Duisende Springbokondersteuners van Soweto moes Donderdag teleurgesteld huis toe keer nadat hulle uit die Orlando-stadion gesluit is waar die Springbokke gedurende hul Trofee-toer verskyn het.
Inwoners van omliggende gebiede soos Pimville, Dobsonville, Ormonde en Orlando het gesê hulle is “woedend” dat die span slegs Herman Mashaba, uittredende burgemeester van Johannesburg, die sokkerspan Orlando Pirates en ʼn afvaardiging van die stad by die stadion ontmoet het.
“Ons word by die hek laat staan … wie is die Springbokondersteuners, ons of Mashaba? Ek het selfs ʼn T-hemp gekoop, waarvoor? Dit is regtig nie lekker dat ons al die pad gekom het om hulle te sien nie en toe het ons nie. Hoe teleurstellend,” het Ntombizodwa Hlongwane (60) gesê wat saam met haar kleindogter na die stadion gegaan het.
ʼn Skare kinders het ook hul woede uitgespreek omdat hulle nie hul Bokhelde kon sien nie.
Ondersteuners moes buite die hekke van die stadion staan terwyl ʼn ontmoeting met die Springbokke binne plaasgevind het.
Die Bokke se Trofee-toer van vyf dae het Donderdagoggend in Pretoria afgeskop waarna hulle Johannesburg en Soweto besoek het.
Die span sal die naweek Durban, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap besoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
25 Kommentare
Agge nee! Hulle het so uitgesien daarna! Hoop die bokke kan ‘n geleentheid skep waar die klomp mense hulle kan sien en ontmoet.
Dis swak. Hulle het almal so uitgesien om die Bokke te ontmoet. Is Mashaba dan regtig so belangrik?? Swak!!!
so moeg vir die bokke want soos die politici aangaan was dit net siya wat op daardie veld was
Die ondersteuners is al op die lughawe beroof. Hoe sou dit nie daar gaan nie? Eie skuld.
Wens dit wil tog ook nou maar end kry. Alles politiekery.