Brad Binder wen op dramatiese wyse

Brad Binder het Sondag op dramatiese wyse die Oostenrykse MotoGP gewen. (Foto: Joe Klamar/AFP)

Die Red Bull Ring-renbaan is in die stad Spielberg in Oostenryk. ʼn Heel gepaste naam vir die stad waar Brad Binder die Oostenrykse MotoGP vanmiddag gewen het, want nie eers rolprentmaker Steven Spielberg kon hierdie drama uitgedink het nie.

Met enkele rondes oor in die wedren het dit begin reën. Binder was nie onder die voorste jaers nie, maar die nat baan het sake skielik gelyk gemaak en ʼn bondel jaers het voor gejaag.

Toe die res van die groep besluit die baan is seepglad en hulle moet by die kuipe indraai om bande vir die nat pad vir hul motorfietse te gaan haal, het Binder ʼn reusedobbelspel gespeel. Hy het op die baan gebly en was alleen voor.

Om ʼn paar draaie moes hy vasklou aan die kragtige KTM want die gladde bande en die gladde baan wou onder hom uitgly.

Die Suid-Afrikaner het die TV-kommentators uitasem van opgewondenheid gehad. Soveel drama het hulle klaarblyklik lanklaas gesien.

Brad Binder na sy oorwinning. (Foto: Joe Klamar/AFP)

Intussen was die manne op die motorfietse met die reënbande vinnig besig om die ander wat agter Binder aan hulle gladde bande vasgeklou het, een vir een verby te steek. Maar Binder het vasgebyt vir sy tweede oorwinning en plek op die boonste trappie van die podium.

Die Italianer Francesco Bagnaia (Ducati) was tweede, byna tien sekondes agter Binder. Die Spanjaard Jorge Martin (Ducati-Pramac) was derde.

Verlede week op dieselfde baan was Binder in die vierde plek in die Steiermarkse MotoGP.

Brad se boetie, Darryn, was in die negende plek in die Moto3-wedren.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johanncb ·

Welgedaan Brad! Darryn volg vinnig in jou voetspore! Hou so aan en verower die renbane van die wêreld!
Give the men a Bells!

Riana ·

Sies…dit was regtig n w8nderlike sege…toe sing hy nie die nasionale lied, se ook sommer dat dit moet klaar kry ….en daar gaan die skare aan en sing ons lied klaar. Sies Brad ken jy ooit Nkosi?

Robert ·

Baie min sing hulle volksliedere… hulle is daar om te ry, nie sing nie.

James ·

Gaan kyk Rugby. Of Olimpiese Speles. Sing lekker saam. Los die bikers.

James ·

Ek wonder wanneer die Minister van Sport gaan besluit dat daar te min swart motorsfietsryers is? Voel jy my, “Karen” – Riana?

Ek is bly jy ken “Oom Kosie Sukkel Lekker in Afrika.” Sing hom. Los die wat nie lus is nie.

jou gewete ·

motorsport is anders dame, hy hoef nie te sing nie, op daai stadium het niks by hom saakgemaak behalwe wat hy reggekry het en glo my hy sou bietjie senuwees ook nog he. ek sou beslis ook nie gesing het nie.

Stefaan ·

Pragtig gedoen en kop gehou. Net een korreksie. Hulle ruil nie bande op motorfietse nie, hulle ruil motorfietse

Robert ·

Die komentators gedurende die ren het klaar gese wat gese moet word! Yster!

Chuck ·

Eers die swembad sensasie wat Suid-Afrikaners opgewonde gehad het, toe die Bokke met hul reeks oorwinning oor die Souties en nou weer BB wat ons trots maak. Diesulkes is ‘n welkome lig in ‘n andersins baie donker RSA. Welgedaan Brad!

Casper ·

Brad jou yster.Schumacher se gelyke as dit kom by berekende kanse vat.

James ·

DIS hoe dit MOET wees – nie net op die renbaan nie: Glorie wink, maar die risiko is groot. Wat jy NOU besluit – in die oomblik – maak jou ‘n held, of ‘n gevallene. Jy grawe diep in jou wese in – en glo in jouself. “No guts – No glory.” Jy kan nooit verloor nie, selfs al verloor jy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.