Covid-19-statistieke: Byna 12 000 het reeds herstel

Argieffoto (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Dr Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Maandagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekend gemaak.

Teen Maandag was daar 23 615 bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika. Altesaam 596 777 toetse is reeds gedoen waarvan 12 922 toetse die afgelope 24 uur gedoen is.

Nog 52 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld en dit bring die algehele dodetal op 481 te staan.

Mkhize het gesê 11 917 persone het reeds van Covid-19 herstel.

Provinsiale statistiek:

Sterfgevalle volgens ouderdom:

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dries ·

Ek glo nie die syfers wat geraporteer word deur die gesondheid dept is die ware syfers nie hulle moet maar vir die mense die ware syfers deur gee

Amatambo ·

Ek stem, Dries! En sommer ook met die waarheid uitkom waaraan mense dalk WERKLIK gesterf het…

Amatambo ·

Wanneer mense van ‘n siekte herstel is dit goeie nuus, maar met mense wat deesdae sterf – na bewering agv Covid – ontstaan die vraag: Was Covid WERKLIK die oorsaak, of het van daardie afgestorwenes dalk iets anders onder lede gehad – bv. kanker, VIGS of TB of ‘n hart probleem, of wat ookal wat buitendien hulle dood sou veroorsaak het, maar wat aan COVID toegeskryf word? En wat van blote ouderdom? Ek onthou egter hier aan die begin waar berig is dat ‘n ou dame – ek DINK dit was gesê dat sy 101 jaar oud was – van COVID herstel het… daar word dikwels gespekuleer dat X-aantal aan COViD dood is, MAAR geen verdere berig oor watter ander onderliggende toestande daardie mense gely het – en wat buitendien hulle dood sou veroorsaak het nie… kyk, ek stry nie dat COVID ook dodelik kan wees nie, maar persoonlik wonder ek of die syfers dalk oordrewe is?

Loompa ·

Hulle het nog net 1% getoets van ons liewe SA bevolking.
Uit die totale toetse wat wel gedoen is – is daar 3.96% positief Covid 19 getoets.

So, dit wat ek aflei as die hele SA getoets is op die stadium sou ons heelmoontlik al 2.3Miljoen gevalle aangeteken het.

Hulle sal baie meer moet toets om by die ware syfers uit te kom.

PH ·

Die Nasionale laboratoriums wat die toetse vewerk, het ‘n agterstand van 18000 uitstaande resultante vir die Weskaap alleen. (News24). Bg syfers dus baie onvolledig

Simoné ·

Ek wonder of hierdie herstel syfers is waneer mense NET VAN SIMPTOME herstel het, en of hulle heeltemal vry is van die virus? Ek glo niks van die goed nie, ek glo daar is baie meer siektes, en dat hulle paniek vermy deur die syfers deur te gee.

Johann ·

Ek glo nie die syfers is korrek nie. Kan hulle vir ons die COVID 19 TOETSE se syfers in PROVINSIES opbreek asb. Ek dink en dit is ( my eie opinie ), dat daar meer in die WES KAAP getoets word vir CV 19.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.