Covid-19-statistieke: Hier is die jongste syfers

(Argieffoto: Unsplash)

Die getal nuwe Covid-19-gevalle, altesame 10 685, is hoër as ʼn dag gelede (7 983), maar is steeds laer as die sewedaggemiddeld (11 075).

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die getal laboratoriumbevestigde gevalle staan nou op 2 624 254. Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 20,4%.

Nog 553 nuwe sterftes is aangemeld, wat die algehele sterftesyfer op 77 993 te staan bring.

Meer as 15,6 miljoen toetse is tot dusver vir die virus gedoen.

Nuwe toetse:

  • Private sektor: 20 974 (40%)
  • Staatsektor: 31 293 (60%)
  • Totaal: 52 267

Meer as ʼn kwart van nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (26%), gevolg deur KwaZulu-Natal (21%), die Oos-Kaap (17%), Gauteng (11%), die Vrystaat, Mpumalanga en Noord-Kaap (6%), Noordwes (5%) en Limpopo (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 1 831
  • Vrystaat: 637
  • Gauteng: 1 221
  • KwaZulu-Natal: 2 288
  • Limpopo: 215
  • Mpumalanga: 603
  • Noordwes: 485
  • Noord-Kaap: 660
  • Wes-Kaap: 2 745
  • Totaal: 10 685

Nog 526 mense is in hospitale opgeneem, ʼn styging in vergelyking met die 331 wat ʼn dag tevore vir Covid-19-verwante redes opgeneem is.

Daar is tans 153 128 aktiewe gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika en 2 393 133 mense het reeds van die siekte herstel.

Volgens die nasionale gesondheidsdepartement is 181 862 mense gister teen Covid-19 ingeënt en tot dusver het meer as 9,7 miljoen mense die entstof ontvang.

Inentings per provinsie:

  • Oos-Kaap: 1 253 536
  • Vrystaat: 520 496
  • Gauteng: 2 438 719
  • KwaZulu-Natal: 1 786 802
  • Limpopo: 1 062 252
  • Mpumalanga: 463 454
  • Noordwes: 509 290
  • Noord-Kaap: 187 270
  • Wes-Kaap: 1 531 319

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

efjy ·

Hoe lank gaan dit nog neem om die ondersoek na die oorsprong van die virus te ondersoek. Wie ook al daarvoor verantwoordelik is, hetsy met opset of per ongeluk, is diep in die skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.