Covid-19-statistieke: Meer as 2 000 nuwe gevalle landwyd

Argieffoto ter illustasie (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

Suid-Afrika het teen Donderdagaand altesaam 710 515 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 2 156 nuwe gevalle is aangemeld.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 102 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 18 843 te staan bring.

Altesaam 642 560 pasiënte het in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 90,4%.

Meer as 25 788 toetse uit die 4 633 671 wat reeds gedoen is, is in die afgelope 24-uursiklus gedoen. Altesaam 2 655 540 toetse is in die private sektor gedoen, wat meer as die helfte (57%) van die toetse uitmaak. Altesaam 1 978 131 toetse is in die openbare sektor gedoen.

Provinsiale statistieke:

Gauteng: 226 363
KwaZulu-Natal: 121 802
Wes-Kaap: 115 294
Oos-Kaap: 92 936
Vrystaat: 54 691
Noordwes: 32 415
Mpumalanga: 29 109
Noord-Kaap: 20 887
Limpopo: 17 018

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? 
Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Barbara ·

2000 nuwe gevalle uit ‘n bevolking van 57 miljoen! kwart druppel in die emmer……..

Francois Le Cochon ·

SA het aanvanklik net een geval gehad. Hierdie een geval het vermeerder tot 710 515 in ongeveer 10 maande. Die vraag is nou, tot hoeveel gaan 710 515 vermeerder in die volgende 10 maande? Hierdie “kwart druppel” het die potensiaal om ‘n dam te word, veral as mense dink die virus is verby, wat nie naastenby die geval is nie. Dra jou masker en vermy ander persone wat nie ‘n masker dra , was jou hande, en hou jou distansie van ander (selfs al dra hul maskers).

Dis my mening ·

Waarvan oor die 642 000 al herstel of gesond geword het! Om masker te dra en hande skoon te hou, maak jou nie immuun teen n virus nie! Jy kan net teenliggame op bou as jy blootgestel word aan n virus. Die regering en die wêreld se ‘leiers’ het al die mense waar hulle hul wil hê! Bang! Die virus bestaan al van die 1970’s af, dit gaan nie net verdwyn nie!

Johan ·

Dis nou klaar. Dra net die masker as een of ander idioot my verplig…klaar met die twak.

Dirk Mostert ·

Die toets tel alle coronavirusse op (verkoue + griepe insluitend “covid 19”). Daar is ook vals positiewe uitslae (“asimptomaties”). Covid19 tel skaars 1% van alle sterftes wereldwyd. As dit ‘n pandemie is, is daar terselfdertyd ‘n honderd ander pandemies aan die gang.

Dirk Mostert ·

korreksie: 60 miljoen + onbekende miljoene onwettige migrante. Jy sien Zimbabwieers nou tot in Kaapstad.

Jacobus ·

Die statistiek maak totaal en al.geen sin. Al doel met hierdie nutteloosheid wek ‘n gevoel van vrees of ‘n gevoel van uiterste frustrasie. Hierdie gemors gaan ‘n groot “implosion” van frustrasie ontketen.
Die brande, moorde en opstand word gewetenloos deur die ANC gebruik om hulle uiterste kriminaliteit te verdoesel. Tragies en onwettig.

Zandra ·

enige taktiek om almal se aandag van die WERKLIKE nuus af te haal = ANC

JohanR ·

Ons wag vir die ANC lieg storie oor soe twee weke…..20000 nuwe gevalle aangemeld. Ons gaan nou terug na Vlak 3 toe. Hello julle ANC dommes….hitte maak die virus dood en somer kom, of is hier. Ons lewe in ‘n land vol 30 persenters!

Dirk Mostert ·

Dankie vir die syfers, MM! Progressiewe totaal sedert Maart: 4,633,671 toetse waarvan 710,515 positief, dws 15,33% positief. Nuutste: 25,788 toetse waarvan 2,156 positief, dws 8,36% positief. ‘n duidelike afname weens die somer wat begin het. As asimptomatiese gevalle (makeer niks) afgetrek word van die positiewe totaal, was daar 4 miljoen onnodige toetse, dws R4 miljard is vermors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.