededingende wedstryde die afgelope naweek gespeel, meer as 29 weke ná die Superrugbyreeks. Nieu-Seeland en Australië het onderskeidelik 17 en 14 weke terug al weer rugby begin speel.

“Dit was tot dusver ʼn uiters uitdagende jaar en wat as ʼn twee week lange inperking begin het, het tot ʼn wêreldkrisis gelei. Dit blyk onmoontlik te wees dat die Springbokke nie in 2020 ʼn toetswedstryd gaan speel nie, maar openbare gesondheid en veiligheid is die hoofbron van kommer,” het Roux gesê.

“Al wat ons nou kan doen, is om die plaaslike kompetisies te geniet en maniere te vind om gereed te wees vir die aankoms van die Britse en Ierse Leeus in 2021.”

Die onttrekking van die Springbokke aan die Rugbykampioenskap beteken dat ʼn Drienasies-toernooi nou in Australië tussen die All Blacks, Pumas en Wallabies sal plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Deon ·

So, hoe kan ander lande dan deelneem? Dit gaan oor die algehele bestuur van alles van die anc se kant af. Selfs nou die ekstra maand, dit nadat daar deur die WGO gese is lockdowns moet stop.

tweeling ·

Dankie tog, dit was van die begin af duidelik dat die SA spelers ‘n agterstand het wat wedstryd fiksheid betref. Sou net ‘n verleentheid wees om daar te speel. Nou kan NZ maar vir hulle kry met nuwe superugby toernooi.

Adam Adriaan ·

Ja en so val die helde, danksy die uiters briljante ANC regering van die land. So kom ons om so kom ons om. ANC regering het ‘n magies aanraking. Alles waaraan hulle vat verander in strooi

Hennie ·

Ook maar goed so…. Miskien kleiner verleentheid om nie deel te neem nie as om laaste te kom in die toernooi en verneder te word.

JohanR ·

Vir die ouens van dae. Mis julle nie ook die dae van “incoming tours?” Dit was ‘n se ses tot sewe week toer met 4 toetse, een teen Future Springboks, en dan op ‘n Dinsdag was daar wedstryde teen WP, Noord Transvaal, Vrystaat, Natal, en Transvaal. En toe kom geld en die era van die professioneel. Die Dinsdag wedstryde was meeste die 2de span, en het die provinsiaal dt nie geniet om nou ‘n dan ‘n lekker wen te kry? Dink Super Rugby het sy tyd gehad…..ons kyk uit na ietsie nuuts.

Karin ·

My Springbok truie is opgesny en weggegooi. Ek respekteer die handjie vol wat nie vir BLM gekniel het nie.

JBN ·

Die ondersteuners wat dié man van praat is die Anc bontebokspan ondersteuners wat te geneë is om die Anc se rassistiese kwotabeleid te ondersteun. Hulle moet maar almal vir die Anc stem volgende jaar en ophou kerm en kla oor rassisme en diskriminasie.

Jakes ·

Beste ding ooit vir die Bokke om n groot vernedering vry te spring. Almal dink dat SA loshande die wereldbeker gewen het maar England het eintlik die trofee op n skinkbord vir SA gegee nadat hulle voosflou was na hul wedstryd teen die ABs. Daar is hordes beter nommer 6 flanke in SA as Kolisi maar hy word verkies en nogal kaptein van die land gemaak. Wat se boodskap stuur dit uit? SA se rugby is oor die muur daarom kyk ek nie meer nie.

Ratel ·

As daar een ding is wat ek baie hard probeer doen is dit om deeglik na te dink en gebalanseerde kommentaar te lewer. Die meeste kommentare oor die artikel pla my nogal. Ek dink om nie aan die toernooi deel te neem nie is die regte besluit. Verduidelik asb vir my stadig hoe die ANC geblameer kan word hiervoor? En nee, ek is nie ‘n aanhanger van ons uiters onbeholpe “regering” nie. Die “ANC bontebokspan”? Ag nee man. Dieselfde span wat die wêreldbeker gewen het? En dit omdat die Engelse kwansuis vuisvoos was na die wedstryd teen die All Blacks en die “trofee op ‘n skinkbord bir die Springbokke gegee” het, en nie omdat Rassie, sy span en die spelers briljant was nie? “Die man dink hulle het nog ondersteuners”? Wat??? Dit lyk vir my of die ou lastige en knaende rassistiese onderrok weer erg uithang by baie van die kommentare.

Die Wolf ·

Klink vir my jy kan nie onderskry tussen kommentaar wat sin maak nie. Jy is die een met jou kommentaar wat weer die ras kwessie wil speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.