Buurtwag vind voertuig vol plofstof ná plaasaanval

By nadere ondersoek is plofstof onder meer in die voertuig gevind.

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier in Mpumalanga het in samewerking met die polisie, Hi-Tech Security en Netstar Maandag in die vroeë oggendure op ʼn voertuig vol plofstof afgekom.

Hennie Bekker, AfriForum se Laeveld-distrikskoördineerder, het gesê die Toyota Fortuner is vroeër tydens ʼn gewapende rooftog op ʼn plaas gesteel.

’n Boer, wat ook ’n buurtwaglid is, het grensdrade op sy plaas nagegaan toe hy oorrompel en vasgebind is. Die aanvallers het met sy voertuig weggejaag.

Die boer is ongedeerd.

Bekker het gesê die Witrivier-buurtwag is Sondagaand laat van die voorval in kennis gestel en ’n soektog na die verdagtes en voertuig is van stapel gestuur.

Lede van die buurtwaglede het die silwer Fortuner by ’n vulstasie in Kabokweni opgemerk waar die verdagtes brandstof ingegooi het. Die voertuig se nommerplate was toe reeds verwyder. Buurtwaglede op die patrollie het die voertuig weer omstreeks 01:00 Maandag by Casterbridge, in die rigting van Numbi, opgemerk. Buurtwaglede en die polisie het die voertuig agternagesit en dit tot by Masoyi gevolg.

Sommige van die items wat na die jaagtog in die voertuig gevind is.

Joe Pelser van die Witrivier-buurtwag het gesê die voertuig is eindelik naby Ga-Tshwene afgetrek, waarna twee insittendes gevlug het.

Die buurtwaglede het verdagte sakke in die voertuig opgemerk. Die polisie het vasgestel dat dit plofstof bevat en die plofstofeenheid is ook na die toneel ontbied.

“Ons wil almal bedank vir die goeie samewerking met die opsporing van die voertuig. Mense moet meer paraat wees en betrokke raak in hul gemeenskappe,” het Pelser gesê.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het gesê die vermoede bestaan dat die plofstof moontlik tydens transito- of kitsbankrooftogte gebruik sou word. Die polisieondersoek moet nog vasstel waarvandaan dit afkomstig is.

Die rowers is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

PJC ·

Hierdie laat ń mens wonder of hulle nou al plofstof ook wil gebruik in plaasaanvalle of soek hulle net ń lekker groot voertuig vir ń transito rooftog.

Michelle ·

Baie goeie werk aan die manne dit is net jammer die rowers het weggekom. Die plofstof is nie vir hul ‘n probleem nie want daar is meer van waar dit vandaan kom hul kry dit by die vriende by die myne. Ek hoop en bid net dat hul gevang sal word ek glo hul het reeds ‘n lys van misdaad.

Koos ·

Hoe is dit dat rowers en moordenaars alewig steeds op vrye voet is.

sweis ·

Omrede ons n vrot polisie mag het dit is ook die rede hoekom ons buurtwagte,gpf het om die polisie se werk te doen ,wat hulle eintlik vir die gemeenskap beteken sal ook net hulle weet.

anton ·

Hoekom sit mense nie opsporings stelsels in sulke duur en hoë risiko voertuie nie???

Attie. ·

In die “vrot Polisiemag” is gelukkig nog talle bekwame lede. In die Fortuner moet talle vingerafdrukke wees en binnekort sal die kriminele hopelik gevang word.

Johan ·

Goed gesê Attie. Ek kry die idee dat sommige lede van die publiek van mening is dat kriminele met ‘n kennisgewing bordjie stap wat lees “Ek word gesoek” Uit eie ondervinding kan menig van klaers, al het hy sy aanvaller in die oë gekyk, nie eers n beskrywing van die persoon of sy kleredrag gee nie. Dit word toegeskryf aan verstaanbare skok wat met ‘n misdryf gepaard gaan. Vrot polisiemanne? Daardie polisiemanne kom uit ‘n ewe vrot en soms erger gemeenskap en huishouding. Hê begrip en vat hande met almal, GPF’s, sekuriteits firmas, die polisie en ander wetstoepassings instellings om gesamentlik die probleem van misdaad aa te spreek.

Johann ·

Attie goed gesê. Vrot polisiemag? Die lede van die vrot polisiemag waarna verwys word kom uit ‘n ewe of dalk erger vrot gemeenskap. Uit eie ondervinding kan ek getuig dat slagoffers van misdaad wat die misdadiger soms in die oë gekyk het, na so voorval nie instaat is om eers ‘n beskrywing van sy/haar aanvaller of diè se kleredrag kan gee nie. Dit voel soms asof lede van die publiek van mening is dat misdadigers met ‘n bordjie om die nek loop wat lees “ek is n gesoekte misdadiger” Hê eerder simpatie met slagoffers van misdaad en vat hande met die polisie, GPFs en ander wetstoepassings instansies om misdaad in ons land te beveg.

Spark Plug ·

Want…die rowers hardloop weg. Het jy al ooit gesien n polisieman hardloop agter n rower in die straat…..never, net in flieks

SAMPIE ·

Die polisie kan nie sommer meer op ‘n voortvlugtende skiet nie , behalwe as hy in ernstige moeilikheid wil kom. In Suid-Afrika het die krimineel meer regte wat beskerm moet word as ‘n wetsgehoorsame burger.

Julia ·

Ongelukkig sukkel ongeveer 95% van ons polisie met grooooot gewigsprobleme. Hulle kan nie 10 tree hardloop nie wat nog te se van boewe vang??

Stormrider ·

Red.
Springstof is die korrekte term, plofstof is die landmyne wat die hond op die grasperk los.
Groete

annie ·

Nie net die polisie nie kyk maar na die verkeers beamptes… ek het al gedink die mense wat die uniforms maak gebruik baie baie goeie materiaal en garing want as van daardie beamptes moet buk om ‘n pen op te tel wat geval het…. is als oop!! Hoe van hulle in daardie broeke kom gaan my verstand tebowe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.