Chaos toe trok deur bus, taxi’s ploeg

(Foto: ALS Paramedics)

’n Chaotiese toneel het hom Donderdagoggend op Old Dutch-weg in die Durbanse middestad afgespeel toe die bestuurder van ‘n vragmotor beheer oor die vragmotor verloor het en in ‘n bus en twee taxi’s ingeploeg het.

Altesaam 16 mense is tydens die voorval beseer en na hospitale in Durban geneem vir mediese behandeling.

’n Woordvoerder van ALS Paramedics sê die ongeluk het net ná 07:00 plaasgevind.

Een van die passassiers van die bus was met die nooddienste se aankoms op die toneel nog agter in die wrak van die bus vasgekeer.

Die Durbanse brandweer het hidrouliese toerusting gebruik om die man vanuit die wrak te bevry voordat hy versigtig tot bo-op die vragmotor gehelp is en daarna na onder tot by ’n ambulans geneem is.

(Foto: ALS Paramedics)

Paramedici het in daardie stadium reeds ʼn gestruktureerde triage-proses (sortering van pasiënte) ingestel om te bepaal watter pasiënte voorkeur moet geniet.

“Ongeveer 15 ander pasiënte het matige tot ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskeie ander Durbanse hospitale vervoer is vir verdere behandeling,” sê die woordvoerder.

Die presiese besonderhede rondom die ongeluk is onduidelik. Die polisie was vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

(Foto: ALS Paramedics)

(Foto: ALS Paramedics)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Ek is jammer vir die mense wat beseer is, maar terselfdertyd wonder ek – het die vragmotorbestuurder nie dalk ‘n bietjie “Dutch courage” agter die blad gehad nie?

SANDRA ·

GAAN KYK GERUS NA DIE PADWAARDIGHEID SERTIFIKAAT, MEESTE MAATSKAPPYE KOOP DIT DEUR DIE PADWAARDIGHEID. RUNNERS MAAK ‘N BAIE GOEIE BESTAAN DEUR DIT, DIE TROKKE, BUSSE ENS WORD DEUR MIDDEL VAN ‘N WHATSAPP GEDOEN, NATUURLIK TEEN ‘N KOSTE WAAR DIE RUNNERS TEN MINSTE ‘N DUISEND RAND IN HULLE EIE SAKKE DRUK. EK PERSOONLIK RY NOOIT VOOR ‘N TROK NIE OMDAT EK WEET DIT IS HOE MEESTE PLEKKE HUL GOED DOEN, DIT SLUIT SOMMER TROKKE IN WAT AL 6 MAANDE STAAN EN AAN GEWERK WORD. EK HET KAAP TOE GERY MET ‘N BUS WAT EK HEELPAD MOES BID. SAL NOOIT WEER MET ‘N BUS RYS NIE, VLIEG NOU MAAR EERDER.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.