Coetzee ‘gestraf’ oor waarheid

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. (Foto: Solidariteit/Facebook)

As dr. Angelique Coetzee, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV), dit nie mag sê nie, sal hý dit sê, sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit: “Die [universiteite se] toelatingsbeleid is absoluut gegrond op ras.

“Dit is 100% waar, maar ons mag dit skynbaar nie sê nie en dit wys hoe dit absoluut normaal geraak het in die samelewing en dat ʼn mens dit amper nie mag uitdaag nie.”

ʼn Herrie het losgebars nadat Coetzee, ʼn uiters gerespekteerde dokter, in ʼn onderhoud op CapeTalk opmerkings oor toelatingsvereistes by mediese skole gemaak het. Coetzee het onder meer gesê die proses is hoogs verpolitiseer en dat mediese fakulteite raskwotas vir voornemende mediese studente het.

Die vereniging het hom kort daarna van Coetzee se opmerkings gedistansieer en sy het om verskoning gevra vir haar opmerkings. Die vereniging het Vrydag in die vroeë oggendure ʼn verklaring uitgereik waarin hy sê dat Coetzee as voorsitter bedank het, maar as gewone lid van die raad aanbly.

Hermann sê in reaksie op die debakel universiteite erken in hul toelatingsbeleid dat ras ʼn kernelement vir toelating is. ʼn Benadelingsfaktor word selfs bereken en dan word ʼn sogenaamde raspersentasie bepaal. Dan kategoriseer hulle ook studente volgens hul ouers se ras.

“Dit is ʼn stuk abnormaliteit wat nie uitgedaag mag word nie, ʼn heilige koei wat nie geslag mag word nie,” sê Hermann.

“En as jy die waarheid sê, dan word jy gestraf. As jy sê, ‘maar die keiser is kaal’, sal die keiser jou kop afkap, al ís die keiser kaal.”

Hermann sê universiteite se toelatingsbeleidstellings is op “growwe rassediskriminasie gegrond tot groot nadeel van wit studente en gesondheidsorg in Suid-Afrika”.

“Om gesondheidsorg in diens van ʼn rasideologie te plaas, is rasmal.”

Hy sê mense mag nie toelaat dat dit ʼn normale situasie word waar ʼn sogenaamde rasabnormaliteit glad nie uitgedaag mag word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Swerwer ·

Alles is deesdae rasse aangedrewe! Waarom kry diè wat dit implementeer het nou skaam? Is dit hoekom hulle mense wat die waarheid praat “straf”

Boeretroos ·

Kom Akademia kry alles in orde en begin medies e studies aanbied

Miskruier ·

Die staat wil nie eens die opleiding van verpleegters toelaat nie.

JohanR ·

Toe die ANC aan bevind kom het hulle alle verpleegster en onderwyser kolleges toe gemaak. En kyk waar is ons nou 28 jaar later. Die mediese end skoole beleid is ‘n gemors maar die ANC ploeg voort!

Raadsman ·

Die grootste probleem is dat die universiteiete standaarde aanpas om te verhoed dat slaagsyfer swart studente nie agterlaat nie en hier word ook druk toegepas van die regering af.
Deel van die groter probleem is dat almal wat dit kan bekostig wit dokters verkies wat al minder word.

Di ·

Dis nes jy daar se! Ons blankes moet altyd op eiers loop voordat ons die waarheid praat want die RASMAL meerderheid in die land WIL NIE die waarheid hoor nie. Dit is so duidelik soos daglig dat daar soveel onbevoegde mediese personeel is, dis hoekom die gesondheidsorg VERAL in die STAATSHOSPITALE so ‘n gemors is. “Our people” moet maar tevrede wees hiermee wat dit is die NORM wat die korrupte rasmal Regering daar gestel het.

SwartBees ·

Nes jy daar sê. Dan laat hulle n ma kilometers verloop met haar dooie baba in haar arms. Tragies.

Niemand mag praat oor die olifant in die kamer nie.

Johannes_64 ·

Mens hou nie van die verwysing van “Die vereniging het hom kort daarna van Coetzee se opmerkings gedistansieer ” nie. Waarom nie die persone se name noem wat hulle distansieer nie? Hoekom word individue nie meer aanspreeklik gehou nie, die individue het dan die dokter persoonlik aanspreeklik gehou. Die publiek het ‘n reg om die name van “vereeningings” wat sulke besluite maak te ken.

SwartBees ·

Want dis mos wat die wit mens doen, hy distansieer homself. Dis ons manier van saam staan.

Anton ·

Wonder of ons rasvoorkeure mag hê in die keuse van wie ons behandel. Gelukkig is ek darem redelik Spaans magtig, so ek kan darem my probleem aan die “dokter” verduidelik

Anel ·

Ek het nou die dag beswaar gemaak. Ek moes ‘n sonar kry en hulle stuur ‘n swart man. Toe sê nee dankie, ek verkies ‘n vrou, ‘n man maak my ongemaklik. ‘n Blanke dokter het dit toe kom doen. Verbeel jou, ‘n bors sonar nogal. Ek was baie verontwaardig.

Susan ·

Ek wil nie ‘n dr hê wat aan my raak met ‘n 30% slaagsyfer nie dankie!!

Jan ·

Ja. Al die universiteite se keuringsvereistes is sekerlik op skrif. Publiseer dit in die media dat almal kan sien.

VaalDonkie ·

Van die beste dokters is diegene wat in arm gebiede diens doen. Want hulle moet pasiente gesond kry met goedkoop medikasies. Hulle kannie net toetse voorskryf nie want die ouens het nie geld daarvoor nie. So hulle moet hulle breins gebruik.

domheks ·

Hulle kan gou keer as die WAARHEID gepraat word. Besef net sekere rasse het hoe standaarde en lieg nie sommer nie! Nie soos onse prez nie!

Jacobus ·

Probeer weer herhaal. Dr Coetzee het haar al moeilikheid op die hals gehaal toe die COVID chaos net begin het. Sjoe eerlikheid is ‘n rare kommoditeit. Respek DR.

Jakes ·

Hoekom emigreer so baie wit dokters? Die rede is voor die handliggend. Geen wonder dat duisende klagtes jaarliks by staatshospitale aanhangig gemaak word nie. Kom ons meet die standaard aan die die kriteria om as n dokter te kwalifiseer.

Hettie ·

Ongelukkig is die waarheid nie in SA aanvaarbaar nie. Jy moet diplomaties (lieg) wees en al die ongeregtigheid toesmeer. SAMV laat een van hulle meer gekwalifiseerdes loop net om die regering te paai ! skandelik !

Dries ·

Dankie dr. Hermann vir als wat jy vir ons doen. U is een uit n honderd wat vreesloos vir ons kinders veg

Heinrich ·

Snaaks dat dr. Coetzee nie die waarheid mag uitwys in toelatingsvereistes nie maar Malema mag rustig sy haat spoeg…geen dubbel standaarde hier nie né

Marius ·

Die SAMV moet net besef dat nie almal geslaag het met hulp van of 30% nie.
Sommige se IK is ook hoer as ander sin. Die waarheid is die waarheid en kan nie van weg geskram word nie . Baie dankie Dr. Hermann , dat jy se wat gese moet word.

Sandra ·

Ek dink as daar genoeg mense is wat daaroor praat, sal die Mediese Vereniging dit nie langer kan ontken of hulself kan distansieer van die waarheid nie.

RS ·

Absoluut waar! Alles is oor ras, kwotas en taal….as dit nie iets vir swart bevoordeling nie, word jy uit geskop of nie aanvaar nie. Polities gedryf.

Anel ·

Ek het al van hoeveel ki ders gehoor wat tot 10 onderskeidings gekry het, in die regte vakke, wat vir geen rede nie keuring kon kry nie, net soos vir veearts. Die punte vir toelating is ook anders vir die verskillende rasgroepe. En hoeveel van hulle slaag dan uiteindelik die volle kursus? Ek sal nie dat ‘n kubaan of enige van sy tipes ooit aan my vat nie. Dan gaan ek eerder veearts toe. So, as ons nou bevestig wat die dokter sê, gaan hulle ons wat?

Chris ·

Ek is in 2010 uit ‘n senior pos ontslaan agv “racial intollerance” deur wit kollegas. Die adders in jou boesem is gewoonlik die gevaarlikste.

Genis ·

Dis tyd dat ons mense ook net ons mense help… maar O WEE daar is soveel liberaliste daar buite wat vas glo ons gaan nog Afrika red…. Miskien moet almal weer die Sprinkan storie luister

Althes ·

SA sal op ñ baie beter plek wees wanneer die ekonomie nie rasgedrewe is nie. SA sal floreer en die burgers van die land sal meer verdraagsaam wees.

Danny ·

Ja, waarheid. Sekere wat verhewe is bo die wet mag uitlaat net wat hul wil, en die ander moet maar swyg. As ‘n ding moet uit moet dit luidkeels UIT!!

Wondermaarnet ·

Dit is mos die waarheid. My dogter wou haar honneursgraad vanjaar begin en spesialiseer in wiskunde, maar voldoen nie aan die vereistes nie al het sy haar graad , maar sy het haar graad
“geCUM”. Hoe verstaan mens dit? Op die aansoek moes sy invul watter ras haar ouers is en waar sy bly en toe skielik voldoen sy nie aan die vereistes nie, maar mede studente wat net net deurgekom het, kan hulle honneurs doen.

Willem ·

Apartheid, n verklaarde misdaad teen die mensdom is nog steeds aanvaarde beleid in sa

Samuel ·

Die waarheid word oral in SA geloën. Wanneer jy lieg, bedrieg en ‘n saamloper is, is jy veilig.

Dit lyk asof politici buite die ANC ook niks regkry nie.

Andre ·

Moet jy nou verskoning vra vir die waarheid. Die waarheid maak blykbaar seer

Frikkels ·

Die feit is, dit is al lankal so dat swartes nie rassisties kan wees nie. Die enigste rassiste in ons land is die blankes. Wat is so moeilik om te verstaan? Hulle probeer so hard om ons te onderdruk, of hulle op die lang duur gaan slaag sal net die tyd ons leer. Sovêr dit myself aangaan, ek is nie te vinde vir hulle onderdrukking nie en ook nie vir hulle skelmstreke en lieg en bedrieëry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.