Byna 75% van stemme reeds getel

Die ANC-president Cyril Ramaphosa.

Teen 5:30 Vrydagoggend is byna 75% van die stemme reeds getel en het die ANC meer as 6,7 miljoen (57%) van die stemme.

Meer as 17 000 van die 22 925 stemdistrikte is reeds getel met ʼn totaal van 11,7 miljoen geldige stemme en 165 000 bedorwe stembriewe. Die stempersentasie is 65,42%.

Die DA het sover meer as 2,5 miljoen (21%) van die stemme terwyl die EFF meer as 1.1 miljoen (10%) van die stemme gekry het. Die IVP lê vierde met net meer as 340 000 (2,89%) van die stemme en die VF Plus is vyfde met net meer as 290 000 (2,47%) van die stemme.

Die omstrede BLF kon tot dusver daarin slaag om net meer as 11 000 (0,09%) van die stemme te kry. Patricia de Lille se GOOD-party kon daarin slaag om al meer as 58 000 (0,5%) van die stemme te kry.

DA-leier Mmusi Maimane. Foto: DA/Twitter

In die Wes-Kaap is 94% van die stemme reeds getel en loop die DA voor met net meer as ʼn miljoen (54,7%) van die stemme gevolg deur die ANC met 551 058 (29,18%) van die stemme. Die EFF is derde met 76 128 (4,03%) van die stemme.

In Gauteng is meer as 55% van die stemme getel en neem die ANC steeds die voortou met 1 110 431 (50,9%) van die stemme. Die DA is in die tweede plek met 588 381 (26,97%) van die stemme en die EFF derde met 310 533 (14,23%) van die stemme.

In Limpopo is 58% van die stemme getel en is die ANC loshande voor met meer as 75% van die stemme. Die EFF is steeds tans die nuwe opposisieparty in dié provinsie met 14,1% van die stemme gevolg deur die DA met 5,53% van die stemme.

EFF-leier Julius Malema. Foto: EFF

In Mpumalanga is die EFF ook tans die amptelike opposisie met 13,05% van die stemme terwyl die ANC voorloop met 69% van die stemme. Dieselfde geld in Noordwes waar die ANC met 62,5% voor is nadat 93% van die stemme getel is. Die EFF het 18,58% van die stemme en die DA het 10,70% van die stemme.

In die Noord-Kaap is meer as 97% van die stemme reeds getel en is die ANC voor met 57% van die stemme gevolg deur die DA met 25,89% van die stemme en die EFF met 9,57% van die stemme.

In die Vrystaat is meer as 64% van die stemme reeds getel met die ANC wat gemaklik voor is met 62% van die stemme gevolg deur die DA met 17% van die stemme en die EFF met 11,6% van die stemme.

In die Oos-Kaap is meer as 90% van die stemme reeds getel en is die ANC gemaklik voor met 68% van die stemme gevolg deur die DA met 16% van die stemme en die EFF met 7,7% van die stemme.

In KwaZulu-Natal is net meer as 60% van die stemme al getel en loop die ANC voor met 53% van die stemme gevolg deur die IVP (17,04%) en die DA met 15,26%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Sarie ·

Snaaks die Vrystaters is soos drek deur die ANC behandel, maar nogtans stem hul weer vir hulle.

Ann ·

Sarie, jy kan wraggies nie al die Vrystaters oor dieselfde kam skeer nie.

Tracy Lötter ·

Die uitslaewas te verwagte maar bly nietemin skokkend en bevestig net die penarie waarin ons ons tans bevind. Dit maak eenvoudig nie saak wat die ANC doen nie, daar sal vir hulle gestwm word. Skelmstreke, korrupsie, onderduimsheid en openlike dwarsboming van die gereg is totaal en al aanvaarbaar.

Dries ·

Regtig.. Ann. Kyk na dienslewering en die paaie. Daar is dorpe waar die plaaslike inwoners ompad roetes ry net om hul bestemming te kan bereik. Die ANC het nie n saak nie en hulle gaan wraggies weer wen. Dis of n bedrogspul of baie van die kiesers is werklik onnosel

Trol ·

Om nie van Limpopo te praat nie. Wat gaan gebeur wanneer die arme gekke besef daar is geen florende plaas te oes nie?

Ai. ·

Mense wat het jul verwag??? Dat die DA sou wen???
Dit is hoekom ek eerder vir n party stem wat my belange in ag neem voor ek soos n struisvoel my kop in die sand druk en hoop die anti blank beleid DA vir wie so baie blankes gestem het die blankes se lot in Suid Afrika sou berreder, dit mense is valse hoop…n klug en julle val daarvoor.
Ek stem eerder vir my minderheids party n vorm n koalisie “nie dat gaan saak maak nie ” maar ek behou my dekselse integriteit voor 3k my siel aan die Satan verkoop!Die grap is op julle blankes wat DA gestem het!
Nie al kombineer jy die Da die ,ACDP, VF en al die kleiner partye saam en koaliseer kan jy wen teen 50 miljoen nie blankes nie… Net n rewolusie sal die Anc tot sy knee kan bring en intussen sal die hongerpyne praat en die land nog erger moet verval maar nogsteeds stem hulle vir die Anc…Dit is Afrika mense dit is Afrika en dit is hoekom Afrika is waar hy is!

Wildeboer ·

Ai, in Afrika word bevrydingsbewegings nie by die stembus ontsetel nie. Hulle word met geweld uitgeskop. Dit sal ook in SA gebeur.

TN ·

@Ai __ ten spyte van waarop die VF + se hele bestaan berus is die polarisasie van rasse in niemand se belang nie . Is die regses so kortsigtig dat hulle dit nie besef nie of is hulle gewoon domastrant ?

@TN ·

@TN_ Die reenboog droom het ‘n nagmerrie geword die afgelope 25 jaar, danksy die linkses. Hoe kortsigtig en domastrant moet jy wees om nog steeds dieselfde leuens te glo?

fred ·

hulle sal lewe en sterwe met die ANC…..korrupsie,swak dienslewering en kriminaliteit is vir hulle nie n probleem nie…..hulle sal nooit leer nie en waarom sal hulle?Dit is Afrika met n Afrika kultuur

Netso ·

Die Eff se sterk steun is kommer-wekkend! Dit gaan nie makliker word vir ons almal in SA nie. RIP SA

Tyd vir selfbeskikkingspraatjies ·

Die enigste hoop wat ons nou het is om vroegtydig oor selfbeskikking te begin praat.

Trol ·

Hier praat ou hensopper al weer. Hardlooptog nou al orania toe.

Johan ·

Mooi. Hier is geen hoop nie. Dieselfde of erger vir nóg vier jaar.

Marian ·

Daar is net een hoop en dis om alles ook ons SA aan Jesus Christus toe te vertrou. Selfs die Bybel sê “moet op mense nie vertrou”

LHS ·

Hartseer, Suid-Afrika is reeds in 1992 vermoor deur n koor van lofgesange agter de Klerk aan.In 1994 finaal begrawe. Al wat nou oor is, is om heimweë te hê, heimwee en moontlik steeds n tikkie woede vir die moordenaars se leuens en bedrog. Om gedeeltelik uit die Bybel aan te haal. Vergeef hulle want hulle het geweet wat hulle doen. Nou moet ons dit seker maar vat soos dit kom en die beste maak van n uiters slegte saak.

Melanie ·

Die ANC het sy kiesers in die palm van sy hand. Daar sal nou seker ‘n doodse stilte heers vir die volgende vier jaar heers terwyl die ANC die land verder in die afgrond dryf, en dan sal hulle skielik die kiesers hemel en aarde beloof as hulle vir die ANC stem. Lyk my die mense leer nooit.

Amelita ·

Ek verstaan nie dit is Anc mense wat nie wil stem, en wat weggebly het asgv dienslewering ens, maar hulle kry nogsteeds meer stemme. Lyk vir my meer as wat hul gekry het as in vorige verkiesing.

Kiepie ·

Ek blameer die media vir die groei wat die EFF toon en verseker nog vorentoe gaan toon. Waar het jy gesien ‘n party met 6% steun (in die vorige verkiesing) kry soveel dekking? Maar allles wat Malema sê is mos nuuswaardig en verkoop lekker koerante en daarom hang hulle aan sy lippe. Hulle besef nie hulle is sy grootse pion in sy bemarkingsplan nie. Alles wat hy voor 200 ondersteuners sê dra die media pligsgetrou oor aan miljoene wat dit nooit andersins sou gehoor het nie. Alles in die naam van omstesyfers.

Elsje ·

As jy nie wit is nie en jy besit n huis in bv. Hammanskraal dan betaal jy nie erfbelasting of water nie. Jy koop net krag. So as jy nie meer ANC stem nie kan jy dalk daardie voordeel verloor.

Anoniem ·

Ek het GEEN vertroue in die uitslae van die verkiesing nie. Ek glo nie dat dit akkuraat is nie. Daar is te veel fb fotos van houers met stembriewe wat weggegooi gevind word. Intimidasie. Neewat. Die dekstoele op die Titanic is net ge-herrangskik.

Graatjie ·

Ek wag dat een weer kla by my oor die toestand van die land en wat-ookal, dan wil ek net vir die persoon vra of hy/sy gestem het of nie. As jy NIE gestem het nie; MOENIE BY MY KOM KLA NIE!! En as jy wel gestem het vir die party wat jou so drama gee: KRY VIR JOU boetie of sussie: kry vir jou.

Anon ·

Interessant hoe ANC steun verloor het maar skielik sterker as ooit staan… Die syfers is amper te goed om waar te wees. Die verkiesing is ‘n klug.

Pieter ·

Almal wat Solidariteit en Steve so veroordeel omdat hulle sterk opstaan vir die Afrikanersaak, besef julle nou dat selfbeskikking die enigste opsie vir voortbestaan is? Die selfbeskikkingsplan moet nou sterk deur Vf+, Solidariteit en almal gedryf word. Dit raak laat! ‘n Federale opset is al wat in die land met sy diverse samestelling kan werk. Elke volk moet tog oor homself kan regeer. Laat ons ons nie afskrik deur die teenstanders daarvan nie. Die tendens in die wêreld wys die neiging daartoe. Nou is die tyd om moue op te rol en ombeskroomd aan die Afrikanersaak tot selfstandigheid te werk. Hoekom moet ‘n vreemde oor my heers? Dit geld natuurlik ook vir elke bevolkingsgroep en ek gun elkeen sy eie selfstandigheid. Daar moet met ander partye en instansies wat dieselfde strewe het, binne die raamwerk van die internasionale reg, saamgewerk word om die ideaal te verwesenlik. Daar is hoop, maar dan moet ons die werklikheid in die oë kyk en aanspreek. Harde werk lê voor, maar met vertroue op en toewyding in God is daar ‘n hoop en toekoms. Dinge gaan nie vanself gebeur nie. Daar is ‘n stryd te stry. Daar is werk!

fred ·

Pieter, die groot probleem is dat die blankes geografies nie één groep vorm nie…..in België is daar geografies 3 groepe, die vlaamse deel,die franse deel en n gebied rond Brussel…elk met n eie regering…dan kan dit wetk…hier in SA is dit moeilik..

Jean ·

Die feit is dat die grootste kritiek teenoor hom (en mense wat soos hy voel), gestook word deur mede-“Afrikaners”. Mense wat eerder bedenklike waardes aanhang.

Werner ·

Stem saam ons sal selfbeskikking maar net moet laat werk dis al antwoord vir die wat nie kan land uit nie

Deon ·

Pieter, ‘n volkstaat van 20 000 vierkante kilometer aan die weskus is haalbaar. Dit is amper so groot as Israel. Maar dit sal ‘n natuurlike en tydsame proses wees wat maklik 30 jaar gaan duur om te verwesenlik. Dink net indien ons in 1990 begin het, dan was ons nou daar. Al die Afrikaner belangegroepe moet hulle strydbyle en eiebelang begrawe en begin werk aan die plan. Ons het miskien nog vyf jaar oor om re begin, dan is dit te laat. SA is ‘n onnatuurlike gedrog wat geen kans het om te oorleef nie. Selfs die Zulus begin om afstiging te oorweeg. Die WesKaap moet dit ook doen. Mense wat vir VF+ gestem het moet hul pond vleis opeis. Dieselfde met lede van belangegroepe en partye soos FN.

TN ·

@LADY __ dit word nie feite omdat jy so sê nie ; dit is slegs jou mening .

Gert ·

Wonder net hoekom is Gauteng se uitslae so ver agter die ander? Gaan daar iets verdag aan? Dalk omdat die ANC op 50% sit?

MyFlokMarelize ·

Ek gaan maar Wes-Kaap toe verhuis… sou wel Australië verkies, maar dit lyk nie vir my beskore nie.

NET EK ·

Presies my selde woorde ….. wag ek sien jou in die Wes Kaap …. hahahaha

Sê net ·

Kom ons wag maar tot alles verby is.
Wat help dit julle jaag julle bloed druk op?
Let’s just weather the storm.

Werner ·

Einstein se teorie vir n idioot is n mens wat elke keer dieselfde oplossing vir n probleem het en ander resultate verwag het mos vd begin af gese n gestemmery gaan ons niks help nie

Gert ·

Diegene wat nie gaan stem het nie, is verantwoordelik daarvoor dat (ANC+EFF) nou op 67.2% staan, net genoeg om die grondwet te verander. As net ‘n ekstra 10% van wittes vir enigiemand anders as daai twee gestem het, was hulle onder twee derdes.

Willemien ·

Gert, die oormag is net te groot vir wittes om werklik ‘n verskil te maak oor die langtermyn. Onthou daar is ook miljoene swartes wat nie gaan stem het nie. Volgende keer stem hulle wel vir die ANC, dan kry hulle weer 70%. Elke jaar word 1 100 000 babas gebore, en 95% van hulle is swart. Dink net hoeveel miljoen nuwe kiesers kan oor vyf jaar stem.

Gert ·

Dit verander nie aan die feite nie: As net 10% van julle gaan stem het, het ons nie nou in hierdie situasie gesit nie.

Willemien ·

Die probleme het 30 jaar gelede al begin. Toe was die skrif al aan die muur. Oor 10 jaar van nou af moet 2 miljoen Afrikaners oorleef in ‘n land met meer as 70 miljoen mense. Om te stem is goed en reg, maar moenie wonderwerke verwag nie. Die leiding word net verleng.

Boerboel ·

Pieter ek hou van jou voorstel Hoop dat VF dit ook nou begin dryf. Tyd raak min.

Wildehond ·

Die VF+ het ‘n groot belang in SA, so dit is onwaarskynlik dat hulle die bal aan die rol sal sit.

John ·

Die dekking van party voor die verkiesing deur die SABC was dodelik eensydig…. ANC… Nuwe partye buiten die sg Good van Pat, is geìgnoreerl Waar moet sulke nuwe gesigte hul idees verkoop. Die ANC bly ‘n dominerende en aggressiewe bevrydingsgroep, ongekultiveerd en platvloers, slu en vol venyn. Nou kom CR se spoggerige meerwaardigheid weer op die kassie blink… spaar ons uit.

Boemerang ·

CR sal nie sy termyn uitdien nie. NDZ, Ace en Mabuza sal hom uitwerk, binne drie jaar.

Wessel ·

Ons gaan ‘n donker tydperk binne, maak jou saak met die Here reg en vas. Daar gaan lig wees aan die einde van die tonnel, maar eers moet ons almal deur die smeltkroes gaan.

Judge Dredd ·

Tweederde meerderheid – onteiening sonder vergoeding is ons voorland.

Jan ·

As die blankes die stemmery geboikot het, dan sou dit vir die heersende magte plaaslik en wêreldwyd duidelik gewees het dat ons die meer hulle speletjie speel nie, dat ons nie verder ons gaan laat oorheers nie. Werklik dan sou hulle regop sit en ons kon onderhandel. Nou het almal gaan deelneem aan die stempetalje, deelgeneem aan meerderheidstem demokrasie, so hoe kan jy nou wil omdraai en sê ek wil in my eie hoekie bly ver van jou af? Ons het ‘n gulde geleentheid deur ods vingers laat slip. Dalk volgende keer…

Gert ·

@Jan: As jy soms gaan stem het, sou jy weet jou ras kom nie voor op die stembrief nie, so as alle wittes weggebly het, sou NET die volgende gebeur het: Die stempersentasie sou laer gewees het, die VF+ sou geen stemme gekry het nie, wat mense sou gebruik as “bewys” dat wittes nie stem vir konserwatiewe partye nie, en die ANC/DA/EFF sou nog groter meerderheid in die parlement gehad het.

DS ·

John ek verskil van jou ek dink EFF het meeste blootstelling gekry. As ek ‘n nuus webtuiste die afgelope 6 maande oopgemaak het was daai “Hitler van Suid-Afrika” se gesig by verskeie artikels.

Meisie ·

Ek dink te veel mense het VF+ toe gehardloop, ja hulle is vir ons blankes wel die beste opsie maar die party is te klein om ‘n verskil te kan maak op die oomblik. Soos dinge vir my lyk gaan die volgende verkiesing net ANC en EFF wees, wie sou kon raai die EFF gaan so sterk deur trek, want ek het nie. Ek het ook gedink DA sal sterker wees maar nou ja. Ek verstaan ook nie dat die verkiesing geldig is na al die videos en berigte van bokse wat nie geseel is nie en waar ekstra stemme in gegooi is. Soos dit my lyk soek ek solank verblyf in ‘n ander land want die jeug wil net eenvoudig nie stem nie, ek is 22 en het nou vir my 2de keer gaan stem. As jy nie stem nie, mag jy nie kla nie!

TN ·

Trots op jou ! My seun is ook 22 en ongelukkig het baie van sy vriende en vriendinne die dag gebruik om partytjie te hou !

Verskil ·

Jy sê dat ek nie mag kla nie omdat ek nie gestem het nie? Ek is juis die een wat kan praat want ek was NIE deel van die demokratiese proses nie. Jy darenteen het gestem en jy het jouself deel van die proses gemaak en dit beteken dat jy inval by whatever uitslag die proses bring. Dit beteken jy sal stil en rustig wees tot en met die volgende verkiesing, oor 5 jaar. Dis ongelukkig hoe dit werk.

Nie verstom nie ·

Werklik nie verbasend vir my nie, maar als tot die telling van stemme, is vervlaks korrupt in ons land!

Elna ·

My kruisie is getrek en die wat so kla oor die wat nie gestem het nie wil ek net se hulle het steeds regte om te kla en te kerm omdat hulle net soos ek en jy belasting betaal op alles in hierdie land. Alles wat jy koop betaal jy belasting op so almal het n reg om te kla en hulle se te se in hierdie land. Dink daaroor.

Ina botha ·

Ek weet nie veel van statestiek of politiek nie, maar alles in ag geneen as mens na die wegbly syem en bedorwe stemme kyk, sou dit genoeg gewees het om n taamlike verskil in baie partye se % stemme te maak, sou mens dan daarby al die klein partytjies se stemme tel wat ook nie rerig nou verteenwoordiging in parlement gaan he nie, is die hele stemproses eintlik n klug. Maar dit is mos nou “demokraties” gedoen.
Nog iets wat ek aan dink (en die slim mense kan dit seker bereken)al sou elke stemgeregtigde stem vlg sy kleur vir n party wat sy geloof en oortuiging verteenwoordig, het die blankes nogsteeds n groot agterstand want in getalle is ons te min. Dit is nou behalwe die feit dat ons nog nooit oor enigiets kon saamstem nie.

Meskien kan iemand ons n opbreking van getalle gee oor byv hoeveel blanke, swartes, indiers, kleuringe, is in elke streek

TN ·

Trots op jou ! My seun is ook 22 en ongelukkig het baie van sy vriende en vriendinne die dag gebruik om partytjie te hou !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.