Covid-19-statistieke: Aktiewe gevalle daal steeds

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Altesaam 768 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 2 907 619 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 2,7%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (25%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (20%) en Gauteng (17%). Die totale aktiewe gevalle is 36 679.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 87 922 nadat nog 103 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 783 018 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 95,7%.

Suid-Afrika het tot dusver 17 828 983 toetse vir Covid-19 gedoen, 28 549 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 110 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 6 036 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 18,2 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap65291 005
Vrystaat60161 823
Gauteng127917 054
KwaZulu-Natal193512 830
Limpopo20121 926
Mpumalanga51151 142
Noordwes53149 768
Noord-Kaap4891 171
Wes-Kaap151510 900
Totaal7682 907 619

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap14 923274 647
Vrystaat6 771149 593
Gauteng19 411896 235
KwaZulu-Natal14 636481 868
Limpopo4 004116 735
Mpumalanga1 972148 623
Noordwes4 144143 414
Noord-Kaap2 20183 947
Wes-Kaap19 860487 956
Totaal87 9222 783 018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Casper ·

Die Noord-Kaap is die grootste provinsie met die kleinste populasie en mense bly vêr uitmekaar uit.Hoeveel mense gaan in die provinsie oorbly as die pandemie verby is.

Karel Kobus Kruger ·

Ons geboortesyfer oorskrei ons totale sterftesyfer by verre. So na die pandemie gaan daar in die Noord-Kaap, SA en die wêreld meer mense wees as voor die pandemie.

VaalDonkie ·

Ek wens mens kon die getalle vertrou. Weet die virus dat ons naby aan stemdag is of wat?

Nicolaas ·

Hierdie virus is baie slim, hy bly weg van ‘n restaurant, kroeg, optog, taxi, winkelsentrum maar die vet weet hy is orals anders en hy wag vir jou.

Nicolaas ·

Hierdie getalle is so vêr uit. Ek sê dit weer, en sal dit aanhou sê, wie gaan R350 – R900 spandeer op ‘n toets as jy moet kos voorsien vir jou gesin? Ons sit al lankal verby 70% van die populasie wat hierdie gehad het.

Nicolaas ·

17,828,983 toetse x R625 (gemiddelde koste tussen verskillende toetse) = R11,143,114,375.00

Alida ·

Jy hoef nie soveel te betaal vir n toets nie. Staatshospitale en staatsklinieke toets gratis.

Francois Le Cochon ·

Dieselfde mense wat in lang rye staan by binnelandse sake, verkeersafdelings, banke, Macdonalds, kruideniers winkels, kaartjie verkope, stemdag, lughawens……

Nicolaas ·

Francois Le Cochron, ek twyfel sterk. Prioriteite, en ‘n toets is nie op daai lys nie.

VaalDonkie ·

Nicolaas, kom ek vertel jou: as jy staatshospitaal toe gaan vir ‘n COVID toets en jy’t NIE COVID gehad toe jy gegaan het nie, gaan jy COVID optel terwyl jy in daai ry staan. No thank you.

Nicolaas ·

VaalDonkie, 100% en meeste mense weet dit ook, en sal nie gaan nie.

piet ·

Ek dink nie 70% van die populasie het dit al gehad nie. Mense word elke dag getoets en selde is meer as 20% wat getoets word op enige gegewe stadium positief. Dit behoort ‘n aanduiding te gee van welke persentasie van die bevolking al Covid gehad het.

Pieter ·

Kookspul. Kan in elk geval die korrupte ANC met niks vertrou nie, buit Covid uit om met die grendeltyd voort te gaan en korrupsie daaruit te trek. Na die verkiesing, kom Kers vakansie het ons die 4de golf om sekere bedrywe weer na te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.