Covid-19: Só lyk jongste statistiek

‘n Kliënt besoek ‘n winkel in Plettenbergbaai. (Foto: David Ritchie/ANA)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Maandagaand die jongste Covid-19-statistiek vir Suid-Afrika bekend gemaak.

Altesaam 7 220 gevalle van die koronavirus is teen Maandagaand in Suid-Afrika aangemeld met 2 746 persone wat teen 2 Mei 2020 reeds herstel het. Nog sewe persone is oorlede en dit bring die dodetal op 138 te staan.

Altesaam 257 541 toetse is tot dusver gedoen, waarvan 128 149 deur die privaat sektor en 129 392 deur die openbare sektor gedoen is. Altesaam 11 794 toetse is die afgelope 24 uur hanteer.

Mkhize het gesê ses van die sterfgevalle is in die Wes-Kaap aangemeld en een in KwaZulu-Natal.

“Op 2 Mei 2020 was 411 mense landswyd gehospitaliseer,” het Mkhize verduidelik. “Dit verteenwoordig ongeveer 5% van alle Covid-19-pasiënte en vergelyk met die hospitalisasiekoers in China. Ons dodetal bly stabiel op ongeveer 1,9% sedert die eerste sterfgeval aangemeld is. Dit is laer as die wêreldwye gemiddeld wat, volgens die Wêreldgesondheidorganisasie, op 3,4% staan.”

Provinsiale statistiek:

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Brett ·

Die lyk meer nou meer en meer na populasie beheer, mag nou 7 dae reis tussen die profinsies…… Besmet die helle land…. Dus wat hulle wil hê……. Misbruik van mags posisie…

Barbara ·

lig die verbod. die mense koop in elk geval op die swart mark. Ek is self ń NIE roker. maar elk een moet self verantwoordelikheid neem in die tyd. so as hy of sy wil rook los hul om te rook.

Martie ·

En dit kom vanaf die Fase-5 grendeltyd… 2 weke gelede het mense nog probeer om tuis te bly…. ek sidder om te dink hoe gaan die getalle oor 2 weke lyk

Lorna ·

Ai waar is hoop van level 3 met soveel getalle elke dag
En dan is ek n roker maar kan wragtag nie die swartmark pryse bekostig nie
Ek moet kies of my diere of rokies so my diere wen
Maar as sigarette weer oop is sal ek weer rook
Maar van die os op die was ek vertrou nogsteeds nie gevalle van regering nie

ᛄᚪᚾ ·

Waarom styg die nuwe infeskies so vinnig in die Wes Kaap? Ek sal graag `n meer in diepte analiese wil sien oor die plekke waar die infesksies voorkom.

Lorna ·

In ander berig gelees omdat hul vinnger daar spoor volg as enige ander profinsie hul soek die virus wag nie dat virus hul volg nie

Marina ·

Ek dink jy gaan lank wag om daai indiepte analise te sien, indien ooit en gaan dit ooit die ware syfer wees?? dit is die ander vraag

Marina ·

Hierdie syfers gaan een of ander tyd in elk geval “gekook”word, as dit nie al klaar die geval is nie. Ons sal nooit die regte syfers weet nie. Die “mense” geniet nou hulle magsposisie wat gaan beteken dat ons of nog baie lank onder lockdown gaan wees of hulle gaan die syfers so aanpas dat ons ewe skielik op vlak 1 gaan beland. Enige iets op hierdie stadium is moontlik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.