Suid-Afrika het nou meer as 883 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 10 008 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 883 687 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 23 827 nadat nog 166 sterftes aangemeld is: 89 in die Oos-Kaap, nege in die Vrystaat, 10 in Gauteng, 25 in KwaZulu-Natal, twee in Limpopo en 31 in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 774 585 mense reeds van die virus herstel.
Suid-Afrika het tot dusver 5 968 692 toetse vir Covid-19 gedoen, 48 118 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 153 085 | 17,3% |
Vrystaat | 60 001 | 6,8% |
Gauteng | 249 181 | 28,2% |
KwaZulu-Natal | 146 819 | 16,6% |
Limpopo | 19 561 | 2,2% |
Mpumalanga | 32 553 | 3,7% |
Noordwes | 36 063 | 4,1% |
Noord-Kaap | 23 850 | 2,7% |
Wes-Kaap | 162 574 | 18,4% |
Totaal | 883 687 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 5 770 | 132 752 | 14 563 |
Vrystaat | 2 100 | 53 663 | 4 238 |
Gauteng | 5 135 | 232 677 | 11 369 |
KwaZulu-Natal | 3 510 | 121 746 | 21 563 |
Limpopo | 522 | 18 210 | 829 |
Mpumalanga | 617 | 31 172 | 764 |
Noordwes | 571 | 34 116 | 1 376 |
Noord-Kaap | 372 | 21 499 | 1 979 |
Wes-Kaap | 5 230 | 128 750 | 28 594 |
Totaal | 23 827 | 774 585 | 85 275 |


O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
Byna 50,000 toetse binne 24 uur. Geen steen word onaangeroer gelaat om die Tweede Golf te “boost” nie. Intussen was daar reeds 2 Pfizer-20 sterftes en 137 allergiese gevalle kort na inentings. In die Bartlett-hospital in Juneau, Alaska is ‘n gesondheidswerkster (sonder allergie-geskiedenis) Dinsdag opgeneem met gesig-en bors-uitslag, kortasem en hartkloppings. Die WGO en regerings sou ook ‘n “tally” van daaglikse en progressiewe totale Pfizer-20 gevalle en sterftes saam met Covid-19 statistieke verskaf, as hulle eerlik was.
Wonder hoeveel inligting weerhou hulle van ons*
Kommerwekkend….
Wat my verstom is dat die persone wat verantwoordelik is vir die plekke waar “super spreaders” plaasvind, nie summier in hegtenis geneem word vir oortreding van die regulasies nie. Waarom was rages toegelaat. En watter ouers is so onnosel en traak-my-nieagtig om hulle kinders toe te laat om dit by te woon?
Wat my stom slaan is dat die ANC dink ons glo n WOORD of n STATISTIEK wat hulle vrystel? Hoe en hoekom sal n totaal onbevoegde ongekwalifiseerde staatsdiens die dag na die uitbreek van die pandemie skielik weet wat hulle dien en dit reg doen? Rookskerm en verskoning om te gryp en vergryp en deur te druk met hulle kommunistiese obsessies.