Bokke se verdediging, voorspelerspel verfrommel Skotte

Suid-Afrika se voorspelers het die septer geswaai. (Foto: Christophe Simon/AFP)

Die eerste helfte was ʼn taai affêre, maar die Springbokke se Wêreldbeker-veldtog is op koers nadat hulle Skotland met 18 – 3 in Marseille geklop het.

Daar was baie vooraf oor die Skotte se goeie aanvalswerk gepraat: Finn Russell is die kreatiwiteit vanself, terwyl Darcy Graham en Duhan van der Merwe vir die spoed en krag agterlangs sorg.

Maar spoed help jou nie veel wanneer jy teen die Bokke se rotsvaste verdediging te staan kom nie. Elke keer wanneer ʼn Skot ʼn bietjie voorvoetmomentum gesoek het, is hy genadeloos teruggedryf – gʼn maklike taak in die warm toestande van die Franse amper-herfs nie.

Frans Malherbe (kan jy glo?) het weliswaar ʼn paar skrumstrafskoppe afgestaan, maar kort voor lank het die Suid-Afrikaners ook hul stempel in dié afdeling van die spel afgedruk.

Skotland is vasgevat, verfrommel en verfomfaai en selfs Jamie Ritchie se beste Braveheart-toespraak sou nie gewerk het nie: Sy span se skrums was knaend in tru-rat.

Dit was egter nie net die voorspelers wat die Skotte hoofbrekens besorg het nie.

Kurt-Lee Arendse en Cheslin Kolbe was dorings op die aanval en hul vlugvoetige voetwerk maak van hulle gedugte teenstanders; maak nie saak teen wie hulle speel nie.

Dan het Damian de Allende gereeld sy stem in die middeveld dik gemaak, terwyl Faf de Klerk ook ʼn klop op die skouer in sy 50ste toets vir Suid-Afrika verdien.

Manie Libbok het met sy skopwerk gesukkel en sy skopkelkiepligte is later deur De Klerk oorgeneem.

Die Humansdorp-boorling se duikslag het egter ʼn vlieënde Graham in sy spore gestuit en sy slim skoppie het vir Arendse vlerke op pad na die doellyn gegee.

Dit was seker nie so aanskoulik soos die heldedade van Twickenham nie, maar Suid-Afrika het dinge op ʼn wennoot begin en hul voorspelers het ʼn duidelike waarskuwing aan die ander spanne gerig: Jy mors nie sommer met ʼn Bok nie.

  • Puntemakers:

Springbokke: Drieë: Pieter-Steph du Toit en Kurt-Lee Arendse. Doelskop: Faf de Klerk. Strafskoppe: Manie Libbok (2).

Skotland: Strafskop: Finn Russell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Bre ·

Pragtige rugby gewees maar moet nou net nie TE GOU praat en opgewonde raak nie. Daar lê nog vele wedstryde voor en hopenlik sal dit die BOKKE wees wat daardie trofee ophoog hou… GO BOKKE!!!!!!

Papsak ·

Die bokke moenie te veel van hulle self dink nie hulle nog nie beker gewen nie daar moet nog teen baie gespeel word so kom oor julle self bokke hou bietjie julle monde hou op groot praat kan mos sien ref staan net vir bokke flip ander span onregverdig daar baie beter spanne as bokke

Bre ·

Wat het jy vanoggend gedrink? Sover ek weet het die bokke GEEN kommentaar gelewer van HOE GOED hulle is nie. Jy val nou sommer boots and all uit die bus. Dit klink mos nou vir my dat JEALOUSY MAKES YOU NASTY!

Bolandse Nooi ·

Dié ref se oë het onder sy tokse gesit. Genade, daar was minstens 2 hoogvatte teen Skotland se spelers wat oorgesien is en daardie een drie was die resultaat van duidelike vorentoe-spel.

ES ·

Dit was nie ‘n besonderse goeie wedstryd nie maar ons het gewen. Ek dink die ongelooflike warm klimaat het ook ‘n baie groot rol gespeel. Ek was vreeslik beindruk met Fiji se wedstryd teen Wallis ook. Hulle speel baie vinnige, onvoorspelbare rugby. Wallis se verdediging was goed, maar Fiji het gewys hulle is ‘n span om dop te hou.

Renier ·

As hullle só speel teen Ierland of die ander groot kandidate, kom ons baie vroeg huis toe díé jaar.

SwartBees ·

Ag toe nou….moenie so negatief wees nie en moet nog minder die afrigting span onder sakt nie.

George ·

Seker dis wat jy gese het voor Skotland ook. Weeklikse copy and paste?>

Bre ·

Van watter groot kandidate praat jy? Ek hoop tog nou net nie jy praat van die all blacks nie want hulle rugby is pateties hierdie afgelope 3 jaar plus.

Laksman ·

Gemeet aan die vertoning, val die AB’s ook onder die “groot kandidate”

Bre ·

Hahaha, Saterdag is dit AB vs NAMIBIA en dan dink hulle hulle is die MIGHTY ALL BLACKS (want dit gaan n weghol wedstryd wees) net soos jy dink hulle is die groot kandidate. Hulle het geen groot wedstryde nie want Namibia, Italy and Uruguay is nou nie spanne om oor huistoe te skryf nie. France was die enigste groot kanidaat in hulle groep en die ABs kon nie die paal haal nie.

Andrew ·

Almal se smaak verskil maar die truie is n mis, lyk soos die nedbal span se klere.

Bre ·

Miskien was dit JUIS die truie wat die Skotte omkant gevang het. Indien, gee en nou nie om as hulle elke wedstryd met daardie truie speel nie, hehe

Bolandse Nooi ·

Toe die wedstryd begin, dag ek by myself: “Wie’s die ouens in die Spearmint Bubblegum pakkies?” Toe sien ek, maggies, dit moet die Bokke wees, want Skotland gaan geklee in hulle tradisionele donkerblou-en-wit. Wie se idee dié turkoois-blou-groen-en-wit was, weet ek nie (dalk is dit omdat Checkers en FNB hoofborge is – dis mos húlle “branding” kleure daai), maar dit was beslis NIE iets aanskouliks nie!!!

Bre ·

As jy nie eens geweet het dat dit die bokke was nie dan weet jy nie eitlik veel van rugby af nie. Wat almal het reeds gewwet dat die BOKKE teen die SKOTTE speel. DUH.

SwartBees ·

Dis dalk nie die mooiste trui nie, maar die egte nasionale SA embleme is op die trui. Dis ook nie asof die trui enige super powers het nie. Dit gaan mos oor die speler wat daai trui (groen, pienk, pers, geel…) aantrek en sy hart uitspeel.

Roek ·

Was baie teleurgesteld dat hul nie hul eerste wedstryd in die Groen en Goud gespeel het nie, die ch 60/60 truie het hul verward laat lyk asof hul nie eintlik seker was waar die adres is vir die aflewering is nie , hoop die winkerl groep dra by !!

Bre ·

Miskien was dit JUIS die truie wat die Skotte omkant gevang het. Indien, gee en nou nie om as hulle elke wedstryd met daardie truie speel nie, hehe

Giel ·

Pragtig ,MAAR, ons bietjie kultuur is op die spel, die truie lyk soos slaapklere! En wat m y perskoonlik kwel, nêrens is daar n springbok embleem op die truie. Dalk is die ouens met dikbrille besig om ons sag te maak vir die “Amaboke- bokke?

Roek ·

Stem 100% saam hul lyk soos die 60/60 aflewerings span en ja die embleem sal altyd ‘n doring in die mense met die dikbrille se sy wees , hul dal nie ophou met dit nie !

Bre ·

Kyk weer. Die Springbok embleem is aan jou linkerkant, die protea aan die regterkant, die nike embleem in die middel bo en MTN die hoofborg in die middel van die trui. Gaan google die openingstrui dan sal jy sien.

Bre ·

As die slaapklere die bokke gaan laat wen, dan verkies ek dat hulle elke wedstryd daarmee moet speel hehe

Mnr De Beer ·

Stem saam. Lyk soos FNB werkers wat rond hardloop met daai lelike truie.

Aai ·

Nie te sleg vir ‘n begin mooi skoppie Libbok na Arendse in hoek maar ja ons het ‘n pale toe skop probleem.

Johann ·

So ek sien die kaptein en sy kamerade vang selektief ‘n knie terwyl die res van die span regop staan? Sou dink dis presies wat ‘n “kaptein” NIE doen nie en dis ‘n span voor die wedstryd verdeel! Selektief “matter” iemand vir die kaptein en ons moet maar ok wees met dit?

Mnr De Beer ·

Stem saam. Politieke inmengery in sport versuur als in sport.

piet ·

Wel , daar’s kultuur verskille binne die span-opset (net soos by die AB’s). Die Bokke se swart spelers sing ook voor hulle opdraf. Dit lyk eerder asof dit die span saamsnoer. Beste kaptein ter wereld.

Bolandse Nooi ·

Hoe nou, Johan? Wie se knie is selektief vervang of gevang?

Bre ·

Bolandse Nooi, sal ek ook nou nie weet nie. Die man praat deur sy nek.

Johann ·

Shame. Gaan kyk die video van wat in die kleedkamers voor die wedstryd gebeur het. Die kaptein en sy mede black lives matter buddies kniel terwyl die res van die span dit nie doen nie. As dit nie verdelend is nie?

Euodia ·

Maar ‘n gelukkige wen gewees. Klere lyk soos legkaart slaapklere. Sien Etsebetz se vrou het liedjie geskryf. Sy word ‘n sangeres genoem haar nog net eenkeer hoor sing en ook maar nie te wat wonders nie.Waar is cd’s van haar ?

Laksman ·

X nou nie so slim soos almal hier nie en vra maar omdat ek nie weet nie…………is daar n rede waarom Arendse altyd probeer om die drie 2mm van die doodlyn probeer druk? is dit
1, hys hopeloos te vinnig, so sal van die kwartlyn af moet begin briek of duik
of 2, sommer van pure ougat geit?

SwartBees ·

Die Europese ruby velde se “goal” area is kleiner as ons velde s’n.

Elmarie ·

Ons hét gewen, PUNT. Of dit in onderklere, pajamas of watookal was ons hét gewen. Trots op julle bokke!

sterk soos n beer ·

julle moet net onthou openview wys nie rugby op sabc 2 nie. dstv wys wel rugby op sabc 2.

Hendrik ·

Ons moenie nou op ons agterstewe gaan sit nie, daar is nog baie werk wat wag. Ek is bekommerd oor die skeidsregter wat nie die hoog vat van die Skotte gestraf het nie. De Allende het lelik onder die hoog vat deur geloop. Sterkte Bokke.

Kiepie ·

Ek weet darem nie van “vervrommel” nie. Ek het seker ‘n ander wedstryd gekyk. Maar ‘n wen is ‘n wen en ten minste is hulle op die regte pad. Iemand, iewers behoort egte baie bekommerd te wees oor die feit dat ons nie ‘n betroubare stelskopper het nie.

piet ·

Ek sien Man of the Match Manie skop links en regs ewe goed (hang af watter kant van die veld). Min ouens kan dit doen, die outjie is propvol rugby.

Elma ·

Maar ek voel ook soos jy oor hom, daars steek baie in hom. Dalk net bietjie big match temperament wat kortkom, maar dit sal wel gebeur.

kragaap ·

Definitief, hy kan orals skop behalwe pale toe ……..dit gaan die Bokke nog duur te staan kom in ‘n finaal.

SwartBees ·

Verkies jy vir (onbetroubare) Elton om liewers ons name weg te skop.

Kobus ·

Skotland is tans 5e op die rangleer. Sonder ‘n erkende skopper wag daar probleme vir ons. Het die bokke ‘n skopafrigter en indien wel wie is hy? FAF skop akkuraat maar net kort afstande. Wat gaan ons maak indien die telling 22 – 21 is en ons kry ‘n strafskop om te wen? Kriel was gelukkig om nie ‘n rooikaart te gekry het nie

Michael ·

Ek moes seker ‘n ou wedstryd van die bokke gekyk het want in die een Sondag teen die Skotte was daar niemand wat iemand vervrommel het nie. Die enigste ligpunt van die wedstryd was ons “Direkteur van rugby” se discoligte. Soos die bokke gespeel het kan ons hulle maar gerus nou die “checkers span” noem, dan pas dit ten minste by hul aaklige klere

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.