Brief vir Ace om tasse te pak

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Twitter)

Die ANC se Nasionale Werkkomitee (NWK), wat Maandag vergader het, het beslis dat ʼn besluit van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) – dat diegene wat strafregtelik aangekla word vrywillig opsy moet staan óf geskors word – bindend is en in werking gestel moet word.

Dit baan die weg vir diegene soos Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, om nou geskors te word. Magashule se spertyd van 30 dae om vrywillig opsy te staan, het reeds verstryk.

Die ANC het vroeër besluit ʼn openbare verteenwoordiger, ampsdraer of lid, wat in ʼn hof van ʼn misdaad beskuldig word, kan geskors word indien dit in die beste belang van die party is.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, sê die NWK het nou opdrag gegee dat die besluit van die laaste NUK – die ANC se hoogste besluitnemingsliggaam – in werking gestel moet word.

“Diegene wat aangekla is van korrupsie of ander ernstige misdade, en wat nog nie opsy gestaan het nie, moet ingevolge Reël 25.70 van die ANC-grondwet geskors word.

“Die NWK het opdrag gegee dat die nodige briewe aan die betrokke lede geskryf moet word om die besluit in werking te stel en waarin die bepalings en voorwaardes oor hul deelname en gedrag tydens die skorsing gereguleer word,” sê Mabe.

Hy sê die NWK het ook voorstelle ontvang vir die samestelling van ʼn appèlpaneel vir diegene wat beslissings van die ANC se Integriteitskommissie wil betwis.

Volgens Mabe het die NWK verslae uit die provinsies ontvang oor ANC-lede wat van korrupsie of ander ernstige misdade beskuldig word – asook of hulle intussen opsy gestaan het soos die ANC se beleid vereis. Geen verdere besonderhede daaroor is verskaf nie.

Daar was die afgelope paar weke groot bespiegeling of die beleërde Magashule – wat tereg staan op verskeie aanklagte van onder meer bedrog en korrupsie – vrywillig opsy gaan staan. Tot dusver was alle aanduidings dat hy geen so ʼn voorneme het nie.

Mabe sê diegene wat opsy staan moet die “relevante sekretariaat maandeliks op die hoogte hou van die vordering met sy saak. Die besluit van ʼn lid om opsy te staan sal elke ses maande deur die betrokke struktuur van die organisasie oorweeg word”.

ʼn Spesiale NUK-vergadering word die naweek gehou waartydens die verslae van die Integriteitskommissie bespreek gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

JohanR ·

Kan ek hulp tasse pak, die Uber bel en jou dan totsiens waai? Jy sal op ‘n vliegtuig Dubai toe wees ne, of ‘n een rigting kaartjie maan toe?

Baardman ·

Kaders steur hulle niks aan spertye nie. Daar loop zuma en malemma (kleinletter met opset) nogsteeds rond. CR het geen beheer en geen mag oor sy trawante nie, en hulle weet dit. Hoop regtig waar hulle bewys my verkeerd, want ek wil AMPER glo dat hulle korrupsie wil uitroei

Eragrostis ·

Met die ANC het almal al geleer dat een swaeltjie nie ń somer maak nie. As hulle regtig ernstig is om korrupsie te bestry en bewys dat hulle nie deur individue voorgesê word nie, moet hulle dan vir Zuma voor die Zondo-Kommissie en in die tronk kry, en dit baie vinnig.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Hier kom nog groot moeilikheid. Ace is vas, maar as hy gejaag word, split die ANC. Ek voel aan my ou bene hier kom GROOT moeilikheid!

JM ·

Ace het ‘n houding dat hy onaantasbaar is en bewaar diegene wat dit wil ontken, hulle sal met hom te doen kry. Ace en Zuma moes al jare terug in hul oranje pakke gewees het. Die ANC is ruggraatloos!

jzjz05 ·

Nou toe nou hoekom so lank gevat om by die punt te kom,hoop dit stop nie nou hier nie en dat dinge nou vinniger gaan gebeur.

Persheks Adri ·

Almal is te bang vir Ace hulle weet hy weet te veel en sal hulle sink. Nogals ‘n appèl paneel ekskuus tog verskoon my nog voete sleep mmmmmm

Dries ·

Al wat ek kan sê is UITEINDELIK. Kom ons kyk of daai grootbek nou tot ruste sal kom voor hy tronk toe gaan

Jannie van Niekerk ·

waarom wil hulle ‘n brief skryf? Daar is mos alreeds gesê hulle moet voor die 30ste April hulle poste ontruim? Ek dink hulle hoop die probleem sal vanself weggaan.

Dirk Mostert ·

In skaak is daar ‘n term: “Playing for heart failure”. As jy met ‘n hopelose posisie op die bord aanhou speel, hopende jou opponent kry ‘n hartaanval.

Tanniepetoors ·

As, indien, wanneer ons nou gelukkig genoeg is om te sien dat enige van hierdie mense eendag geskors word uit hierdie uitverkore party, met watter tierlantyntjies kom die skorsings?

Hennie J ·

Vat jou goed en trek ferreira…………………………………Nee, bly aan ,ek lief dit om te sien hoe julle mekaar kwes.

Johan ·

….neuk aan,ja,totdat jul kaartehuis ineenstort met kaders en al. Vat asb net vir Niehaus saam.

Nico ·

Hy word nou geskors met volle betaling, laat hy gaan sonder geld of pensioen.

Blikkies ·

Watse klomp nonsens en verskonings en nuwe reels van ses maande verdere nog besluit ens. ens ens. Hulle maak hulle eie reels op so ver hulle gaan, en nou kan jy nog as ‘n lid van die publiek appeleer teen hulle besluit. Dis Waansinnig, Daai Crook gaan nerens heen nie. Indien hy loop kry nog steeds sy hele salaris plus ‘n goue handruk met baie geld en sy pensioen waarvan ons net kan droom. Wat het sover geword van Zuma se lasbrief? Die ANC is verrot.

Karina ·

Ek wag vir die verslag om te berrig dat Ace sy kantoor en politiek sommer ook, verlaat het. Eers dan sal ek die amper glo

Jack ·

Fantasties maar ek hoop dat hy weggebere word anders hell alles niks nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.