Brakpan-gesinstragedie: Moord nou ondersoek

Sandra Schwartz (Foto: Facebook)

ʼn Oënskynlike gesinstragedie waar daar vermoed is dat ʼn ma van Brakpan haar drie kinders doodgeskiet en haarself toe om die lewe gebring het, word nou as ʼn saak van moord hanteer.

Die liggame van Sandra Schwartz (39) en haar kinders, Shereé (19), Lee-Ann (16) en Simeon (10), is op 10 Julie in hul huis in Brakpan gevind.

Die polisie het aanvanklik geen vuilspel vermoed nie. Dit het egter nou verander. “In dié stadium weet ons nie veel nie, net dat dit na moord verander en dat die saak na ʼn spesialis-ondersoekeenheid verwys is,” het Linda Hamer, Sandra se suster, aan Maroela Media gesê.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, kon ondanks herhaalde pogings nie vir kommentaar bereik word nie.

Shereé, Simeon en Lee-Ann Schwartz. (Foto: Facebook)

Die polisie het vroeër gesê Johan Schwartz het sy vrou en hul drie kinders met koeëlwonde van ʼn 9 mm-pistool aangetref. Die polisie is die Woensdag omstreeks 17:00 na die huis in Sallies Village ontbied. Die brandweer was reeds op die toneel aangesien die huis ook aan die brand gesteek is.

Hamer het reeds kort ná die tragedie gesê sy is oortuig daarvan dat haar suster nie haar kinders en toe haarself geskiet het soos aanvanklik beweer is nie. “Ek glo en weet dit met my hele menswees. Sy sou nooit so iets doen nie,” het sy gesê.

Sandra en haar drie kinders is op 23 Julie vanuit die NG kerk Greymont in Randburg, Johannesburg, begrawe.

Samantha Labuschagne, Johan se werkgewer die afgelope 20 jaar, het vroeër aan Maroela Media gesê hy was heeldag by die werk en beeldmateriaal van sy werkplek se sekuriteitskameras bevestig dit.

“Hy was die oggend vir omtrent ʼn halfuur saam met my verloofde by die hardewarewinkel, maar was verder die hele dag by die werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cherokee ·

Dankie tog dat dìt wat ooglopend lyk, nie bloot aanvaar word. Die berig laat dit blyk dat komplimente niè die polisie toekom maar wel Linda Hamer. Hopelik word niks gespaar om dit tot die fynste besonderhede uit te pluis.

Spook op thaba ·

Nou eers. In n vorige berig het daar gestaan sy was linkshandig maar die vuurwapen is in haar regterhand gewees. Dan nog was daar n poging om die huis af te brand. Dit se klaar dinge was nie reg

June ·

Hoe kry jy dit reg om vir iemand vir wie jy op n staduim lief was, te vermoor, en dit nog jou kinders.

karen hattingh ·

Na wie verwys jy? Niemand is al skuldig bevind nie.

Gorman ·

Hy sal ‘n verklaring uitreik waarin hy aankondig hy ondersoek nou die saak. Dan hoor ons niks verder nie. Die man leef in sy eie droomwêreld.

Freud ·

June — jy maak aannames, en wie beweer moet kan bewys. Kan jy dit doen?

Steinmann-gesin ·

Hennie nee Bolhuis moet kom ons wil die saak moet afgehandel word.. Die wat hulle heeltyd van Johan se seer praat is nie reg nie want my broer wat die biologiese pa is van twee meisie kinder word glad nie genoem in baie van die berigte nie en ook word dit nie genoem dat hy geweier was om sy kinders te sien word ook nie genoem nog minder was daar onderhoude met hom gevoer oor sy seer of my pa se seer. Dit is uiters swak van alle media af

Steinmann-gesin ·

En nog minder glo ons Sandra het dit gedoen. Sy sou nie daar was beter uitweg

Sussie ·

Dis ongelooflik seer. Beide vir die mense wat hulle lewe verloor het. Asook die mense wat agter bly met baie vrae
Maar niks sal ongehoord by God verby nie. Hoop die waarheid kom gou uit. Onz ken daai seer. Dis net nog n Suzie vd Westhuizen sage. Dit is seer en iets wat n mens nòoit kan vergeet. Linda en Familie onz bid vir julle
Die waarheid sal wel uit kom
Ek ween saam julle

Gert Retire@Midstream ·

Tragedie Julie 2019. Vandag 14 Desember 2109. Tragies en alles verwoes. Vordering? Oulike ma. Twee pragtige dogtertjies en ewe mooi bulletjie. Ons hele samelewing is SO deurmekaar op vele terreine. GLO EN BID.

Hanna Hoekom ·

So, mens kan dus tot die gevolgtrekking kom dat die polisie nie haar hande vir kruit neerslae getoets het nie? En dan is die vuurwapen in haar linkerhand gevind terwyl sy regshandig is… Komaan, SAPD! Hierdie basiese prosedures het julle sekerlik al in jul eerste studente jaar geleer?!

Niklaas ·

Ander onthullings word ook in die.media gemeld. Alles is nie pluis in hierdie geval nie , maar laat ons hoop regverdigheid en geregtigheid sal seëvier. Dis baie tragies.

Kas ·

Hanna hoekom,volgens Spook van than het hy in ‘n berig gelees day sy linkshandig was.Jy kan van beide kante af selfmoord pleeg alhoewel dit die uitsonderin op die reël is.As daar ‘n vuuewapen gevind is dan is dit belangrik vir :die wastoets die afstand en die trajek waarteen die koëls gepenetreer het.

Bev ·

So die arme vrou skiet haar kinders en haar self ..en steek toe die huis aan die brand …en sy doen dit met haar regterhand …maar sys eintlik links!!???…kom aan mense …ek kan net hoop hulle vang die vark/varke wat dit gedoen het !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.