Burgerlike dodetal in Gaza ‘veels te hoog’

Die son sak agter ‘n moskee in Rafah, Gaza, terwyl gevegte in die streek voortduur. (Foto: AFP)

Antony Blinken, die VSA se minister van buitelandse sake, het aan Israel gesê die dodetal onder burgerlikes weens sy oorlog teen Hamas is “veels te hoog” terwyl hy terselfdertyd ʼn oproep op sy bondgenoot gedoen het om meer te doen om dié mense se lyding te verlig.

Meer as drie maande sedert die uitbreking van die dodelikste Gaza-oorlog nóg, het die VSA se topdiplomaat Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, Dinsdag in Tel Aviv ontmoet vir sy vierde besoek aan die Midde-Ooste sedert die konflik uitgebreek het.

Blinken het opnuut die VSA se “steun gegee vir Israel se reg” om ʼn herhaling van die ongekende Hamas-aanvalle van 7 Oktober te verhoed, het Blinken se woordvoerder, Matthew Miller, gesê.

Blinken het egter ook die “belang van die voorkoming van verdere skade aan burgerlikes en die beskerming van burgerlike infrastruktuur in Gaza benadruk” het Miller gesê oor die Hamas-beheerde gebied waar ʼn humanitêre krisis verdiep en plaaslike gesondheidsamptenare al die dood van meer as 23 000 mense aangemeld het.

Die Amerikaanse minister het later by ʼn mediakonferensie gesê “die daaglikse tol op burgerlikes in Gaza, veral kinders, is veels te hoog” en meer kos, water en medisyne word benodig.

Israel het ingestem dat die Verenigde Nasies (VN) ʼn assesseringsending in die noorde van Gaza van stapel mag stuur wat moet “bepaal wat gedoen moet word om ontwortelde Palestyne toe te laat om veilig terug te keer”.

Volgens Miller het Blinken in sy samesprekings met Netanyahu ook die behoefte aan langdurige, volhoubare vrede vir Israel en die streek herhaal, “insluitend die verwesenliking van ʼn Palestynse staat”.

Israel moet sy optrede staak wat Palestyne se vermoë om hulself te regeer ondermyn, het Blinken gesê.

ʼn AFP-korrespondent het berig oor intense aanvalle oornag in Khan Yunis en Rafah, stede in die suide van Gaza waar talle ontheemde mense skuil.

Israel se weermag het gesê sy magte het 40 militante in die afgelope 24 uur gedood in grond- en lugaanvalle en dat troepe beslag gelê het op aanvalsgewere, vuurpyllanseerders en ander wapens.

Suid-Afrika se klag van beweerde volksmoord teen Israel word intussen Donderdag in die Internasionale Geregshof in Den Haag aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Martie Smartie ·

Twee opmerkings vir mnr Blinken: (1) Die syfer wat die Palestunse owerhede gee, is onbetroubaar. Die Paletsynse owerheid is deurspek en word regeer deur die Hamas terroriste, dis ‘n feit, (2) Indien Hamas ophou om oorlog te voer vanuit burgerlike woongebiede en ophou om burgerlikes (insluitend kinders) as skilde te gebruik, en ophou om vuurpyle en anti-tenk missiele te vuur vanuit skoolterreine, hospitale en moskees, sou die dodetal onder burgerlikes 90% minder gewees het. Dus, lê gerus die probleem voor Hamas se deur en voor due samelewing in Gaza en die Wesbank waar 75% van mense die Hamas terroriste steun. Mnr Blinken weet tog seker hierdie feite.

Highlander ·

Dit is n oorlog van bybelse proporsies. Ek neem aan daar was derduisende burgerlikes in Kanaan ook vermoor.

Michael ·

Dit is regtig jammer dat onskuldige mense in die sitsuasie beland maar die hamas terroriste moet uitgewis word sodat daar vrede kan heers vir die meerderheid.

Waarheid ·

Gaza inwoners ondersteun Hamas. Die terroriste kan begin deur alle gyselaars vrytelaat.
Dan kan buurlande en lande soos Turkye begin om vlugtelinge in te neem. Nie een doen nie.

Drikus ·

As jy moeilikheid soek, moet jy nie wonder hoekom jy moeilikheid kry nie. Wat het Hamas gedink, gaan dit ‘n partytjie in die parkie wees ?

Grassie ·

Martie Smartie – Ek stem 100% saam met jou. Dit kan nie beter beskryf word nie.

Jacobus ·

Soveel naïwiteit sien mens deesdae teveel. Twyfelagtige statistiek word algemeen aangebied en vir feite deur HSM versprei. Hamas is nie bekend vir hul eerlikheid.

Johannes_64 ·

Blinken in ag neem vanwaar die oorlog gevoer word behoort hy beter te verstaan wat dit veroorsaak. Daar is nie loopgrawe om die vegters te beskerm nie, so enige plek volgens die Geneefse Konvensie, Skole, Kerke, Hospitale, wat nie aangeval mag word as teikens nie, is die enigste beskerming wat vir die vegters en leiers beskikbaar is op die oomblik.

Grassie ·

Wanneer Israel met Gaza klaar is moet hulle sommer ook die Wesoewer-gebied opruim. Hulle moet al die Edomiete – dit is die afstammelinge van Esau – oor die Jordaanrivier dryf asook na die gebied om die Seïrgebergtes waar hulle vandaan kom. Israel sal nooit vrede of veiligheid hê solank die “Palestyne”, eintlik Edomiete daar woon nie. Edom se stryd met Israel en die uiteinde daarvan word haarfyn in Esgiël 35 beskryf.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Blinken moet onverwyld direk by Iran en Hamas aandring: 1) dat Hamas onmiddelik die bestaansreg van alle Jode en die staat Israel in die openbaar en op skrif bevesti; 2) alle gyselaars onmiddelik vrylaat en onvoorwaardelik alle aanvalle op Israel en sy burgers staak en die permanente veligheid van Israel onderskryf. Israel sal dan heel waarskynlik instem.

Highlander ·

@ Johannes_64. Julle kan nie staan op die bybel EN die geneefse konvensie nie. Slegs een van die twee

Jan Jacobs ·

Net n gedagte, die jode is nie God se volk nie, God het van Isreal geskei, in die tyd, wat Isreal in balingskap gegaan het. Hoehom sal God mense uit verkies wat sy Seun Christus verwerp, en die selfde mense wat christene in Gaza vermoor.

Casper ·

Dit is alles waar wat die mense skryf.Israel veg tans teen Lebanon,Hamas en Sirië en daai terroriste word ondersteun deur Iran.Iran neem nie self deel aan aanvalle op Israel nie want die Amerikaanse oorlogskepe lê en wag en hulle is te lafhartig.

Nommer 7 ·

Hamas pleeg ook ‘n oorlogmisdade deur nie hul burgers te beskerm nie, maar eerder vanuit burgerlike areas aan te val en waar burgerlikes dan sterf weens IDF se teen aanval.

Amelia ·

Ek glo nie Blinken glo regtig wat hy sê nie – hy probeer maar net hulle Demokraat ondersteuningsbasis sowel as internasionale kritici heuning om die mond te smeer. Dis mos hoe jy jou brood aan albei kante gebotter hou.

Jacobus ·

Martie Smartie jy is 100% indie kol hamas moet uitgewis word en Gaza moet n nuwe regering kry. Ek sien van die kommentare se Gaza ondersteun hamas. Gaza inwoners se siening het nou drasties verander nadat hulle gesien het dat miljoene dollars se noodlenigings geld wat bedoel was vir die inwoners van Gaza gebruik was om n terroriste netwerk onder Gaza te bou.

Net-my-opinie ·

En wanneer gaan Hamas ophou om missiele op Israel af te vuur? Dalk moet julle ook vir Hamas vir oorlogsmisdade teen Israel aankla wat onskluldige manne, vroue en kinders as menslike skilde gebruik. Die swaard van geregtigheid sny weerskante!

Gert ·

Ek wonder wat die media getuig het toe die Egiptenare by hulle honderde duisende op een slag deur God vernietig was.

Highlander ·

@Gert. ja vrouens en kinders ingesluit. Vandag word dit civilians genoem.

Deon ·

Jan Jacobs – daar is genetiese ondersoeke gedoen deur die universiteit van John Hopkins en dit is bevind dat die huidige jode geensins afstammelinge is van Israel of te wel die stam van Juda nie.

Staal ·

33 jaar terug was die ANC nog ’n terroriste groep. Maak nie saak hoe hard ons skreeu dat ons nie hulle aksies of besluite ondersteun nie, die gevolge gaan steeds op ons val.
Hoe kan julle die Bybel aanhaal en in dieselfde sin die dood van 23000 mense regverdig? Hoe is dit reg om 1200 Israeli sterftes te veroordeel maar die dood van vroue en kinders van Palestina is ok!
Ons het geen belang in die oorlog nie, haal die politiek en geloof uit en dink weer bietjie mooi.

John ·

Bemoei you met jou eie sake …Amerika het genoeg probleeme van sy eie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.