Covid-19 in SA: ‘Onnodig vir paniek’

Die koronavirus (oftewel 2019-nCoV) (Grafika: CDC/Alissa Eckert, MS; Dan Higgins, MAM via Wikimedia Commons)

Dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die portefeuljekomitee oor gesondheid, waarsku ook Suid-Afrikaners teen paniek noudat die eerste geval van die gevreesde nuwe koronavirus (Covid-19) in die land waargeneem is.

Dít nadat pres. Cyril Ramaphosa Woensdag kort ná die nuus aangekondig is ʼn oproep om kalmte gedoen het. Die president sê Suid-Afrikaners moet wel paraat wees en enige simptome by ’n dokter aanmeld.

Volgens Dhlomo het dit duidelik geword nadat Zweli Mkhize, minister van gesondheid, die parlementêre perskorps toegespreek het dat die regering in staat is om enige bevestigde gevalle te hanteer.

Dhlomo glo die departement van gesondheid moet wel Suid-Afrikaners deurgaans op die hoogte hou om paniek of angs te verhoed.

President Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die virus het teen Donderdagaand die lewe van 3 280 mense geëis met 95 270 bevestigde gevalle oor 79 lande aangemeld.

“[Suid-Afrika] is nou op gereedheidsgrondslag. Ons sal wag vir die besonderhede van die situasie namate dit ontvou,” sê Dhlomo.

Nog geen ander gevalle is teen vanoggend in Suid-Afrika bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Piet parys ·

Ag mense moet nie bekommerd wees nie n Dr Van die WGO het vanoggend op DIE GROOT ONTBYT gese dat SA beter maatreels het as ander lande in die wereld . Duidelik was hy “gerattle ” toe Elsa hom daarop wys dat berigte in n koerant net die teenoorgestelde beweer.

Wensditwasbeter ·

Mmm. Nuutste stats sê 3389. Buiten Sjina is daar reeds 247 oorlede toe ek laas gekyk het. Teen 3.4% mortaliteit is dit baie meer as die gewone griep van minder as 1%. Suid Afrikaners is nie paniekerig nie, maar die ANC het reeds op omtrent 100% van hul beloftes misluk. Hoekom sal ons nou glo dat ons die infrastruktuur het om dit te hanteer, tewyl Engeland wat die tweede beste mediese sorg in die wêreld, erken het, hul is nie seker of hul dit sal kan hanteer nie. Ek verstaan hoekom die militêre personeel nie Wuhan toe wil vlieg om ons mede burgers te gaan haal nie. Wees kalm… Ons is. Ons is nie seker of die ANC dit sal kan hanteer nie.

Asgat ·

Onnodig vir paniek? Die persoon wat positief getoets het was eerstens op n’ vliegtuig met bemanning, en ander mense (hoekom is hulle nie in kwarentyn nie?). Tweedens het hulle by die lughawe geland, sekerlik moes hy sy bagasie gaan haal, hoeveel ander mense van ander vlugte het ook (is hulle onder kwarentyn?). Hy is toe na sy dokter waar daar sekerlik ander mense in die spreek kamer was, die verpleegster en ander werkers by die dokter se praktyk. Is al die mense nie ook veronderstel om onder kwarentyn te wees nie….. Ek vra maar net.

Wonder net ·

Om nie eers te praat van die kiddies wat al vir 3 dae skool toe is voordat hy positief getoets het nie. Intussen het hulle dit huis toe gevat, pappa het dit werk toe gevat, en mamma het dit na die hekel klas toe gevat. En so maak 2 mense 20 ander siek. Dit moes by die lughawe opgetel gewees het

Strandloper ·

Mmmm…. “Virus” gaan maar sukkel om die virus te bekamp…

isabelle ·

ek hoor hul se dis nie doodsake gesonde mense sal meestal herstel…dis maar die sierker mense en ouer mense wat soms afsterwe..?

ZeldA ·

95 270 gevalle en net 3280 mense is dood. Hier word meer mense uitgegemoor in SA as wat die virus kan.

Wensditwasbeter ·

Meer mense gaan moontlik aan COVID-19 en die gevolglike chaos wat saam met dit gaan en daarop volg, sterf.

ZeldA ·

Daar is 7.7 miljoen mense wat HIV het
2018 het 71 000 mense gesterf van dit
April 2017 – Maart 2018 is 20 366 mense doodgemaak (moorde) in SA. Daar word 57 mense elke dag in SA vermoor….
Verkoue… Ja commin flu… Maak 6000 tot 11000 mense dood in SA elke jaar.
M.a.w. die virus gaan mense dalk doodmaak maar ons lewe in n dodelike land, waar ons n beter kans het om gemoor te word as om die virus op te tel.

Louis ·

“Onnodig vir paniek” Ek stem beslis saam, MAAR wat nie gese word nie is dat daar ‘n ander “virus” is wat wat groter paniek behoort te ontketen, nie net in Suid Afrika nie, maar wat die potensiaal het om ‘n land, en sy mense se lewens totaal te vernietig. Die spoor van verwoesting is reeds Internasionaal sigbaar. ‘n Definisie volgens die HAT 665(1976) “Beginsels waarvolgens ‘n staat regeer word; kuns, wetenskap van regering van die bestuur van ‘n staat en die praktiese toepassing daarvan “Politiek”

Plaaskind ·

Ek dink die minster dra nie die publiek se belange op die hart om die area geheim te hou nie – mense moet juis in kennis gestel word om hulle voorkomingsmaatreëls in plek te kry. Wys weereens hoe eerlik die regering met die land is. Skandelik.

Pampoen ·

As die President sê jy moet kalm bly, dan is daar regtig rede tot kommer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.