Covid-19-statistieke: Meer as 200 nuwe sterftes

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Altesaam 622 551 mense in Suid-Afrika het nou reeds positief getoets vir Covid-19.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 238 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (81), Vrystaat (123), die Oos-Kaap (6), KwaZulu-Natal (19), die Wes-Kaap (9) aangemeld.

Daarmee kom die land se dodetal op 13 981 te staan.

Gauteng (25 222) het tans die meeste aktiewe gevalle van Covid-19 gevolg deur KwaZulu-Natal (14 724) en die Vrystaat met 13 420 aktiewe gevalle van die koronavirus.

Volgens Mkhize het 536 694 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel – ʼn herstelkoers van 86%.

Nog 20 659 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 3 652 970 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2 86981 373
Vrystaat69023 047
Gauteng3 556180 345
KwaZulu-Natal2 13595 432
Limpopo17911 961
Mpumalanga33022 291
Noordwes24018 437
Noord-Kaap1206 887
Wes-Kaap3 86296 921
Totaal13 981536 694

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oros Soros ·

In die Vrystaat sterf die mense net elke 7de dag aan die virus. Op die ander dae staan die sterftes stil en word geen nuwe sterftes gerapporteer nie.

Jan ·

Vir elke covid-19 verwante sterfte word 30 inperkingsmaatreëlsverwante sterftes gegenereer. Hierdie feit is egter nie nuuswaardig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.