Covid-19-statistieke: KwaZulu-Natal het steeds meeste nuwe gevalle

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Suid-Afrika het teen Saterdagaand altesaam 2 919 332 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 449 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 23 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 88 914 te staan bring.

Altesaam 2 811 178 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. Daar is tans 19 240 aktiewe gevalle van Covid-19.

Altesaam 28 196 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 14 421 (51%) in die private sektor en 13 775 (49%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (20%), gevolg deur die Wes-Kaap (18%), Vrystaat (15%), Gauteng en Noord-Kaap (10%), Noordwes (9%), Mpumalanga (8%), Oos-Kaap (6%) en Limpopo (4%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • KwaZulu-Natal: 88
  • Wes-Kaap: 82
  • Vrystaat: 67
  • Gauteng: 47
  • Noord-Kaap: 43
  • Noordwes: 39
  • Mpumalanga: 38
  • Oos-Kaap: 26
  • Limpopo: 19

Die departement het aangedui dat altesaam 21 300 098 inentings teen Saterdagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Gevalle aangeteken is nie noodwendig van inwoners uit die omgewing nie. Limpopo word as die ‘gesondste’ aangedui syfer-gewys maar ons liewe taxi’s vlieg heen-en-weer en olikes reis na plekke waar hulle glo hul goeie of beter hulp sal kry… Baie pasiënte in Bloemfontein kom gereeld vanuit buurstate so ook talle studente en Sassaïte. Deesdae het mense ook ‘n ID vir elke geleentheid.

Andre ·

Gelukkig gee die kenners darrem altyd in hul onderhoude die redes vir die volgende inperking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.