Nog 19 506 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste verslag die nuwe gevalle bring die algehele getal laboratoriumbevestigde gevalle op 1 973 972 te staan. Daar is tans 165 283 aktiewe gevalle.
Die positiwiteitskoers staan nou op 27,6% en 1 748 042 mense het reeds herstel.
Nog 383 Covid-19-verwante sterftes is intussen ook bevestig en tot dusver het 60 647 mense weens die virus gesterf.
Altesame 13 133 428 toetse vir Covid-19 is al gedoen, waarvan 70 593 sedert die vorige verslag.
Die meeste gevalle is steeds in Gauteng (57%), gevolg deur die Wes-Kaap (11%) en Noordwes (7%).
Provinsie | Nuwe gevalle op 30 Junie 2021 | Totale gevalle tot en met 30 Junie 2021 | Persentasie |
Oos-Kaap | 582 | 206 946 | 10,5 |
Vrystaat | 626 | 114 612 | 5,8 |
Gauteng | 11 160 | 649 494 | 32,9 |
KwaZulu-Natal | 1 256 | 354 609 | 18,0 |
Limpopo | 1 234 | 76 348 | 3,9 |
Mpumalanga | 913 | 94 819 | 4,8 |
Noordwes | 1 428 | 95 686 | 4,8 |
Noord-Kaap | 239 | 59 014 | 3,0 |
Wes-Kaap | 2 059 | 322 444 | 16,3 |
Totaal | 19 506 | 1 973 972 | 100,0 |
ʼn Toename van 698 hospitaalopnames is die afgelope 24 uur aangemeld.
Sektor | Opnames tot dusver | Sterftes tot dusver | Tans opgeneem |
Privaat | 145 882 | 24 416 | 8 281 |
Staat | 160 | 37 913 | 4 612 |
Totaal | 305 991 | 62 329 | 12 893 |
Net meer as 120 000 nuwe inentings is sedert die vorige verslag gedoen en tot dusver het net meer as 3 miljoen mense landwyd die entstof ontvang.



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
36 Kommentare
Kan nie verstaan hoekom hulle so baie toetse kan doen, maar inentings verloop teen n slakkepas. Hoe lank vat dit nou om n inspuiting te kry.
ANC se beheptheid met Kuba en Indie eis sy tol.Die agbare waarnemende minister van gesondheid beweer dit is onbillik om ‘n sekere land as risiko te identifiseer.Wat se twak is dit ? Nou sit ons met die gebakte pere. Ander lande sal nie skroom om SA te verbied nie. Indien die regering van die begin af hulle werk gedoen het tov inentings,sou die statistiek heel anders gelyk het.
Nou net geregistreer vir die inenting. Hopelik kry ek myne al op 15 Julie.
Hierdie is seker die EFF se Super spreader Event wat nou deurslaan
Nog 8066 Recoveries … so vingerfoutjie aan MM se kant
Word daar enigsins tred gehou met sterftes as gevolg van Inentings? Ek lees gereeld van sterftes agv inentings en ‘n voormalige kollega se moeder het ‘n week gelede gesterf agv ‘n inenting maar dit is aangegee as ‘n Covid Verwante Sterfte.