Brand by UK geblus

ʼn “Klein brand” wat Woensdag op die kampus van die Universiteit van Kaapstad ontstaan het, is kort daarna geblus. (Foto: Twitter / @fabacademic)

ʼn “Klein brand” wat Woensdag op die kampus van die Universiteit van Kaapstad (UK) aangemeld is, is in bedwang gebring.

Die UK het Donderdag gesê die brand het in ʼn oop veld by sy bo-kampus naby die dam ontstaan en is kort daarna geblus.

“Daar was geen lewensgevaar nie en die brand was baie ver van enige geboue of infrastruktuur,” lui die verklaring.

Die brand is glo omstreeks 23:30 deur patrollerende kampusveiligheidsbeamptes aangemeld waarna die brandweerdienste binne 15 minute op die toneel was.

“Die brand was teen Donderdag 01:45 ten volle geblus.

“Maatreëls is ook oornag getref in die onwaarskynlike geval dat die brand weer sou opvlam.”

Die universiteit sê dit is nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie.

“ʼn Ondersoek sal volg en ʼn formele verslag sal daarvolgens saamgestel word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jr ·

Something sinister is aan die gang in SA. Ek dink forensic deskundiges moet ingeroep word en deeglik ondersoek. Iets is nie reg nie

Nie Verbaas ·

As die oorsaak van die brand nie op die skouers van nog n hawelose geplaas word nie stel ek voor dat onderhouds rekord nagegaan word want dit is al algemene kennis dat sekere burgers geen benul aan die waarde van so iets heg nie.

Vettiemaragartos ·

Seker daai Bergie wat hul die skuld gee vir die parlement. Ondervra hom bietjie!

Di ·

Dis SO ooglopend dat ‘n sekere “groep” hierby betrokke is. Enige iemand met ‘n bietjie verstand kan duidelik sien wat besig is om te gebeur. Begin soek by die wat stellings gemaak het dat “fire is beautiful” Die rooikappies is hoeka bekend daarvoor om als aan die brand te steek of te verwoes. Mal emma wil die land ook laat eindig in 2de Zimbabwe waar hy vandaan kom

Pablo ·

Hoe ontstaan die brande. Cyril en die polisie is aan die slaap. Daar is beslis meer agter die gebeure as wat verkondig word. N bos of boom slaan nie vanself aan die brand nie.

Esme ·

Daar is darem een te veel brande in die Kaap op die stadium.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.