BTW-verhoging om toelae te finansier ‘waansinnig’

(Argieffoto: Maroela Media)

Die tesourie se voorstel om BTW met tot twee persentasiepunte te verhoog – glo om die voortgesette betaling van die maatskaplike toelae van R350 te verseker – is ʼn “waansinnige idee” te midde van ʼn openbare finansiële krisis.

Solidariteit sê indien daar wel op so ʼn stap besluit word, sal dit reeds kwesbare huishoudings in Suid-Afrika onnodig onder nóg groter druk plaas.

Die regering oorweeg glo om BTW van die huidige 15% tot 16% of 17% op te stoot om vir die R350-toelae te betaal. Die spesiale toelae is tydens die Covid-19-pandemie ingestel om maatskaplike steun aan sukkelende Suid-Afrikaners te bied. Die voorgestelde verhoging in BTW moet glo verseker dat dié toelae permanent uitbetaal kan word.

Verhoogde BTW kan volgens die staat ʼn bykomende bedrag van tussen R24,5 miljard en R49,4 miljard inbring (afhangend van die verhoging). In hierdie stadium kos die uitbetaling van die R350-toelae Suid-Afrikaanse belastingbetalers reeds R44 miljard per jaar.

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) sê in ʼn verslag in 2018 se nasionale begroting was die verwagting ook, soos tans, dat hierdie verhoging sou meebring dat inkomste van R50,1 miljard meer as in die vorige jaar gelewer sou word. In werklikheid was die toename in BTW-inkomste egter slegs R26,8 miljard, oftewel ’n toename van 8,3% teenoor die vorige jaar.

Die verbruikersprysindeks (VPI) vir 2017 was 6,3% en vir 2018 was dit 4%. Die toename in BTW-inkomste kan dus grotendeels aan hoër pryse toegeskryf word, aangesien dit ’n belasting is wat regstreeks op verbruikerspryse toegepas word, lui die verslag.

‘Bloed uit ʼn klip’

SNI sê verhoogde BTW het dus nie die gewenste uitwerking gehad nie en die instelling maan ook enige verdere verhoging kan bestaande belastingbetalers aanspoor om harder te probeer om BTW te ontduik.

“Tesame met hoë koerse van persoonlike en korporatiewe inkomstebelasting sal dit ook nog meer produktiewe geld uit die ekonomie verwyder en reeds stadige ekonomiese groei verder onderdruk. Boonop strook hoë BTW nie met die tesourie se progressiewe belastingstelsel waar mense met ’n groter inkomste hoër belastingkoerse betaal nie.

“Daar is geen manier waarop mense met ’n lae inkomste BTW kan vryspring nie,” lui die verslag.

Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die SNI, sê enige pogings om belasting verder op te stoot, sal wees soos om bloed uit ʼn klip te probeer tap.

Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut. (Foto: Solidariteit/Facebook)

“Die oplossing vir die verwagte begrotingstekort moet aan die uitgawekant gesoek word. Die staat moet dringend sy besteding in bedwang bring en meer van sy take aan die privaat sektor oorgee. Die regering moet besef hy het eenvoudig nie meer geld om hersenskimme soos die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) en allerlei ander onsinnige idees na te jaag nie,” sê Du Buisson.

“Die eintlike oplossing is dringende ekonomiese groei. Hiervoor is besteebare inkomste die deurslaggewende faktor, en ’n belastingverhoging sal dit onder selfs meer druk plaas.

“Die regering moet eerder daarop fokus om hindernisse vir die privaat sektor uit die weg te ruim en om die kragkrisis met behulp van die privaat sektor op te los. Dit sal die staat niks kos nie en die belastingbasis dramaties verbreed.”

Solidariteit het ʼn beroep op die tesourie gedoen om doelgerig teen wanbesteding op te tree. Du Buisson sê die tesourie is boonop ʼn verskoning aan die mense van Suid-Afrika verskuldig.

Die mate waartoe hulle gewone en hardwerkende mense in die land met hoër belasting dreig, is ’n skande. Landsburgers betaal uiteindelik weer die prys vir die regering se onbeholpenheid.

Die SNI-verslag lui dat soveel moontlik privaat geld in omloop moet bly vir die ekonomie om te floreer en dat pogings om dit deur belasting uit sirkulasie te neem, laer ekonomiese groei en “rampspoedige” gevolge vir ʼn reeds brose ekonomie gaan beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Henry ·

plaas dat hulle ontslae raak van so baie parlement ministers en die res se salaris met 50 persent verminder asook al die veilige wagte vir die ministers mee wegdoen
hoe dink hulle moet ons as pensionarisse leef met die verhogings

melaney ·

Ongelooflik dat sulkes oor ons moet regeer. Sou hulle goeie raad aanvaar van gekwalifiseerdes, sal dit help, maar hulle sal nooit erken hulle is nie opgewasse om die regte beleid na te volg nie. Skokkend en betreurenswaardig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Eerder ongelooflik dat ons hulle toelaat om ons te regeer.

Se maar net ·

Parlement ministers kan maar hulle salarisse sny en vir die geld opmaak waarom moet ek betaal vir mense wat net die toelaag wil he want hulle wil nie werk nie net verniet he. Nee man!

Papsak ·

Dit is daren verskriklik soos die regering net goed wil bly op sit en op sit raak van baie van die ministers en goed ontslae hoe dink hulle waarvan moet pesoinarisse en ander mense van lewe ons kan nie by bly nie mense skrik wakker nou btw op sit om hulle mense met gelde te help dit werk nie so nie jammer

Mariana ·

Feit is al sit hulle die btw op gaan dieselfde mense wat hulle wil “help” tog ook die btw moet betaal. Hoe maak dit nou enige sin?

Amelia ·

die mense wat die covic toelaag ontvang is mense wat voor covic ook nie gewerk het nie wat toe ook net ontvang het van welsyn organisasies selfs kinders op skool het toelaag gekry en die wat net moet bly betaal om die klomp wat te lui is om te werk te “versorg” gaan kyk maar in winkels wat koop mense
met die sassa geld van hulle met die duur karre ddrank sigerette noem net op

annie ·

Dit is lekker om nie ‘n bankrekening te wil hê nie. So kan jy alles oplaai en inlaai en oorlaai …

Madelein ·

So almal moet nou onder die bakhand-sindroom ly??? Dit is regtig ‘n gekkigheid

Elmarie ·

Hoe maak dit sin? Dieselfde mense wat toelaag moet kry moet dus ook meer betaal vir goedere. So hul gaan net nóg minder hê en soo ook sal almal méér sukkel om uit te kom. Maak nie sin.

Suzette ·

Hulle moet hierdie R350 toelae wegvat. Die meeste wat dit kry, werk reeds of wil nie werk nie, want dan kan hul nie dit eis nie. Daar ís maar ‘n minderheid wat rêrig verdien. Om te oorleef is klaar deesdae amper onmoontlik en nou wil hul die BTW opsit met een tot twee persent, vir wat? 2-3 Dae se brood en melk wat dan dalk net een dag s’n kan word.

Karel Kobus Kruger ·

Dis vir my skreeusnaaks wanneer enige organisasie of politieke party n beroep op die regering doen. Ai tog mense. En dan verwag sulke organisasies ek moet by hulle aansluit en ledegeld betaal, of die partye verwag ek moet vir hulle stem.

Johann ·

Om te dink die ANC is só vasgevang in ‘n afhanklikheids staat om aan bewind te bly dat hulle letterlik die land sal dood wurg om geld te kry om hul anargie te finansier.

Fluisterwind ·

In korrupte regerings kan belastingbeleide en die implementering daarvan egter gedryf word deur eiebelang, verduistering en onetiese praktyke eerder as die beste belange van die burgers. Om korrupsie aan te spreek vereis dikwels deursigtigheid, aanspreeklikheid en effektiewe bestuurshervormings.

Joe Olivier ·

Dit is nou die sogenaamde demokrasie waarvoor die meerderheid blankes in 1992 ja gestem het. Jou stem was ja, moet nou nie kla.

Bolandse Nooi ·

Nee, my stem was NEE!!! En met rede ook: my ouers het my aangeraai om “Nee” te stem, want – het hulle gesê – as hierdie swart en bruin massas eers regeer … swaai SA aan die galgtou. En was hulle nie reg nie! Ek sê ook, diegene wat so gretiglik “Ja” gestem het in 1992, moet nou hul “man up and live with it” … maar o ja, die meeste van daardie is alreeds landuit of dood.

Jean ·

65% van alle wit mense in Suid Afrika was daai tyd te jonk of nog nie eers gebore nie. Die Ja stem storie is soos die ANC wat vandag nog apartheid die skuld gee.

CJS ·

Dit raak nou redelik afgesaag – gaan maak ‘n draai by die Gedenkmuur…

baasvaniplaas ·

Ag man al hierdie goed gaan niks help nie. Alles duurder maak om vir die leeglêer geld te gee. Julle is effens koekoes hoor….. GEEN HOOP VIR DIE LAND NIE!

Owlie ·

Die toelaag moes nooit toegestaan gewees het nie. Dis dalk n goeie begin om die parliaments lede te verminder na 1 lid per politieke partye insluitende die anc (sodoende sal daar werklik gewerk word) en die res se groot salarisse te neem en te gebruik om pensionarisse se maandelikse torlaag te verhoog na die minimum masndelikse loon

Gertdup ·

Ek kan aan ñ paar ander woorde as waansinnig dink,maar ja die goed is gek!

Karoo ·

Die staat kan niks self skep nie, daar is soveel wat teen werkskepping tel, ons word reeds dood belas. Stoot dit op na 20%…. hoekom 16 of 17 want dit gaan ook net ‘n paar jaar hou. Dan kyk jy hoe ons van 18 Miljoen bakhande na 36 Miljoen bakhande swaai.

OU SAAR ·

Die ergste van alles is as jy vir die privaat sektor werk bly jou salaris net waar hy is. As jy gelukkig is om 1x in 3 jaar ń ou verhoginkie te kry, vat die belasting dit in elk geval net so. Om nie te praat van die kastige bonusse of sogenaamde 13de tjeks nie. Dit word mos nou ook belas. Nou waarvoor werk ń mens dan as jy nie eers jou volle bonus of 13de tjek kan geniet nie…

Bolandse Nooi ·

Miskien plaas MM dié keer my kommentaar …

Ek sê – laat BTW gerus styg – dit beteken dat ALMAL dan belasting betaal en nie net ‘n sekere paar mense nie. Hierdie TERS-gelde is nes SASSA-gelde ‘n ONDING; dit moedig mense aan om eerder vir ‘n ou minimale bedraggie op hul agterstewes te bly sit, eerder as om die moeite te doen om ‘n werk – met inkomste, hoe gering ookal – te kry. Want: hoekom sal jy gaan werk as die staat jou betaal om by die huis te sit?

Mens kan PAYE ontduik, maar BTW kan jy nie ontduik nie. En as BTW opgaan, dan is daar meer in die staatskas – NIE om hierdie TERS-gelde te betaal nie, maar sodat die kaders dieper en verder kan skep.

tweeling ·

Dis die enigste manier hoe die cANCer se kop werk: taking from peter to pay paul. Hulle sal nooit ‘n land ordentlik kan bestuur nie

voor ek vergeet ... ·

Enigste voordeel van so ʼn waansinnige stap sal wees dat die ANC in die proses sy getalle by die stembus gaan verminder, want almal in die land word hierdeur geraak, nie net die werkersklas nie.

OU SAAR ·

Is daar ooit nog bloed in die klip…?
My voorspelling…
Dit gaan nie stop tot die land totaal in duie gestort het nie…
Dan gaan hulle die land terug gee vir die blankes. Die blankes gaan weer die land mooi op bou en ń land van melk en heuning skep…
Raai wat gaan dan gebeur…?

Antjiepat ·

Plaas hul die verdompde toelaag stop. Covid is nou al reeds lankal verby. Herder daar staan tot 19 jariges gesond bakhand wat vir die toelaag… laat hul asb van hul agterente opstaan en gaan werk.

sam ·

Hulle is verby mal man raak ontsla van die wat net op gatte sit en niks doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.