Covid-19: Mkhize kap terug ná kritiek op regering se hantering van pandemie

Die minister van gesondheid sê die regering voer geensins aan hy het al die antwoorde oor die hantering van die Covid-19-pandemie nie. Hy sê ook dat nie sy departement óf die regering in enige stadium die raad van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 (MAK) geïgnoreer of nie daarop gereageer het nie.

Dr. Zweli Mkhize het teruggekap nadat daar die afgelope naweek ʼn duidelike gaping aan die lig gekom het tussen dít wat wetenskaplikes en kenners uitvind en voorstelle wat hulle aan die hand doen en die strategiese aanslag wat die regering ten opsigte van Covid-19 volg.

ʼn Herrie het losgebars nadat prof. Glenda Gray, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) en ʼn lid van die MAK, die regering se plan om die inperking stelselmatig uit te faseer as “onwetenskaplik en onsinnig” beskryf het.

Gray het gesê die landwye afsondering moet eerder onmiddellik gelig word en nie-farmaseutiese benaderings soos die was van hande, sosiale distansiëring en die dra van maskers moet gebruik word om te verhoed dat die virus verder versprei.

Volgens Gray het die stelselmatige uitfasering van afsondering geen wetenskaplike basis nie en die regulasies is skynbaar “uit die duim gesuig”.

Prof. Shabir Madhi, voormalige hoof van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) en ook ʼn lid van die MAK, het ook ʼn opmerking gemaak dat meer mense gaan sterf van siektes wat nie Covid-19-verwant is nie en dat Suid-Afrikaners nou self verantwoordelikheid vir hul gesondheid moet kan neem.

Mkhize het gesê die land bevind hom in onbekende terrein, maar dat ministeriële advieskomitees nie ongewoon in die departement is nie. Wetgewing maak daarvoor voorsiening en tans is daar soortgelyke komitees oor onder meer inenting, orgaanskenking en die nasionale gesondheidsversekering (NGV).

Hy sê die komitee oor Covid-19 het hom tot dusver van 50 aanbevelings voorsien en elkeen daarvan is aanvaar. Die aanbevelings is ook ingesluit in voorleggings aan pres. Cyril Ramaphosa se nasionale bevelsraad, wat dit verwelkom het.

Mkhize sê die president het die inligting deurlopend erken en verwelkom en dit gebruik in breër konsultasies en insette van ander departemente, die sake- en arbeidsektor.

Mkhize het nou verskeie van Gray se stellings weerlê.

Hy sê Gray se stelling dat daar vir die eerste keer in jare kinders met wanvoeding by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is, is vals en dat daar in Maart en April vanjaar inderwaarheid minder gevalle in vergelyking met die vorige vier jaar was.

Oor Gray se stelling dat wetenskaplikes die regering van raad voorsien wat hy nie gebruik nie, sê Mkhize elk van die 50 aanbevelings wat gedoen is, is aanvaar.

Wat betref die bewering dat die regering se strategie oor Covid-19 lyk of dit uit sy duim gesuig word, sê Mkhize verskeie faktore word in ag geneem en dat die opmerking die regering se werk ondermyn.

“Dit is onprofessionele en onvanpaste gedrag komende van ʼn lid van die MAK wat direkte toegang tot die minister en die departement het,” het Mkhize gesê.

Nog een van Gray se stellings lui: “Ons straf kinders, skop hulle uit die skool en ontneem hulle van onderrig. Waarvoor? Wat is die wetenskaplike bewys daarvoor?”

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Mkhize sê die departement van onderwys het verskeie vergaderings met rolspelers gehad oor die korrekte benadering tot die heropening van skole. Hy sê die minster van basiese onderwys, Angie Motshekga, oefen haar uitvoerende gesag uit gegrond op die inligting en bewyse voor haar en maak aanbevelings aan die regering oor die pad vorentoe. Mkhize sê dit is nie Gray se plek om sulke opmerkings te maak sonder dat sy al die detail oor die onderwysdepartement se strategie het nie.

“Uiteenlopende sienings van wetenskaplikes is gesond en word verwelkom. Die MAK bied ʼn platform vir lewendige debat deur die voorste wetenskaplikes wat leiers van verskeie gerespekteerde instellings en organisasies is.”

Hy sê hulle moet hulle egter van moontlik afbrekende gedrag weerhou en met die regering in gesprek tree soos wat hul mandaat van hulle verwag.

“Daar moet verstaan word dat die regulasies beïnvloed word deur insette van die publiek en dat [Gray se] siening oorweeg sou word as sy dit gegee het op ʼn tydstip wat daar vir openbare kommentaar gevra is. Dit is presies om dié rede dat die regering dapper genoeg was om wysigings wat gegrond is op openbare insette aan sommige regulasies te maak. Prof. Glenda Gray het gekies om nie dié platform te gebruik nie,” het Mkhize gesê.

“Ons stem dalk nie altyd saam nie, maar ons sal luister en oorweeg wat aan ons voorgelê word. Ons het gesê dat die regering nie die pandemie alleen gaan beveg nie. Ons het vennote in die samelewing nodig wat ons van raad kan voorsien en selfs sosiale gedrag kan aanmoedig om die verspreiding van die virus te bestuur.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Raakvatter ·

Lekker prof. Gray, ek dink jy het op paar tone getrap. Die dat Mkhize so loop en vure probeer dood slaan. Elk geval, jy moet onder ‘n klip woon om nie te agterkom sommige van die reels is regtig waansinnig nie.

Boerkind ·

Dit is baie duidelik dat hulle dieselfde onnosel benadering volg as die verwoesting van die ekonomie… net soveel kenners het toe ook gewaarsku, maar die “briljante” kaders weet altyd van beter. ANC, dit is tyd om opsy te staan – hoe vinniger, hoe beter. Kyk net na die belaglike “bevelsraad” – kommunistiese snert. Dieselfde idiote wat t-hemde en oop skoene beleide opstel en met regulasies afdwing, is met die totale res van die land besig. Dan wonder mense waarom dit lyk soos dit lyk. Hierdie is maar net die begin…

Manie ·

As hulle dan so vreeslik konsulteer met wie het hulle konsulteer om te sê ek mag nie ooptoon skoene dra nie. En wat van die t hemde.
En wie het voorgestel net 6 uur tot 9 uur oefen.
Dieselfde met sigarette, drank, gekookte kos
Ens ens ens.
Wonderlike advies wat geen sin maak nie.

Harry ·

Die klere gedagte lei my na die besluitnemer se eie persoonlike seksuele voorkeure.

Erica ·

Vertel ons dan met wie het julle so gepraat. Al wat ek hoor is almal staan teen julle op. Ek is moeg vir julle twak. Julle het nie n idee wat julle doen nie. Julle is bang vir n virus wat mense dalk kan van dood gaan, maar julle maak seker die mense gaan dood sonder kos. Rerig!!!! Gaan praat met n neut meskien glo die jou.

Jaco ·

daars n paar wit mense wat kla. our people is doodstil. aanvaar blykbaar die gemors wat besig is om geskep te word en wat eers erg gaan lyk nadat inperking eendag verby is.

Erica ·

Jaco, hulle dink dit is n wit man en vrou se probleem. Hulle kry kos pakkies die wit mense niks. Wag tot die kos op raak, want ek skenk niks vir hulle meer, ons fam maak by mekaar en ry een keer n week na ons wit plakkers kamp.

Piet parys ·

So dit is onprovesioneel om oor iets te praat waarvan jy praktiese kennis het . So Mikize is dit omdat sy n Professor is en wit is dat jy nie wil kop gee dat sy reg is nie of dat julle nie raad van wit kenners nie . Tipies van 94 af dis hoekom die staat in so n gemors is . Alles wat werk word tot niet gemaak deur onbevoegde onossele mense

capie ·

Jy aanvaar slegs insette en aanbevelings as dit saamstem met die beleid wat jy wil volg. As die waarheid dan uitkom van een van jou raadgewers soos nou, dan skel jy en se jy die persoon sleg soos nou. Die presiese reaksie wat jy nie moes gedoen het nie. ook maar …..

Oomniklaassevriend ·

Indien alle insette oorweeg was sou dit seker duidelik gewees het dat die pandemie wereldwyd totaal oorskat was. Wereldwye syfers van amptelike dodetalle is ook erg onder verdenking (te hoog) weens verskeie redes. Volgens huidige skattings kan die uiteindelike dodetal dalk so hoog as 40000 wees – 10000 minder as die aantal serftes gedurende die eerste twee maande van inperking aan ander oorsake as Covid-19. Die jaarlikse griep en verkoues het ongeveer 7000 sterftes tot gevolg. Tot dusver het daarongeveer 300 aan Covid gesterf -meeste met erg gekompromiteerde imuunstelsels. In die RSA het geen persoon onder 20 jaar met ‘n gesonde imuunstelsel nog gesterf nie en wereldwyd baie min. Die ekonomie word egter wel deur die inperkings verwoes. Genade leef MKhize op planeet Mars?

JohanR ·

Die reels wat uitgestippel is toe ons aanvanklik toegesluit is op 26de Maart, nou 56 dae gelede, agt weke gelede, amper nou twee maande gelede en counting, is dat ENIGE IEMAND wat lieg stories vertel oor Covid-19 sal vervolg word. Nou die kom uit EWN uit – Health Minister Zweli Mkhize has accused one of his COVID-19 advisory committee members of lying about an increase in malnutrition cases at Chris Baragwanath Hospital. Nou hier se ons 1ste Commandant van Gesondheid dat prof. Glenda Gray LIEG….prof. Glenda Gray LIEG. As ‘n berger van SA uys ek nou dadelik namens die Covid-19 reels as iemand lieg oor Covid-19, dat hulle moet vervolg word. Commandant stuur asseblief dadelik die plat pote na prof. Glenda Gray se huis, en plaas haar onder arres. Die ding is julle Kommuniste sal dit nie doen, of anders sal die land ontplof! Dit gebeur as die NCCC nou probeer om Covid-19 met die regter hand te beveg, en met die linker hand die Communist Manifesto te probeer aanstel!

quartus ·

Ek wonder nou net..waar is die ‘uwe’ se gesig masker???,goeie voorbeeld ne…

Jaco ·

‘n witmens en ‘n Indier kritiseer en dadelik word hulle vir sleg uitgekryt. ek wonder wat hulle gaan maak as een van “our people” hulle kritiseer…

Janc ·

Ek stem 100% saam met hierdie Prof. Elke persoon moet verantwoordelik wees vir homself in hierdie tyd. Teen nou weet almal wat die risiko’s is en het almal mooi geleer hoe om hulle hande te was. Italie, het sleg deurgeloop met hierdie covid19 virus, was 10 weke in lockdown en keer nou terug. Ons is al 9 weke in lockdown en geen sprake van wanneer ons uit hierdie gemors gaan kom om terug te keer na ons lewens toe nie! Cyril het wel gesê voor einde Mei, maar soos ons hulle ken sal dit seker ‘n dag voor die einde van Mei wees wat hulle weer die regering aanspreek. Magsbehep inderdaad! Covid19 gaan nog lank saam met ons wees, dus moet ons maar self voorsorg maatreels tref. As jy siek is, bly by jou huis, as jy enige van die drie siektes onderlede het, bly by die huis, maar om die hele land tot stilstand te bring, is totaal en al belaglik!

Nie Verbaas ·

Mkhize moet dink ons is onnosel. Meer mense het nie geld nie oor inperking wat hulle verhoed om te werk. Kospakkies word gestroop en in spaza winkels verkoop. Polisie gaan in mense se huise in en vat kospakkies. Dan vertel Mkhize daar is minder gevalle van wanvoeding? Leuens veroorsaak wantroue meneer Mkhize. As mens nie weet dat jy nie weet nie, loop dit op n ramp uit soos alle ander staats beheerde instansies n bewys van is.

Plaaskind ·

Die klomp is tog lagwekkend. Belaglik verby, intussen vergaan ons liewe land.

Werner ·

Ek dink die prof weet darrem waarvan sy praat wat se kennes het die sogenaamde minister

Scalla ·

Die covid 19 pandemie word gebruik om onbevoegdheid te verberg.

Adam Adriaan ·

En kan hulle lank konsulteer!! Dae aaneen met, geen resultate nie. Lyk my na elke tee tyd het die spul alles vergeet wat voor die teetyd bespreek is. Dan moet jufrou weer die lessie herhaal. Om te verstaan en te onhou is ‘n nuwe ervaring. Vertraging taktiek. Om die oorhoofse plan wat voorgeskryf word te laat realiseer.

marius ·

Sy is wit en nou braak hy gal . Waar kom die virus. vandaan ? Hoeveel is betaal vir Madagaskar se kruie middel tee hulp ? Dis wat ons wil hoor , uit sy mond .

Hennie ·

Lekker, nou kan Prof Gray met konkrete feite die wònderlike kenniskarretjie van die “slim” man in die sg parlement darem lekker omgooi. Hulle sê mos jy is oningelig, ongekwalifiseerd en doelbewus skoorsoekerig in jou siening van die pandemie hantering. Slaan hulle, maar slaan hard professor sodat ons burgers kan weet wat die waarheid is sodat ons ons planne kan maak vir die sinvolle beheer van die pandemie asook die reeds vernietigde ekonomie asook die belangrikste, die beheer en vernietiging van die gròòtste virus van ons tyd genaamd die ANC virus wat reeds 26 jaar lank die algemene welstand van hierdie land en sy mense bedreig. Dis tyd vir vastrap mense, dis tyd!!

4ntj13 ·

Dis nou genoeg kleigooiery! Daar is twee fundamentele dinge kort hier aan alle kante: Die eerste is deursigtigheid, en die tweede is tydige responsiwiteit. Sonder dat hierdie twee olifante eers aangespreek word, twyfel ek of enigiemand se siening wat reg mag wees, behoorlik kan waardeer word. Eers dan sal almal veilig voel om insette te lewer, en voel daar word na mense geluister en nie net geregeer nie.

Danie ·

Ek wil graag vir Mkhize net een vraag vra. As julle in sodanige beheer is hoekom dan gee jou nasie nie gehoor aan julle reels en regulasies nie of is dit net op toepassing vir wit mense. Ek ry elke dag die ou pad van Kempton na Secunda en dan sien ek Davyton, die plakkerskamp net voor jy Springs inkom, die plakkerskamp net buite Springs en die kleiner dorpies Eendragt, Leandraen Kinross en 90% van die mense loop sonder maskers, loop en hou mekaar vas, staan in bondels en praat sonder enige masker, die taxi’s ry mense se maskers hang onder hul ken en die drywer dra nie een. Nou vra ek jou Mkhize waar is jul beheer maar laat ek nou in my motor ry sonder een dan trek julle my af en beboet my. Julle ry tussen die witman se huise in Kempton Park met groot luidsprekers en skree stay in your homes no children to play in the streets maar in jou townships gaan hulle mal, braai vleis, speel sokker en hardloop die strate vol. Waar is die joernaliste wat dit moet openbaar maak.

Alleen Wolf ·

Die eintlike mense wat hulle probeer beskerm vee hulle gaaie af aan die regulasies en ons wat weet hoe om onsself te beskerm word getreiter en finansieel gebreek

Danie ·

Ek stem nie saam nie. As jy almal op een slag terug stuur is die kanse tot blootstelling baie groter. Ek dink om dit stelselmatig te doen is die regte manier. Mense se lewe is op die spel so hoe kleiner die risiko hoe beter. Ja ons sukkel bietjie maar ons spaar lewens. Dankie tog baie van julle is nie in beheer nie dan was almal al dood. Dis maklik om te sê was jou hande en dra ‘n masker. Kinders is nie verantwoordelik genoeg om dit sommer toe te pas nie. Een kind kan ‘n klas aansteek en die vat dit huis toe en steek die mense by die huis aan. Verstaan julle dan nie?

Erica ·

Nee kyk ek weet wat ek moet doen om dit nie te kry nie. Daar gaan baie meer mense sterf van honger as die virus. So met dit gese, mense staan op oor hul dom reels. Ek sal koop wat ek wil, oop skoene en T-hemde wat niks met n virus te doen het nie. Of mis ek iets? Gaan die virus nou op my spring met oop tone en T-hemp aan. Dink nie so. Bewys my verkeerd.

Frans ·

Die beste is om nie emosioneel betrokke te raak nie-maar om nugter oor die saak te dink.Professor Gray het duidelik gemaak dat sy nie teen inperking per se is nie maar wel teen die onnosel regulasies wat uit dit voortgespruit het wat absoluut geen wetenskaplike grondslag het nie en volgens haar uit die duim gesuig word en mi uit die duim van een vrou met teveel seggenskap in die saak.

Willem ·

Dis feite Danie waar ek woon is ons glad nie op vlak 4 nie eerder 2 dis net sigarette en drank wat nie deel is van die sirkus nie. Jy noem die informele nedersettings in jul omgewing wat doen net wat hul wil en geen infeksies opdoen nie. Lyk na n Wes Kaap virus .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.