Annanias Mathe, die reeksverkragter en gewapende rower wat geskiedenis gemaak het toe hy die enigste persoon geword het wat uit Pretoria se C-Max-tronk kon ontsnap, is dood.
ʼn Senior beampte van die departement van korrektiewe dienste, wat anoniem wou bly, het bevestig Mathe het Dinsdag in ʼn hospitaal in Durban gesterf.
Die oorsaak van sy dood of waarom hy in die hospitaal was, is nie dadelik bekend gemaak nie. Die beampte het gesê die departement sal na verwagting later ʼn verklaring uitreik.
Mathe, oorspronklik van Mosambiek, is skuldig bevind op 64 aanklagte, waaronder verkragting, poging tot moord, poging tot verkrag, roof en diefstal.
Hy het in 2006 uit die tronk ontsnap deur sy liggaam met petroleumjellie te smeer en deur die venster in sy sel te gly. Hy is ʼn maand later aangekeer. Ses tronkbewaarders is afgedank ná sy ontsnapping.
Mathe het ook in 2005 ontsnap toe hy ʼn verhoorafwagtende was. Hy het ook twee keer probeer ontsnap by Ebongweni C-Max-tronk naby Kokstad, met die jongste poging vroeër vanjaar.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
So kom nog ‘n skelm tot sy einde.
Ten minste een minder koste eenheid vir belastingbetalers…en koste eenheid is die “mooiste” woord wat ek mee kon opkom.
Geen verlies.
Sy laaste ontsnapping?
Live by the sword, die by the sword so sal die ANC en al hulle moord bendes ook tot ‘n einde kom.