Covid-19-statistieke: Meer as 24 000 sterftes al aangemeld

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Donderdagaand altesaam 892 813 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 9 126 nuwe gevalle is aangemeld.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 184 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 24 011 te staan bring.

Altesaam 103 van die sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld, gevolg deur 58 in die Wes-Kaap, 11 in Gauteng, agt in KwaZulu-Natal en vier in die Vrystaat.

Altesaam 780 313 pasiënte het in dié stadium reeds herstel.

Provinsiale statistieke:

Gauteng: 250 910
Wes-Kaap: 165 347
Oos-Kaap: 154 743
KwaZulu-Natal: 149 182
Vrystaat: 60 094
Noordwes: 36 187
Mpumalanga: 32 730
Noord-Kaap: 23 934
Limpopo: 19 686

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Fritz ·

Volgens Business Tech en Fin24 het die regering n Covax betaling gemis. So diegene wat bang is, gaan nog vir laaaaank moet wegkruip.

Anoniem ·

Respekteer asseblief die mense se besluit wat nie die entstof will neem nie.

Fritz ·

Jy verstaan my verkeerd. Ek het self ook geen hartsbegeerte om ingeënt te word nie. Dis mos juis diegene wat bang is vir die virus se gevolge wat inentings sal verkies.

Dirk Mostert ·

Omtrent een-veertigte van jaarlikse sterftes in S.A. Waar is die ophef oor die ander 39/40?

Ietsanders ·

Dis vreemd om te hoor hoe baie mense nie omgee om andere aan te steek nie, wanneer hul self skotvry daarvan afkom nie. Dis die oumense en diegene met onderliggende siekte toestande wat sneuwel. Miskien is ‘n oumens bo 65 nie meer iets werd nie, maar wat van die andere wat nog kinders het, wat hul ouers nog baie, baie nodig het? Is hul lewens ook niks werd nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.