Cele sê hoë misdaadvlakke ‘nie net polisie se skuld’

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: GCIS)

Bheki Cele, minister van polisie, meen dat die polisie nie alleenlik verantwoordelik is vir die uitermatige hoë misdaadvlakke in die land nie.

Volgens Cele kan die polisie nie sosio-ekonomiese omstandighede, wat aanleiding gee tot misdaad, regstreeks hanteer nie.

“Dit is belangrik om daarop te let dat die misdaadvlakke beïnvloed word deur ʼn verskeidenheid faktore benewens wetstoepassers se pogings alleen,” het Cele in antwoord op ʼn vraag deur die DA in die parlement gesê.

“Daar is ʼn goed gevestigde verhouding tussen sosio-ekonomiese toestande en die misdaadsyfers, en om sosio-ekonomiese omstandighede in die land te takel, is nie iets wat die polisie direk kan  doen nie.”

Volgens Cele word daar van die polisie verwag om kwessies te hanteer wat verband hou met die heersende sosio-ekonomiese probleme. Dit sluit in die polisiëring van vreedsame en gewelddadige optogte, asook die polisiëring van ongedokumenteerde mense.

Die polisie moet ook gesinsgeweld en seksmisdade bestry, maar het “min tot geen beheer oor hierdie soort misdade nie, aangesien dit beïnvloed word deur sosiale faktore soos dwelm- en drankmisbruik”, sê die minister.

Geen gevolge vir hoë misdaad

Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie, het in sy geskrewe vraag aan Cele oor die misdaadstatistieke vir die vierde kwartaal van die 2022-’23-boekjaar gevra oor die gevolge wat deur die polisie in die gesig gestaar word vir die hoë misdaadsyfer.

Die statistieke vir dié kwartaal het ʼn toename in verskeie gewelddadige misdade getoon. Dit sluit in ʼn toename in moord (3,4%) en die meeste ander kontakmisdade (4%) vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.

Cele sê dat geen dissiplinêre stappe of ondersoeke teen die nasionale en provinsiale bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor die misdaadstatistiek ingestel is nie.

“Die polisie het verskeie spesifieke prestasiebestuursraamwerke ontwikkel en in werking gestel om strategiese prioriteite te fasiliteer, insluitend dié wat verband hou met die vermindering van aangemelde vlakke van kontakmisdaad,” sê hy.

“Die polisie het ook prestasie-assesseringsraamwerke ontwikkel wat senior bestuurders aanspreeklik hou vir die uitvoering van hulle aangewese pligte.”

Volgens Cele het die polisie ook uitgebreide tugprosesse wat sal verseker dat polisiebeamptes gestraf word as hulle die instelling se gedragskode oortree. Dit sluit ook in enige regulatoriese of wettige verantwoordelikhede wat nie nagekom word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

vuurvliegie ·

Cele is nooit verantwoordelik vir enige iets nie. Dis die polisie en jou maaitjies se skuld.
Die polisie het die mag om dit uit te sorteer mits hulle nie korrup is nie. Onbevoegdheid is die oorsaak.

vuurvliegie ·

Lui dit ‘n Klokkie Cele?????
Drie polisiebeamptes en drie van hul medebeskuldigdes is Dinsdag in die Tonga-landdroshof in Mpumalanga op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Fontein Tannie ·

Wonder hoe voel die presidensie oor die blaam wat so uitgebeeld word….

Kosie ·

Die s.g president voel niks want hy weet niks, hy kyk net wat se wette kan hy uitbring om ons nog meer te beheer en te belas.

Mariana ·

Is ook nie eers wette wat hy gemaak het nie, sy minions het dit gemaak en hy teken net die goed. Sonder om te kyk wat hy teken. Nee hy kyk net waar hy kan gaan bedel vir nog geld vir hom en sy kaders.

Wit Leeu ·

Bly eerder stil want jy het nie ‘n clue wat aangaan en hoekom dit gebeur nie !

Delia ·

Mnr Cele. In n mate is jy reg. Daar is ander faktore soos genoem.
Maar korrupsie en misdaad onder jou beamptes is skrikwekkend hoog. Daarvoor moet jy Pa staan.
En vind gesprekke plaas met Justisie plaas om te sê….hou op om die mense op borgtog te stuur en dan moet jou manne hulle WEER opspoor.

Wonder ·

Hy is erger as Juluis ergste is hy is in n hoë posisie pos, nee wat dit breek my brein hy nog in diens is.

Papsak ·

Ag Cele erken net jy kan nie jou werk doen nie as die hoe misdaadsyfer dan nou nie net julle skuld is nie op wie wil jy dit af pak kom se my julle jy en jou hele polisiemag is korrupt want julle kry niks af gehandel nie en julle kry niemans toe gesluit nie pateties soos julle is die jou werk en verdien dan n salaris haal af daai hoed hy druk jou breins dood jy kan nie mooi dink nie

domheks ·

sekerlik sal APARTHEID die skuld kry vir sy nislukkings! SOOS GEWOONLIK.

Republikein in die Wes Kaap ·

Mooi! Die junta begin mekaar beskuldig. Die krake is sigbaar

henndrik ·

Ek reken hulle het geen verskoning vir hulle swak rekord van ondersoeke en vervolging nie en dit is die kruks van die probleem

Kosie ·

Miskien moet jy jou sleg wetter die dwelm probleem vasvat nou gebruik jy dit eerder vir n verskoning, vat ook die gemors wat so suip op straat vas en hulle bottels oral stukkend gooi dan sal die bakleiery op straat ophou, as jy net begin om die klein goedtjies vas te vat sal daar veel minder groot probleme wees, maar nee jy is te besig om af the show en jou kop weg te draai vir die klein probleme, die gevolg is alles word later klein probleme want niemand wil later niks meer doen nie.

Frikkels ·

Jy is 100% reg ou hans hoed! Dit is nie die polisie se skuld nie, dit is jou skuld!

Dirk ·

Die probleem is, as die stuk gemors sy werk doen wat hy nie verdien nie, sal hy en baie van sy skelm ANC maters baie geld verloor. So hoekom sal hy enigsins sy werk doen?

hpven ·

Ramaphosa beheer die polisie en sy kaders. Daar is egter ‘n dringende behoefte tot verbetering! Ek sê dit met respek teenoor die goeie polisie lede.

Manie ·

Cele is heeltemal korrek, dis nie die polisiemanne en vroue se skuld nie, dis hulle opbeholpe minister se skuld.

Andries ·

Hmmm… di ‘sosio-ekonomiese bevolking’ volg maar net oa. voorbeelde wat vir hulle van ‘mense in hoë’ plekke gestel word- soos “shut up” te skreeu, bedrog te pleeg en korruosie te beoefen.
Maar indien oortreders ook ni aanspreeklik gehou of verantwoording moet doen ni, raai wat dan Mnr C?

Vettiemaragartos ·

Mnr. Chele op watter planeet bly jy? In ‘n vorige berig weier jy om om verskoning vir jou uiters swak gedrag teenoor Ian Cameron maar dan in hierdie berig wil jy die lede van die polisie diens straf? Onthou maar die gesegde soos die Priestser soos die volk. Jou lede volg maar net jou voorbeeld.

Karen ·

Ja Cele? Dit is alles die polisie se werk, om wet en orde te handhaaf, ñ eed wat julle aflê, maar meeste van julle verkies om te steel of te slaap, Jy kan nie die skuld op ander probeer pak nie.

Delia ·

Minister van Justisie en Binnelandse Sake moet ook na die partytjie toe kom..baie misdadigers en moordenaars is gewoonte misdadigers uit op borgtog of kry so maklik borgtog.
Grensbeheer moet opgeskerp word. Vele misdadigers is van oor die grense.
Meeste van ons voel verseker Minister Cele moet gaan, maar hierdie is nie net sy probleem.om uit te sorteer.

Johann ·

Sprekend … .NEE SKREUEND van totale gewetenkose obevoede magsmal anargis!

Kaptein ·

Jy kan hulle nie blameer nie. Hulle doen te veel oefening as hulle moet uitgaan. Elke keer as hulle opstaan , tel hulle 240kg op. Dan is hulle so moeg,hulle moet gaan slaap.

Anon ·

Ag asseblief, natuurlik sal jy jouself verontskuldig. Jy en vele van jou polisielede is deur en deur korrup. Julle kan en wil niks doen om misdaad te beveg nie. Dit kan mens aan julle stewige middel lywe sien.

Jan Jacobs ·

Die punt is sedert 1994 het die misdaad begin toe neem, hoergesag is ondermyn en stelselmatig vervang met onbevoegde leierskap

Carel ·

Jan van Riebeeck se skuld?
White Monopoly Capital se skuld?
Ian Cameron wat “pla” se skuld?
Wit mense wat nie wil “deel” nie se skuld?
Nie genoeg “transformasie” nie se skuld?
Hêllou . . . wat mis ek???

hpven ·

Carel, apartheid en my en jou se skuld, maar sou jy alles en almal noem sal hulle nog ‘n klomp uitdink waaraan ons nie gedink het nie.

marius ·

Verduidelik hoekom soveel van jou eie mense betrokke is by misdaad !

Goldy ·

Kan nie wag dat ons van hierdie mafiabaas onafhanklik is in die weskaap nie.

Goldy ·

Hou op hoop om enigiets logies of opbouend uit hierdie element te kry. Die een het heeltemal ander waardes as julle.

Marius ·

SAPS is verantwoordelik vir die behoud en instandhouding van die land. Cele is onbevoeg nes die res van die regering om enige iets instand te hou. Misdaad en misdadegers is aan die toeneem, SA is n gevalle staat agv onbevoegdheid…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.