Brics-ambassadeur glo ‘SA sal waarskynlik Agoa-status behou’

Suid-Afrika se Brics-ambassadeur, Anil Sooklal. (Foto: GCIS)

Suid-Afrika sal waarskynlik sy voorkeurtoegang tot Amerikaanse markte behou danksy die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (bekend as die Agoa-ooreenkoms) aangesien honderde Amerikaanse ondernemings ook daarby baat vind, sê Suid-Afrika se Brics-ambassadeur Anil Sooklal.

“Ek dink nie daar is enige ernstige bedreiging dat ons voorkeurtoegang tot Agoa sal verloor nie. Agoa is nie ’n eenrigtingstraat nie. Handel is nie ’n eenrigtingstraat nie,” het Sooklal Maandag op ’n Bloomberg-konferensie in Johannesburg gesê.

“Daar is 600 Amerikaanse maatskappye wat in Suid-Afrika sake doen. Gaan hulle hul rug daarop draai?”

Die stellings kom te midde van vrese dat Suid-Afrika se ooreenkoms met die Amerikaners in gedrang is weens Suid-Afrika se knus verhouding met Rusland.

Die ooreenkoms verval in 2025. Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, het die Amerikaanse regering verlede maand tydens ’n besoek aan die VSA gevra om dit vroeër te verleng.

Agoa bied aan kwalifiserende Afrika-lande suid van die Sahara belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark vir meer as 1 800 produkte. Dit is benewens die meer as 5 000 produkte wat in aanmerking kom vir belastingvrye toegang onder die algemene stelsel van die voorkeurprogram.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrika het verlede jaar na raming R178 miljard se uitvoere na die VSA gehad, waarvan 20% voordeel getrek het uit die Agoa-ooreenkoms. Amerikaanse handel verskaf boonop werk aan 426 000 Suid-Afrikaners en altesaam 85 000 Suid-Afrikaners maak staat op die Agoa-ooreenkoms vir hul werksekerheid.

Een uit elke 37 Suid-Afrikaanse huishoudings maak staat op uitvoere na die VSA vir hul bestaan.

Bykomende bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harley Davidson ·

Met al die gekruipery by Rusland moet hulle hoop pres Trump kom nie terug want hy sal sa isoleer dan moet die komuniste hoop Rusland was die regte perd om op te wed.

Althes ·

Dankie tog. Ek het net begin dink ons onbevoegde regering was die spyker in die doodskis. Amerika sal sy belange beskerm so dis alles behalwe ñ kompliment vir die ANC regering.

HPJ ·

Brics is die toekoms Die Weste se tyd om Afrika voor te skryf en hulle vervalle morele waardes in ons kele af te druk is besig om aan n einde te kom

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat Sooklal sê is onbelangrik. Washington het min simpatie met die 600 Amerikaanse firmas wat hier sake doen.

gpsa ·

Die ANC moet besef die hand wat gee sal net so lank toelaat om gebyt te word. Hulle soek altyd iemand om te blameer behalwe hul self. Weste is nou maklik om te kritiseer, maar wat tot hulle sanksies instel dan sal ons sien wie trek aan die kortste ent.

Jaco ·

SA kan AGOA gebruik om wit Suid-Afrikaners na Amerika te deporteer. President Biden en sy hoogheilige Demokrate het juis so ‘n mooi oop human rights georiënteerde immigrasiebeleid.
Eerlikwaar, ek sal gaan op ouderdom 56,al is dit met net die klere aan my lyf. Daardie land is ten minste SONDER:
beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Onbeheerbare misdaad
Werk wat net op velkleur en nie meriete nie gegee word
En en en…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.