‘Chaotiese grondgryp’ sal nooit gebeur, sê Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa aan die woord. (Foto: ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand gesê Suid-Afrika sal nooit chaotiese grondgryp beleef nie, ondanks onlangse spanning oor die regering se grondhervormingsprogram.

“Kom ons vind saam oplossings. Die een ding wat ek nog altyd gesê het, is dat grondgryp nooit toegelaat sal word nie. Ons gaan hierdie probleem saam uitwerk en oplossings daarvoor vind wat geskik is vir Suid-Afrika. As Suid-Afrikaners het ons al oplossings vir die moeilikste en hardnekkigste probleme gekry,” het Ramaphosa gedurende ʼn verkiesingsveldtog in Lynnwoord, Pretoria, gesê.

“Ons het groot denkers in ons land en daardie denkkrag gaan ingespan word om seker te maak dat ons oplossings [vir grondgryp] vind. Hoewel ons in ʼn land woon waar privaat besit bestaan, het ons ook ʼn gemengde tipe stelsel. Daar is privaat eienaarskap én gemeenskaplike eienaarskap. Die land wat geëis word, is vir gemeenskaplike eienaarskap en die Grondwet erken dit.”

Die president is gisteraand vergesel deur senior ANC-lede, onder wie David Makhura, die Gautengse premier, en Kgosi Maepa, Tshwane-ANC-streeksvoorsitter.

Verskeie mense in die ouditorium het vrae gevra oor die herverdelingsprogram wat deur die ANC gesteun word. In sy antwoord het Ramaphosa dit duidelik gemaak dat die vraag oor grond onvermydelik aangeraak sal word.

“Ons het nog altyd gesê ons het ʼn Grondwet en daar ʼn grondwetlike proses wat tans aan die gang is. Die Grondwet is waaraan ons moet voldoen. Ons is wetsgehoorsaam. Ons moet die belange van alle Suid-Afrikaners verseker,” het die president gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Herman P ·

Cyril is reg.
Dit gaan Verantwoordelike Grondgrype wees.
Polisie staan en kyk en ons kan niks doen daaraan nie.
Soos voorheen bewys.

Gatto ·

Ry sommer gou Kempton toe, kom sien hoe suksesvol is grondgryp toegepas in Dan Straat, waar ‘n plakkerskamp direk teen die hof se uitsettingsbevel optree saam met hulle EFF verteenwoordiger en niks gebeur nie.
Grondgrype is lankal hier. Wet en orde het reeds sy alie gesien.

Waarheid ·

Net nog n leuen.Dit gebeur al klaar ou.
Jy hou jou blind soos gewoonlik.

Lena Jonk ·

Stem saam met jou Schalk, verkiesingspraatjies, paai en soebat want die wind het gedraai. Sterk wind nou van voor. Laat hy n belofte voor die volk afle dat hy nie grond sonder vergoeding sal vat nie.

ZAR ·

Toe ek die opskrif sien toe was my eerste reaksie om te kyk waar hy dié praatjie gehou het… Lynnwood Pretoria… o ja dit maak sin.

Ja swaer ·

Hy het mooi gekyk na sy buurman ou bob se gemors. En besef ons moet eers die wette manipuleer om gronddiefstal wettig te laat lyk, dan is alles honky dory

Dorothy ·

Wat hy sê en doen is verskillend. Daar is alreeds voorbeelde. Kyk hoe lyk ons klein dorpies in hierdie land. Dis hartverskeurend.

Sakkie ·

“Kom ons vind saam oplossings” Nou wie in die land gaan goedsmoeds erf grond of grond waarvoor hy hard gewerk het verniet aan parrasiete gee.

boerboel ·

Hoe se hulle: Wat by die hart van vol is loop by die mond oor!

Dries du Toit ·

Bitter gevaarlike man die. Agri-SA en die TLU het dit nou eerstehands aanvaar. Hy kom nie maklik 2e in n onderhandeling nie. Vra vir De Klerk en Roelf Meyer

GM ·

Die man moet tog sy ogies begin oopmaak. Chaotiese grondgrype vind alreeds plaas. Die Rooimiere was seker noudie dag uitgestuur om koekies en tee te gaan geniet daar in Vereeniging/Vanderbijlpark.

Therese van Schalkwyk ·

Vraag aan Cyril Ramaphosa en die ANC:
As “grond” so belangrik is, waarom het dit 25 jaar geneem om tot by hierdie punt te kom? Staatskas leeg? Verkiesingsbeloftes uitgeput?

‘n Moontlike verklaring blyk uit die laaste paragraaf van hierdie berig:
Die terme “Grondwet” en “grondwetlike proses” word letterlik verstaan?!
Onwaarskynlik, maar indien wel, is daar geen salf te smeer.

Dries ·

Hoe definieer jy “chaotiese grond gryp” en alledaagse grond gryp soos tans gebeur ?

Gert Potgieter ·

En daar sal mense wees wat die twak glo wat die ou praat! Wanneer gaan hulle wakker skrik en besef jy kan nie die kommunis glo nie?

TN ·

Dankie tog vir die DA wat BAIE stemme by hierdie spul liegende kriminele gaan afneem !

Manie van Worcester ·

HA HA HA HA HA flippen HA, jy is seker nie ernstig nie, die da lieg net so baie, kyk maar na De Lille sage. Die da is maar net blou anc, word wakker en stem VF+ af ACDP op iets.

HPV ·

Plunder, brand, vernietig en moord was ook nie op die anc regime se agenda nie, nou is dit aan die orde van die dag. Hoe dan nou Mnr Ramaphosa? Jy kan nie eers jou opswepende nar in sy rooi oorpak beheer nie, hoe gaan jy die toekomstige anargie beheer?

Ben van Vuuren ·

Die EFF regeer al lankal die land, hul maak lawaai en die ANC spring en dans na hul pype

Ben van Vuuren ·

Die EFF regeer al lankal die land, hul maak lawaai en die ANC dans soos n padda op n warm stoofplaat!!

Manie van Worcester ·

My vriend die anc staan vir die totale vernietiging van die land tot op afrika vlak sodat hulle kan regeer soos kommuniste hulle geleer het, Ja stemmers en goedgelowiges is deur de klerk en roelfie geleer dis anders. Res van ons weet van begin af die ware plan

ANDRE ·

Stik ek nou aan my koffie……….beste verkiesings kulkunsie nog…..

Marius Britz ·

En ons ou bleek paddatjies sit al hoe knusser in die pot water wat warmer en warmer gedraai word en luister na sulke snert. “Wicked man speak with twisted tongue”, of so iets, het slim ou op ‘n keer gesê.

Judge Dredd ·

Belangrik dat ons die ANC en EFF se gesamentlike steun onder 66% kry sodat hulle nie wysiging aan grondwet kan maak.

Manie van Worcester ·

Jy vergeet die da oftewel blou anc, hulle steun ook die grond gemors, glo net met vergoeding hahahahahahah

Marie ·

Hy sê ook nie dat hulle gaan ophou om ons boere uit te moor nie.

Grassie ·

CR sê “ons is wetsgehoorsaam” Ja, “ons” is. “Ons” verander net die grondwet sodat grond van witmense wettig geroof mag word en dan gehoorsaam ons die wet. So maklik soos dit.
Miskien gaan CR se bewind nie “chaotiese” grondgryp doen nie. Maar as die wet eers goedgekeur is, is ‘n deur oopgemaak wat nie weer toegemaak kan word nie. Hy kan nie by voorbaat namens sy opvolgers besluite neem nie.

Manie van Worcester ·

Goed ons verstaan , jy was vir die laaste 3 jaar in buiteland met geen nuus uit sa en jy het nou net geland. Daars die laate tyd al heelwat massa grondgrype gewees, gaan kyk gou in Strand, dis die laaste wat ek nou vinnig kan aan dink. Hulle sit nog op die besette sanral grond. Dus jack rampokker lieg, dit gebeur al klaar

Grassie ·

Manie – ek is in hierdie land gebore en getoë en is deeglik bewus van wat om my aangaan. Moet nie die EFF se grypaksies verwar met die ANC se onteieningsvoorneme nie. CR is besig met ‘n baie listige beplanning wat vir ons meer skade kan aandoen as Zuma en Malema saam. Wat hy nou doen is om die Westerse lande te probeer mislei sodat hulle nie SA ekonomies sink nie.

jean ·

Dont you believe it..Alles wat hulle aanpak en doen is chaoties!!!!!!!! Hulle kan hulself nie beheer nie.

Trojaanse Donkie ·

Hoelank dink die arme man dat hy president gaan wees?? Selfs Piet K
se hy staan nie ‘n kans teen JM nie. Die Zuma broeders gaan JM inbring om CR te vervang, hou net die toekoms dop!

Boerboel ·

Wanneer het die ANC wetgehoorsaam geword, gister? Nuus vir my! Verduidelik all die staadskaping en korupsie is dit deel van Wetsgehoorsaam? Ek is bly CR julle slaan n’ nuwe blaadjie om. Stem saam met Judge Dregg, As die twee partye meer as 66% kry kan dinge baie sleg raak vir ons.

Marinda ·

Hoe presies gaan hy dit doen? Sodra hierdie onderwerp aan geraak word deur sekere partye ruk dit sommer handuit en almal wil mekaar by dam met die vuiste/naaste stoel/klip of koppie of wat ookal byderhand is. EFF en BFLF het klaar besluit wat hulle wil hê. Dis al klaar chaos.

Propoganda.

Ag regtig ·

Ag rerig?? Wat het julle al gedoen as duisende plakkers met sinkplate op ‘n plaas aankom en dit kom beset? Julle verwyder hulle net met die rooimiere as dit STAATSGROND Is maar as dit privaatgrond is moet AFRIFORUM en prokureurs en howe die saak uitfight teen BAIE HOE KOSTE .. moet tog nie almal om die bos lei nie . ons almal is nie so dom ine .. die feit dat julle GLAD NIE OPTREE teen grondgrypers nie gee vir hulle ‘n baie mooi BOODSKAP — vat wat julle wil en kan.

Buite Stander ·

Ramaphosa is nie opgewasse teen sy vyande in die ANC nie. Hulle gaan hom uitwerk en dan sal dadels kom van sy beloftes.

lewies ·

Buite Staander – Jy sien die groter prentjie, daarom stem ek saam. As ek iets kan byvoeg. Ramaphosa is vandag steeds deel van die ANC met ‘n doel. Sy lidmaatskap van die ANC sou lankal opgeskort gewees het en daarmee ook die geleentheid om president te word as hy sy eie regering begin kretiseer het. Sy skaakspel het reeds lankal begin, omdat hy ‘n uitstekende strategie volg. (Sy vyande) Hy glo daaraan om ‘n man genoeg tou te gee om homself te hang of om sy eie tronkmure te bou, so bly hy uit die moeilikheid en gaan hy sy doelwiite bereik.

Andre ·

Daardie woord “nooit” het ek al uit n hele paar politici se monde gehoor. En daarna ????

Johannes ·

Nou toe nou. Net soos plaasaanvalle en plaasmoorde ook seker nie gebeur nie, nê ramaphosa?

Nagmaalwyn ·

My sentiment ook. Baie Afrikaners loop met oogklappe en besef nie die ware implikasies van ‘n stamoorlog en volskaalse burgeroorlog nie. Blankes gaan in die middel wees.

Spike ·

Jy kon die comrades en kaders nog nooit glo en vertrou nie. Hou op lieg asb.

Trol ·

Dit gebeur alklaar. Die anc polisie en weermag doen niks om dit te keer nie. Dan word plakkershutjies opgerig. Geen boerdery vind plaas nie. Wys die hutjieboere tog waar thandi mosise se plaas is.

Andreas ·

Per die Citizen van 28 April, en ek haal aan:

“In a long interview given to Afrikaans weekly Rapport published on Sunday, former president Thabo Mbeki made it clear that he doesn’t buy the idea that white people in South Africa should be thought of as “land thieves”.
He said the ANC had been “rushed” in deciding to change the constitution on the matter of land expropriation when it voted on the matter at Nasrec in December 2017. He said it was clear to him that the ANC still had no clear plan for the economy or how to deal with the so-called land question.
Mbeki also criticised the current interpretation of the Freedom Charter that he claimed was being misused to push a more radical agenda.”

Dit het Mbeki op Vryheidsag gesê, daar waar hy vanjaar ook nou weer vir die ANC stemme werf.

Betreffende die berig vanoggend hier bo, sal ek dan nou graag van Cyril wil hoor, of indien sy mense grond ordelik gryp, dit wel toegelaat sal word, dit wil sê op ‘n georganiseerde basis?

Se maar net ·

en ons glo dat hy so gese het, wow, ons glo in die tandemuis en vader krismis ook hahahahahaha

Emma ·

Roei klaar die wittes uit op plase dan kan hul maklik hul hande daarop le. Soos korrupsie,Moord en diefstal, staatskaping werkloosheid en toelaes en afbrand wat toeneem in die land aangaan raak ek al hoe meer n rassis en ek dink baie van ons. En ons geskiedenis onder die mat wil invee

Judge Dredd ·

“Grondgryp” – chaoties of te nie – is steeds verkeerd.

Francois le Cochon ·

Miskien nie nou nie, maar wat n volgende ANC regering. Onthou, die grondwet is verander, en die grondwet se^ nie daar mag nie grondvergrype wees nie.

Felix ·

Per Netwerk24 vanmiddag en ek haal aan:

“Rioolstelsels in SA danksy apartheid, sê Malema
As dit nie vir die apartheidsregering was nie, sou Suid-Afrika onder die leierskap van die ANC geen rioolstelsel gehad het nie.”

Nou ja toe, daar het ons dit, uit die perd se bek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.