Chaos in Pretoriase middestad

Foto: Yusuf Abramjee/Twitter

Alle munisipale openbare vervoer in die Pretoriase middestad is gestaak weens geweld wat uitgebreek het.

Daar word berig dat buitelanders se winkels geplunder en aan die brand gesteek word.

Die polisie het intussen bevestig dat lede van sy openbare orde-eenheid in die middestad ontplooi is om die geweld te probeer hokslaan.

Die A Re Yeng- en die Tshwane-busdiens se bedrywighede is opgeskort, het Sheila Senkubuge, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, gesê.

Geweld het gistermiddag in die middestad uitgebreek en duur vanoggend voort. Die geweld hou glo verband met spanning tussen minibustaxibestuurders en dwelmbase.

Foto: Yusuf Abramjee/Twitter

ʼn Taxibestuurder is Dinsdag in die middestad doodgeskiet in ʼn bakleiery met vermeende dwelmbase. Geweld het hierna uitgebreek en twee A Re Yeng-busse, drie van die Tshwane-metro se busse, ʼn Gautrein-bus en twee vragmotors is gebruik om paaie te versper.

Senkubuge het die skietery en die onwettige gebruik van voertuie wat vir openbare vervoer bestem is, ten sterkste veroordeel.

Volgens die polisie was die taxibestuurder wat doodgeskiet is 45 jaar oud en word sy vermeende moordenaar(s) steeds gesoek.

Senkubuge het intussen ʼn beroep om kalmte gedoen en al die betrokkenes versoek om wetstoepassingsagentskappe kans te gee om die skuldiges op te spoor en aan die pen te laat ry.

Talle strate is intussen ook gesluit en die publiek word aangeraai om die middestad sover moontlik te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

102 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre Coetzee

So gaan dit in die land.Ons eie Hollywood “shout-out” film kan hier geskied word met ons eie werklike misdadigers.Sal dalk te wreed en grusaam wees maar sal iemand omgee ? Nee wat.Nutteloos,sinneloos,pateties, en trots Suid Afrkaans.

BlinkStephaans

Hierdie word veroorsaak deur die regering van die dag se totale onvermoeë en onwilligheid om standpunt en aksie in te neem teen misdaad en die onbeheerde instroming van sogenaamde buitelanders. Ons sit met n president wat blykbaar n slim man is, maar gladnie ag slaan op wat rondom hom gebeur, en eenvoudig gladnie sy voet kan neersit en sê “hier stop dit”.

Frm

Is hierdie nou dieselfde minibus taxi bestuurders wat die onwettige buitelanders elke dag vanaf Beitbrug ens aanry Pretoria toe. Ek wonder nou wat sou daar verkeerd gegaan het dat hulle n bestuurder vermoor?

Kol

Totsiens mooie land.

Wielspore

Dit is nie moontlik om dwelm smokkelaars en Taxi eienaars tot kalmte te roep, hierdie instansies word deur geweld en misdaad bedryf en die kultuur is om eers geweld toe te pas en dan die vrae te stel.