Brand op UV se Qwaqwa-kampus met opset gestig

(Foto: UV/Facebook)

’n Voorlopige ondersoek na Maandagaand se brand op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Qwaqwa-kampus, het bevind die brand is met opset gestig.

Die polisie en die kampus se beskermingsdiens het vasgestel die brand is kwaadwillig gestig. ’n UV-student is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem en die proses om nog verdagtes te identifiseer is aan die gang, het Lacea Loader, woordvoerder van die UV, gesê.

Twee geboue, wat onder meer ’n kliniek en ’n rekenaarsentrum huisves, is aan die brand gesteek en amper heeltemal in die brand vernietig. Die skade beloop na raming sowat R35 miljoen.

Die UV sal die nodige dissiplinêre stappe teen verdagtes wat geregistreerde studente is, instel asook strafregtelike klagte aanhangig maak.

Die universiteitsbestuur het die vernietigende gedrag van die studente ten sterkste veroordeel.

“Die Qwaqwa-kampus, sowel as die hele universiteitsgemeenskap, is geskok oor hierdie verwoestende en onverantwoordelike daad veral nadat die kampus vanjaar gewelddadige protesaksie beleef het wat die akademiese program aansienlik beïnvloed het,” het prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier van die UV, gesê.

Die akademiese program op die Qwaqwa-kampus gaan intussen voort, hoewel hoofsaaklik aanlyn die week, en studente sal deur hul fakulteite ingelig word oor die hersiene skedule, asook reëlings rakende toetse en assesserings wat vir hierdie week op die kampus geskeduleer is.

“Die kampus bly oop en die universiteit se beskermingsdienste is op ’n hoë gereedheidsgrondslag en hou die situasie op kampus fyn dop.”

Dit word beweer dat studente ongelukkig was oor die betaling van toelaes wat hulle in April van die nasionale hulpskema vir studente (NSFAS) moes ontvang. “Om dit te verlig het die UV tot dusver vanjaar toelaes vir kos en boeke aan studente aangebied ten bedrae van meer as R71 miljoen, terwyl hulle wag dat hul NSFAS-subsidies vrygestel word.”

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het die brandstigtingvoorval ten sterkste veroordeel. Die minister het gesê hy wag op die verslag van die universiteitsbestuur oor die voorval en het ’n beroep op wetstoepassingsagentskappe gedoen om almal wat betrokke was by die voorval spoedig in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jack ·

So het ek dit nou reg as ek sê dat die mense die brand gestig gestig het omdat hulle nie die toelae van NSFAS ontvang het nie ? Dit was GRATIS toelae.En toe moes die universiteit die skade vat vir die mense se woede oor iets wat hulle GRATIS wil hê ? Sjoe waar kom die mense vandaan en hoe is hulle manier van dink so fataal verkeerd en vandalisties vasgemaak ? Die arme land het nie meer hoop nie.

Gerd Lourens ·

Die “mense” studeer GRATIS, maar dis als VERNIET.

Hannes ·

In die 80’s het die land gebrand vir freedom, nou is dit vir, Free education, free electricity, free farms, free medical… lyk my ons ken net van “free”.
Behalwe die paar studie beurse vir begaafde studente het geen student in die 80’s free food, education, accommodation, books, notebooks gekry nie. Die probleem is mens wardeer niks waarvoor jy nie gewerk het nie.

Jr ·

Mnr nie so skerp Blade en kie in die cANCer het hulle geleer om te brand en vernietig as u ongelukkig is oor iets. Nou is hy geskok, aagh shame!!!

Pieter ·

Die gevolge wanneer ‘n standbeeld van pres Steyn van die kampus verwyder word op aandrang van die mob. Dit stop nie daar nie, die eise raak meer en versprei. Die situasie sal nie verander nie in die huidige omstandighede. Gelukkig het ek my bande met universiteite verbreek, dit is nou plekke van skaamte.

kaplyn ·

Ja, ek het ook my bande met die UV (UOVS) verbreek. Hulle kan in hulle maai vlieg!!!

Benita ·

Hierdie goggas kan net afbrand en breek. Ken nie van opbou nie dis hoekom ons ons eie Universiteite bou.

Miskruier ·

As dit nou was oor die gratis vaksiene wat op UFS se studente afgedwing word, kon mens dit nog verstaan.

Philip ·

Blade het op sy dag as student in Natal ook n brand gestig by die universiteit met heelwat skade.Die skepsel dink natuurlik dit is al so lank terug niemand sal dit meer onthou nie so kry vir jou ou LEM.

Heinrich ·

En daar is sy transformasie en de-kolonisering voltrek. VIVA ANC en EFF.

Mallie ·

40 jaar gelede sou sulke goed nooit gebeur het nie. Dis wat gebeur as studente begin gemand.

Annette ·

Persone wat infrastruktuur verwoes behoort lewenslank van alle tersiëre instellings geskors te word.

Swerwer ·

Jip , NSFAS is laat met hul betalings. Brand daar is mos baie waar dit vandaan kom. Alles val mos mahalla uit die lug uit. Die ANC het hul mos mooi geleer, alles in die lewe is verniet en as jy nie tevrede is nie, brand, moor, plunder want dan word jy gesien en gehoor en sal jy net meer ontvang sonder om ‘n vinger te verroer.

Hennie ·

Swartgallige plunderaars en brandstigters… Erger as diere!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.