Botswana-polisie skiet nege dood

(Argieffoto: Hansie Linde)

Van die nege mans wat Woensdag in ʼn skietgeveg met die polisie in Gaborone, Botswana, dood is, is Suid-Afrikaners.

ʼn Wilde skietgeveg het by die Main Mall uitgebreek nadat 11 gewapende mans ʼn transitovoertuig aangeval het.

Volgens Dipheko Motube, polisiewoordvoerder in Botswana, het die rowers met sowat 986 000 pula (amper R1,3 miljoen) van die toneel gevlug. Polisiebeamptes het die rowers agtervolg en ʼn skietgeveg het uitgebreek waartydens nege van die rowers doodgeskiet is.

ʼn 30-jarige vrou van Botswana, wat saam met die rowers was, is in hegtenis geneem. Daar is op vier pistole en ʼn AK-47 beslag gelê. ʼn Onbekende bedrag kontant is ook teruggekry.

Dit is nie duidelik wat van die ander twee rowers geword het nie en die polisie het ook nie bekend gemaak hoeveel van die slagoffers Suid-Afrikaanse burgers was nie.

Dit kom net twee dae nadat agt transitorowers tydens ʼn skietgeveg met die polisie in Rosettenville, Johannesburg, dood is.

Agt verdagtes is ook tydens dié voorval in hegtenis geneem. Volgens die polisie was daar ’n groep van 25 transitorowers en is daar inligting ontvang dat hulle van plan was om ’n geldwa te beroof, waarna polisiebeamptes hulle begin dophou het en toe Maandagmiddag toegeslaan het. Die rowers is glo van KwaZulu-Natal, Zimbabwe en Botswana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jean ·

Ek glo hulle regstelset is beter as ons sin, so die rowers wat nog lewe gaan lank in die tronk sit.

Herman ·

Dai mense vat nie nonsense nie. Hulle gee sommer die dood straf.

Robert ·

Ek dink hulle straf vir poging tot moord is die doodstraf…

henndrik ·

Ek is seker Botswana sal minder transito rowe he as hier by ons want hulle TREE OP

Frank ·

Botswana se polisie en regstelsel speel nie.
Amper 100% seker dit was SA, Zim en Moz burgers. Die Botswana burgers weet van beter…….

Andries ·

En in SA sou 10 polisie gewond gewees het. Kudo’s vir Bots polisie.

Hannelore ·

Moenie aan n ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.
Botswanna is nie SA nie, hier maak jul wat jul wil en daar kan jul nie.
Hul het verdien wat hul toekom. Wens ons land se wet en orde wil verstreng.

Ockert ·

Dit sal nooit gebeur, want dit beteken dat die ANC die grense fisies sal moet bewaak en alle onwettiges deporteer. En wie gaan dan vir hul stem? Dis al die onwettiges met vals id’s wat vir die ANC stem. Die Nigerians bo aan die lys, Zim, Moz, Ethiopië, Pakistan ens, ens

Keelvol ·

Wel, Willem ek twyfel egter baie sterk of Jy die mas in die polisie sal kan opkom.

Staal ·

Daar is duidelik of nuwe tegnologie of ’n nuwe baas speurder wat besig is om transito rowe hok te slaan.

Ronel ·

Wel kyk nou net, hulle polisie lede is op hul stukke…wel gedaan

SjN ·

Volgens wetgewing in Botswana gaan die wat gevang word seker ook tereg gestel word, well done.

jlantie ·

Iemand beplan ñ grootskaalse fondsinsameling……wonder hoekom en vir wat. Seker nie vir broodjies nie

Bernard ·

Hulle het steeds die doodstraf; ons s’n is geprivatiseerd.

Anthony ·

986 000 pula (amper R1,3 miljoen), Is julle ook verbaas dat Botswana Pula meer waarde het as ons SA Rand….seker nie ne….

Casper ·

Dit is die heel eerste keer dat ek lees van ‘n transitoroof in Botswana en daar is waaragtig Suid Afrikaners betrokke.My fellow South Africans moet net weet die doodstraf word nog voltrek in Botswana.Viva BOTSWANA viva.

Eclectus ·

Al wat vir my uitstaan in hierdie berig is dat die Pula sterker as die Rand is.

Swerwer ·

Wel, hul het dit verdien. Ten minste is hul regstelsel aktief en in werking.

Ingo ·

Dis nogal weird die klomp wat deelgeneem het aan die gepoogte transito rooftog waarvan 8 dood is en nog8 gevang was die meeste Zims.
Nou in Botswana is die meeste Suid -Afrikaners.
Lyk my dis n uitruil van gemors besigheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.