Brandweerstasie wéér gesluit weens protesaksie

Die Gugulethu-brandweerstasie nadat dit verlede jaar deurgeloop het. (Foto: Tracey Adams/African News)

Die Gugulethu-brandweerstasie is vir die tweede keer in minder as ʼn jaar gesluit weens protesaksie wat ’n bedreiging vir brandbestryders inhou, het die Stad Kaapstad Vrydag gesê.

JP Smith, die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, het in ʼn verklaring gesê brandbestryders het Donderdagaand ʼn brand by die Fezeka munisipale kantoor reg langs die brandweerstasie in Gugulethu geblus. Dié brand was skaars geblus toe ʼn groep mense die brandweerstasie met klippe bestook en skade aan die brandweerstasie se deure aangerig het.

“Die boewe agter die vernietiging sal argumenteer dat hul in protes opgetree het, maar dit is onbelangrik, want die voortgesette skade en vandalisme van stadsinfrastruktuur kan nie regverdig word nie. Hierdie [voorvalle] word te algemeen en dit is heeltemal onaanvaarbaar,” het Smith gesê.

Bedrywighede by die stasie is ná die jongste voorval opgeskort en brandbestryders is na ander stasies ontplooi tot die situasie na normaal terugkeer.

Dít volg nadat dieselfde stasie se deure verlede jaar vir ses maande gesluit moes word om soortgelyke skade te herstel wat ook weens protesaksie aangerig was. “Personeel was getraumatiseer en die gemeenskap was van ’n noodsaaklike diens ontneem,” het Smith gesê.

Smith verduidelik dat enige versoek vir brandbestryders in Gugulethu en die omliggende omgewing nou baie langer sal moet wag, aangesien geen hulpbronne uit die plaaslike brandweerstasie tot verdere kennisgewing gebruik kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

PJC ·

Hierdie brandweerstasie moet to gemaak word dan sal die klomp gou agterkom as daar ņ brand uitbreek dat hul amok makery ń fout was. Laat alles wat aan die brand raak dan maar af brand want hulle is in elk geval self die oorsaak van die brande wat ontstaan.

Johanna Botha ·

Ja brand hom en staak hom in die grond in !!!????????????

werner ·

hulle betoog nie hulle plunder werkskepping nou die inding as daar klaar geplunder is

Oom Jaco ·

Slegs kriminele rig skade aan tydens protesaksies, nie ń groep mense nie…

Johann van Cullinan ·

Hou net in gedagte, dat ñ brandweerstasie nie net brande blus nie, maar ook hulp verleen in padongelukke. Lekker stupid….

Lollo ·

Dis reg sluit die stasie, want hulle stel nie belang in hulpbronne nie. Nou kan hulle sien wat gaan regtig gebeur as hulle goed wil brand. Hulle wil ongelukkig niks in ‘n werkende toestand sien nie, nie gewoond daaraan nie.

Charlie ·

Hulle het. Hulself verlede jaar in die voet geskiet.
Dit was so n lekker ervaring dat hulle dit herhaal.
Volgende jaar weer, totdat lekker suur word en dan is dit te laat

Sannie ·

Dan moet die regering ook nie nuwe bou materiaal gee nie. Elke keer as daar gebrand word word daar nuwe bou materiaal verskaf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.