Chaos by skool nadat leerder selfdood pleeg

Leerders het die polisie met klippe bestook en ‘n polisiemotor omgegooi. (Foto: Twitter/ SA_crime)

Die Vrystaatse departement van onderwys het Vrydag vir kalmte gevra nadat leerders aan ʼn skool in die Oos-Vrystaat die afgelope week in opstand gekom en teen onderwysers en lede van die polisie uitgevaar het.

Die leerders aan Tlotlisong Secondary School naby Ficksburg is glo vies omdat ʼn medeleerder sy eie lewe geneem het weens ʼn geboeliery deur een van die onderwysers. Leerders het Donderdag begin amok maak deur onderwysers by die skool gyselaar te hou en hul motors en skoolinfrastruktuur te beskadig. Toe die polisie onbied is, is dié met klippe bestook en ʼn polisievoertuig op sy dak gekeer.

“Die departement sal Maandag met al die betrokke partye vergader om die situasie te stabiliseer en te verseker dat onderrig so gou moontlik kan voortgaan,” het Howard Ndaba, woordvoerder van die betrokke departement, gesê.

Die Forum vir Dienslewering (F4SD), sê berigte dat die leerder selfdood gepleeg het weens boeliery deur ʼn onderwyser, is kommerwekkend. Die leerder het dit glo in ʼn selfdoodbrief onthul. F4SD sê sover hulle kon vasstel, is die leerder deur ʼn onderwyser geterg oor sy huislike omstandighede.

“Gevalle van boeliery, deur leerders óf onderwysers, is ontstellend. Die skool is veronderstel om ʼn veilige hawe vir leerders te wees en onderwysers behoort hulle te beskerm.”

Die departement hoop om die saak teen Dinsdag heeltemal onder beheer te hê en het onderwysers en leerders gevra om dié proses sy gang te laat gaan sodat meer leertyd nie verlore gaan nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henk ·

Gaan dieselfde met die gebeur as die sakeman van oos vrystaat by die verhoor van die Horn verdagtes ?

Veronika ·

Yip in ons ondervinding is daar onderwysers wat boelies is! Maar hul kom weg daarmee, wat sad is hulle is ook in beheer vd “boelie boks” by die skool en die groot boelies se ouers is hul vriende so ja need I say anything more…….

Frank ·

Laerskool onderwyseres stuur boodskap aan klein dogtertjie, wat aan elleptiese aanvalle lei en soos gestremde sukkel sukkel loop, dat sy “nie eens kan spring nie” of iets dergliks. Baie het al oor hierdie onderwyseres gekla maar die hoof is siende blind vir dit en ander klagtes oor boelies by die skool

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.