
Nege insittendes van ’n minibustaxi het Maandagmiddag ’n botsing met ’n vragmotor op die N3 suid van Alberton oorleef, maar ses het hul lewe verloor. Die vragmotorbestuurder is ongedeerd. Foto: Twitter
Ses mense is dood en nege beseer in ʼn botsing tussen ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor op die N3-suidwaarts naby die Heidelbergweg-wisselaar, suid van Alberton.
William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni-nooddiens, sê hulle het Maandagmiddag 16:16 ʼn oproep ontvang dat ʼn taxi deur ʼn vragmotor verpletter is.
Al ses die oorledenes, vier vroue en twee mans, en die nege beseerdes was in die taxi onderweg. Ntladi sê die vragmotorbestuurder het so te sê ongedeerd daarvan afgekom en “was net geskok oor wat gebeur het”.
Die beseerdes is deur verskeie ambulansdienste na omliggende hospitale gebring.
Ntladi sê hulle het nog geen benul hoe die ongeluk gebeur het nie, maar beamptes van Ekurhuleni-nooddiens en die polisie was Dinsdagoggend terug op die toneel om verder ondersoek in te stel.
“Die pad was tot 22:00 gesluit,” sê hy, “wat ʼn uiters nadelige uitwerking op verkeersvloei gehad het. Beamptes het bestuurders met ʼn ompad deur Dinwiddie herlei.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Trok =1
Taxi = 0
…en die uiteindelike verloorder is die res van die land; families, ekonomie, wet en orde.
Sal mens raai wat het die ongeluk veroorsaak?? Taxi bestuurders wat altyd haastig is en geen padreels ken. Nou is daar mense wat hul geliefdes verloor het en n trokdrywer wat met die trauma moet saam leef ………………..
Ek weet nie wie het dit veroosaak nie, wat ek wel weet is dat die taxi’s daar (soos orals) die geelstrepe gebruik as bane om in te ry, baie vining daar ry en ook mense op en aflaai op die snelweg.
Hierdie ongelukke word veroorsaak deur wetgewing wat af gedwing word op onder andere Toyota Suid Afrika deur dept vervoer. Quantum passasiers voertuie word deur Toyota Suid Afrika met spoed beheer sisteme toegerus wat verhoed dat jy veilig vragmotors kan verby gaan, sodra jy langs ‘n 22m vragmotor kom wat veronderstel is om teen 80 km per uur te ry, wat meestal die spoedgrens oorskry, staak die Quantum op 100km per uur wat veroorsaak dat jy nie verby kan gaan of terug val agter vragmotor, omrede voertuie agter jou volg, die gevolg is noodlottige ongelukke wat gebeur, en ongelukkig is die… Lees meer »
Ai die arme bestuurder van die lorrie. Ek hoop hys ok