Covid-19: So lyk nuwe gevalle, soveel reeds ingeënt  

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 503 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 429 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 503 796 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 49 053 nadat nog 113 sterftes aangemeld is: twee in die Oos-Kaap, 12 in die Vrystaat, 17 in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, 69 in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en tien in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 412 015 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 93,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 892 515 toetse vir Covid-19 gedoen, 24 856 sedert die vorige verslag.

Meer as 15 300 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:00 Sondag teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap193 68212,9%
Vrystaat79 4005,3%
Gauteng401 99526,7%
KwaZulu-Natal327 00121,7%
Limpopo61 4634,1%
Mpumalanga70 1274,7%
Noordwes60 2974%
Noord-Kaap33 5852,2%
Wes-Kaap276 24618,4%
Totaal1 503 796100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 206181 784692
Vrystaat3 07769 3157 008
Gauteng9 481388 0884 426
KwaZulu-Natal9 464302 80114 736
Limpopo1 78558 5321 146
Mpumalanga1 22767 4421 458
Noordwes1 12655 7263 445
Noord-Kaap65230 1592 774
Wes-Kaap11 035258 1687 043
Totaal49 0531 412 01542 728

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieter ·

Meer as 15 300 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:00 Sondag teen Covid-19 ingeënt. Sluit hierdie VIP’s in?

Kan ons dalk so bietjie stats hou op die ook asseblief?
Hulle beoog mos om meerderheid teen einde 2021 te ent en ek sal graag wil sien hoe hulle vaar (dit is te se as hulle nie weer die nommers kook nie).

Hulle het 17 Februarie 80 000 dosisse ontvang en teen Sondag 21 Feb is 15 300 mense geent. So dit maak omtranet 3825 mense per dag. As hulle 4000 mense per dag ent sal dit hulle 5141 dae neem om die res van die 20 564700 dosisse wat nog oppad is op te gebruik. 5141 is omtrent 14 jaar.

Hulle sal nader aan 65 702 mense per dag moet ent om hulle deadline van einde 2021 te maak. En dit is as hulle vandag begin. As ek reg onthou het ons nou slegs 80 000 dosisse ontvang en sal oor einde Feb nog 500 000 ontvang en daarna einde maart 20 000 000. So hulle gaan agter raak ook….

Gerhard ·

EK glo darem hulle sal nog een of twee personeel aanstel om die tempo mee op te jaag.

Jy kan nie verwag dat inentings uit die staanspoor teen maksimum kapasiteit sal gebeur nie. In die wereld waarin ek elke dag leef werk niks so nie.

Feite ·

En in Amerika ent hulle 1.5 miljoen mense in n dag! En blykbaar wil hulle die getal nou spoedig verdubbel. Nie n kat se kans dat ons narre eens n paar duisend per dag kan ent nie. Teen die tyd dat hulle hierdie besending klaar gemaak het is die kanse groot dat daar alklaar n nuwe variant ontwikkel het.

Francois Le Cochon ·

Feite, ons narre kon darem reel dat SA die eerste land in die wereld is wat die J&J entstof kon gebruik.

Snowball ·

Na aanleiding van die chaos hierdie naweek by die Steve Biko hospitaal, (Baragwanath was nie gebruik nie, alhoewel dit die enigste ander fasaliteit is wat inentings in Gauteng toedien) waar mediese personeel URE in eindelose rye moes wag vir inentings wat laat was, lyk die toekoms beroerd. Weereens is die spektakels in beheer nie in staat om dinge deeglikk en georganiseerd te laat verloop nie. Hoe chaoties gaan die wees as Jan Publiek tydens fase 3 uiteindelik die vergunning van die kommuniste kry om darem ingeënt te mag word?

Anti-Verkramp ·

Jy moet in gedagte hou dat net gesondheidswerkers nou ingeent word by slegs ‘n paar inentingspunte (by sekere hospitale). Sodra die bree publiek ingeent word, gaan daar oral inentingslokale wees.

AntiMarxistZA ·

@Pieter, ek is ook nogal geneig mee meer waarde te heg aan die opinies van onafhanklike dokters wie nie deur regerings of farmakologiese maatskappye befonds word nie, as aan dié van politikusse, wanneer dit by viruse kom.

Ek is wel bekommerd oor die intelligensie vlak van ons gesondheidswerkers en hulle gierigheid om opinies van onafhanklike dokters wie nie deur regerings of farmakologiese maatskappy befonds word nie, in te win. Daar was ‘n tyd wat kinders toegelaat is om buite te speel met vuurwerke en skietgoed, sonder toesig. Die dommes het dit nie gemaak nie.

Miskien het te veel dommes dit later gemaak… Miskien gaan die dommes dit nie dié keer maak nie…

Pieter ·

Volgens ‘n Tjeggiese mikrobioloog is dit beter om nie ingeënt te word nie, omrede:
1. Inenting verlaag jou immuniteit
2. Inenting veroorsaak virus mutasies
3. Inenting beskerm jou nie teen Covid-19 nie in die medium termyn en teen ander variasies nie
4. Inenting maak jaarlikse inentings noodsaaklik

Met ‘n herstelkoers van oor die 93% is dit duidelik dat ons in ‘n vreespandemie lewe.

My beeste dip ek nooit nie, alhoewel mede boere en sekere veeartse vir my lag. Die beeste is in ekologiese balans met bosluissiektes, tot voordeel van die ekologie (minder gifstowwe) wat beteken meer miskruiers, renostervoëls en gesonder vleis vir die verbruiker. Die 3% wat tog siek word, word 100% suksesvol behandel.

Indien die inentings nadelige gevolge in die langtermyn inhou, wis ons nou ons totale ingeënte gesondheidwerkerskorps uit. Dit is nou biologiese oorlogvoering, met liefde uit China.

Danie ·

Omdat n Tjeggiese Mikrobioloog nou sy mening gelig het moet ons nou almal na hom luister, maak nie saak dat duisende ander dokters die teen deel se nie?

Baardman ·

Tog is jy kleintyd ook ingeent teen ander siektes, of hoe?

Gerhard ·

Ek dink nie almal lees noodwendig hierdie kommentaar nie. Stel voor jy gaan deel die kennis met die rye en rye mediese personeel wat by Steve Biko oplyn vir inentings. Sterkte en veilig ry.

Anti-Verkramp ·

Die blote feit dat mediese personeel (ook dokters) bereid is om in lang rye te gaan staan vir inenting wys jou hoe belangrik en dringend hulle dit beskou. Die Tsjeg is nie eers ‘n dokter nie en nog minder ‘n spesialis in vaksinering. Dis nou amper soos ‘n paramedic wat hom as ‘n hartsjirurg voordoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.