Borgtog vir skatryk Sharma

Iqbal Sharma verlede maand in die beskuldigdebank. (Foto: Verskaf)

Iqbal Sharma, omstrede sakevennoot van die Guptas en voormalige Transnet-raadslid, is Woensdag borgtog van R500 000 toegestaan.

Dít nadat hy aanvanklik verlede maand borgtog in die landdroshof in Bloemfontein geweier is en hy hom tot die hooggeregshof gewend het om daarteen appѐl aan te teken. Hy was meer as vyf weke lank in aanhouding.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat, sê die Bloemfonteinse hooggeregshof het ook vanmiddag beveel dat Sharma binne 72 uur R600 000 van sy aftreeannuïteit as waarborg aan die staat gee.

Die hof het ook gelas dat die hoëprofiel-sakeman al sy bates, asook sy vrou se buitelandse bates aan die staat moet verklaar. Dit sluit in die aard, ligging en presiese waarde van dié bates, asook die besonderhede van bankrekeninge in.

Hy mag ook nie Gauteng verlaat sonder die ondersoekbeampte se toestemming nie.

Maroela Media het vroeër berig Sharma is verlede maand borgtog geweier nadat die NVG se ondersoekdirektoraat hom as ʼn vlugrisiko en “wêreldburger” bestempel het.

Sharma het glo sedert 2010 meer as 100 vlugte van en na lughawens in die VAE gehaal. Dit is dié besluit waarteen hy appѐl aangeteken het.

Sharma en drie ander word aangekla van bedrog van sowat R25 miljoen wat verband hou met die sogenaamde Estina-suiwelprojek.

Sowat R25 miljoen is tussen 1 November 2011 en 28 Februarie 2012 deur die departement aan die maatskappy Nulane Investments 204 betaal om ʼn studie te doen om te bepaal of die Estina-suiwelprojek uitvoerbaar is. Sharma is ʼn direkteur van Nulane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sê Ook Maar Net ·

Sy tasse is klaar gepak. Hy tel more aand geld saam met die Guptas in ‘n paleis êrens in die midde ooste.
En dan wat my stom slaan: Hy het Transnet bedrieg, maar hy kan nogsteeds R600 000-00 van (‘n gedeelte) sy aftree geld as waarborg gee..HUH?????

Elinette ·

Dalk is sy uittree-annuïteit by ‘n ander maatskappy, soos SANLAM?

Tokkel ·

Leer hulle dan nie dat hierdie mense nie ‘n geld tekort het nie….sy tjomme, die guptas is weg en glo my hy is oppad….Hierdie is kleingeld vir hom….Laat hom sit saam met sy ander pel in Natal.

Elinette ·

POEF!!!!!!!!!!! En weg is hy, nes die Guptas, uit die land uit en terug VAE toe.

Kathleen ·

KUL JOU HIER KUL JOU DAAR EN SIEDAAR , EK WONDER WIE HET DAARDIE TOUTJIE GETREK ?

Baardman ·

Wat is die doel van howe as al die uitsprake bevraagteken word in ‘n hoër hof. Dit wil mos blyk dat landdroshowe GEEN gesag het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.