Covid-19-statistieke: Eerste sterfte in Mpumalanga aangemeld

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: GCIS)

Die aantal bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus in Suid-Afrika nader die 50 000-kerf met die eerste Covid-19-sterfgeval in Mpumalanga nou aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand in ’n verklaring gesê altesaam 48 285 bevestigde gevalle van Covid-19 is in dié stadium in die land aangemeld. Dít dui op ’n toename van 2 312 nuwe gevalle binne 24 uur.

Volgens Mkhize het Mpumalanga gedurende dié tyd sy eerste sterfte weens Covid-19 aangemeld. Die land se dodetal staan nou op 998.

Meer as die helfte van die land se Covid-19-pasiënte (24 364) het egter reeds van die virus herstel, het Mkhize gesê.

Volgens die minister is nog 28 395 toetse intussen uitgevoer. Altesaam 920 064 is nou reeds gedoen waarvan 52% (474 987) in die openbare sektor uitgevoer is.

Verspreiding van Covid-19-sterftes volgens ouderdomsgroep:

OuderdomsgroepGetal sterftes
0-92 (0,2%)
10-193 (0,3%)
20-2911 (1,1%)
30-3953 (5,3%)
40-49119 (11,9%)
50-59249 (25%)
60-69271 (27,2%)
70-79186 (18,6%)
80-8982 (8,2%)
90-9922 (2,2%)
Totaal998 (100%)

Sterftes volgens geslag:

Mans VroueTotaal
525473998

Sterfte- en herstelsyfers volgens provinsie:

Provinsie SterftesHerstel
Oos-Kaap1012 666
Vrystaat9152
Gauteng472 428
KwaZulu-Natal611 378
Limpopo3158
Mpumalanga1102
Noordwes173
Noord-Kaap141
Wes-Kaap77417 366
Totaal99824 364

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Michael 1 ·

Ek sou sê die eerste geval waarvan die mega intelligente mense van weet.

Willem ·

Gee die syfers wat jul weier om vir die DA te gee dan kan ons self besluit

Adam Adriaan ·

Hou op om toetse te doen dan stop die pandemie net hier en almal sal kalm wees en aangaan met hulle daaglikse besigheid. Die regering is die oorsaak van die histerie

Gideon ·

Net toe dink ek het nou al als gehoor… As mens nie toetse doen nie, dan gaan die virus nie versprei nie.

eksalnievergeetnie ·

Regtig, so dis die toetse wat die virus versprei?!

Niklaas ·

Ek wonder hoe akuraat is hierdie syfers wat deur die media bekend gemaak word ? Sal graag wil weet waar in die provinsie.

eksalnievergeetnie ·

Op die einde van die dag is dit nogsteeds iemand wat afgesterf het met familie en vriende en wat heel moontlik geliefd was deur iemand. Niks om oor te lag nie.

Pappa Beer ·

Regtig!?! Hierdie syfers wat deur gegee word is blatante leuns, ek hou maar rekord van dag een af en DUIDELIK kan niemand in hierdie fantastiese regering nie somme maak nie, of hulle het skielik op “the fountain of youth” afgekom. Want mense wat al moes afgesterf het het skielik weer lewendig geword en wys nou net simptome, mense wat simptome gehad het is skielik onder kwarantyn. Dis n dekmantel van leuens om weg te steek wat regtig aangaan. Diefstal uit staats-koffers (kOffers, asb ek gebruik n “O”), onderlingse geld wassery, onwettige omkoopgeld ens. Dis voor die hand liggend dat die toestand van die land absoluut niks met covid uit te waai het nie, en als is n staatsgreep en verwydering van menseregte en konstitusionele vertrapping. En dan moet ons om n kampvuur sit en handjies vashou en “liefde en vrede” sing? Not n Tiekie, nie in my boek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.