Covid-19-statistieke: Meer as 10 000 nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Minstens 2 988 148 mense in Suid-Afrika het nou al Covid-19 opgedoen nadat nog 11 535 nuwe virusgevalle Donderdag aangemeld is.

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 22,4%.

Prof. Salim Abdool Karim, epidemioloog en voormalige voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19, het Maandag gewaarsku dat die nuwe Omikron-variant waarskynlik ʼn styging in Suid-Afrika se koronavirusgevalle tot gevolg sal hê.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke is daar is nou 47 328 aktiewe virusgevalle in die land.

Die meeste nuwe gevalle is weer in Gauteng (72%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (6%), KwaZulu-Natal (5%), Limpopo, Mpumalanga, Noordwes (elk 4%), die Vrystaat en die Oos-Kaap (2% elk) en dan die Noord-Kaap (1%).

ProvinsieNuwe gevalle op 2Desember 2021
Oos-Kaap194
Vrystaat251
Gauteng8 280
KwaZulu-Natal630
Limpopo421
Mpumalanga454
Noordwes497
Noord-Kaap81
Wes-Kaap727
Totaal11 535

 

Nog 44 Covid-19-verwante sterftes is bevestig, wat die totale getal sterftes op 89 915 te staan bring. Minstens 2 850 905 mense in Suid-Afrika het reeds van Covid-19 herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 19 580 433 Covid-19-toetse uitgevoer, waarvan 51 402 mense Donderdag getoets is.

Altesame 2 904 mense word tans vir die koronavirus in die hospitaal behandel nadat nóg 274 mense sedert die vorige verslag opgeneem is.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 153 240 dosisse van die entstof Donderdag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

marius ·

Daar word gegil dat ander lande drakonies is met reisverbod . Wat gaan jy sondag vir die mense se paddapot .

Cruise ·

Is daar dalk statistieke beskikbaar oor hoeveel van die nuwe gevalle ingeënt is of nie? Behoort interessant te wees…

piet ·

Hoekom hou julle aan met hierdie storie as julle weet dat jy steeds die virus kan kry as jy ingeent is? Jou kanse is egter minder om aangesteek te word, baie minder om hospitaal toe te gaan en nog minder om dood te gaan. Verstaan ons nou vir eens en vir altyd dat die entstof jou risiko verminder in al die gevalle en dit is oral ter wereld bewys? Ja, die statistieke is van oral in die wereld beskikbaar, LEES.

Hendrik ·

Kom ons lees ‘n bietjie wyer wat op TV gese word en sien hoe verslae wat inenting newe effekte weerhou om in die media gepubliseer word.

B-Man ·

Ek dink Cruise moes eerder vra hoeveel van die nuwe sterftegevalle was ingeënt? Dit sal vir my interessant wees om te weet. Dalk kan MM vir ons grafieke bysit van hoe die aantal sterftes vergelyk met mekaar voor en na die inentingsprogram begin het.

Nicolaas Hendrik ·

Die wetenskaplike is beter as Siener v. Rensburg

Maggies ·

Is dit nie vreemd dat daar deur die verkiesings tydperk so min gevalle was nie? Nou net voor die fees seisoen en vakansie dae tel al die syfers teen ‘n verskriklike spoed op.
Vreemde virus wat so goed kan voel wat aangaan in wêreld.

Erik ·

Maggies glad nie. Die verkiesingsdatum was bepaal saam met statici sodat die gevalle juis min sou wees op daardie stadium.

Erik ·

Dis vir my vreemd dat ons regering optree soos die van meeste eerste wêreld lande wat hierdie pandemie betref, maar dat die meerderheid Afrikaners en nie-Afrikaners hulself nie laat inent nie.

Aan die een kant kla almal oor ons regering se inentingsveldtog, maar aan die ander kant is dit juis die mense wat derde wêreldse tendense nastreef en nie laat inent nie.

Die heel beste bron is om met iemand wat in ‘n Covid ICU werk te gesels. Hulle is daar, elke dag, en sal vir jou kan sê hoeveel mense wat daar sterf nie ingeënt is nie. En dis feitelik niemand nie.

Ons is ‘n hardkoppige ou volkie… Wonder hoeveel van die mense wat reeds gesterf het en nie ingeënt was nie sou dit graag anders wou hê. Natuurlike immuniteit het vir meer as 5 miljoen mense nie gewerk nie, wat vandag nog kon leef sou hulle die inenting kon ontvang.

JohnnyS ·

Erik ongelukkig is daar nie statistiek oor hoeveel van die 5Miljoen wel ingeënt was.

Erik ·

Johnny, dit is waar. Statistiek is wel beskikbaar van hoeveel Covid sterftes deesdae in ICU is agv mense wat nie ingeënt is nie. En dis byna 0.

Sê-mar-net ·

Nr 1) BAIE inenting stasies het OF toegemaak, of KRY NIE VOORRAAD nie????? Nou hoe nou????
Uncle Cyril wil hê ons moet ent, maar WAAR????
Nr2) Maroela media, is dit moontlik dat julle vir ons die brandpunte kan uitwys in Gauteng???
Nr3) Ek verstaan die virus is nou veral lief vir die jonger kinders-kan julle dalk statistieke wys vir die ouderdomme wat nou geteiken word-asook die verloop en herstel koers?

Jacobus ·

Snaaks dat getalle die aanhalings van “die wat weet” slaafs navolg! Presies soos “ge-order”.

Papsak ·

Wel ek sal nie my laat in ent nie vat julle inentings niemand keer julle nie hou op val oor die mense wat nie wil ent nie ons kyk na ons self en God is groter as die inenting onthou dit net altyd

Chris dupreez ·

En ons kan redeneer dat God die mense die verstand gegee het en gehelp het om die entstof te ontwikkel. So sal ons maar altyd verskil.

JohnnyS ·

Chris dupreez – Dit gaan nie oor jab of nie jab, dit gaan oor ‘n individu se keuse. Die hele wêreld is gou om in opstand te kom oor die vrou se reg om te besluit oor aborsie (my body my choice) maar julle wil mense dwing om ‘n eksperimentele inspuiting te vat.

Andre ·

God het die mense ook verstand gegee om te onderskei tussen goed en kwaad.

Dirk Mostert ·

Verskaf asb. ‘n grafiek van die “positiwiteitskoers” teenoor die aantal konsentrasie-siklusse van die PCR-toets.

Andre ·

Het die siener dan nie gesê die vierde vlaag is die tweede Desember nie? Ek kan net nie onthou hoe laat dit sou wees nie.

Daleen1 ·

Andre hy het, was in die een of ander koerant het ek gister net weer die berig gesien waar hy gesê het op 27 Augustus 2021 dat die vierde vlaag hier sal wees met meer as 11 000 gevalle. Wens die regering wil vir my die Lotto nommers ook voorspel

Mercia ·

Antwoord op piet wat sê mense sal mós dit aanmeld as hulle newe effekte van inentings het. Hoekom sal hulle?
Eerstens word alle “pharmaceutical” maatskappye vrygeskeld van enige eise……Tweedens word so persoon se situasie dan gedissekteer deur dieselfde pro-inenting wetenskaplikes ( bv. die 28 sterftes na inentings wat bevind is as NIE verwant aan die inentings) ongeag of die simptome eers ná inentings te voorskyn gekom het.
Derdens is daar dan die pro-inenting gemeenskap wat by elke geleentheid díe met ‘n verskil in oortuiging of belewenis brandmerk as ” conspiracy theorists”, mense met sub-standaard intelligensie en “gevaarlik” vir ANDER se gesondheid. So watter voordeel sal rapportering vir hulle inhou? Gaan hulle dan gesond wees soos voorheen? Of ‘n geldjie kry vir pyn en lyding? Of gaan hulle maar net meér van hierdie ” dit kan onmoontlik die spuit wees” kry, ‘n paar beledigings en ‘n “booster shot for good measure”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.