Covid-19-statistieke: Meer as 4 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Altesaam 4 011 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand gesê die getal bevestigde gevalle staan nou op 821 889 en 753 072 mense het reeds van die virus herstel.

Nog 183 Covid-19-sterftes is ook bevestig. Hiervan was 82 in die Oos-Kaap, 20 in die Vrystaat, 11 in Gauteng, 13 in KwaZulu-Natal, sewe in die Noord-Kaap en 50 in die Wes-Kaap. Dit bring die land se sterftesyfer weens die virus op 22 432 te staan.

Meer as 28 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen. Hiervan is 73%, oftewel 20 562, in die private sektor gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JM ·

En só sal die land voortploeter, omdat té veel die voorkomingsmaatreëls ignoreer.

Riaana ·

Niemand Kom die reels na nie, partytjies waar ek bly word elke naweek gehou van 1000 de mense en geen makers en geen social distancing soos geen… Nieman gee om daarom Sal ons nie die virus hokslaan….(Vakansie Oord)… En dit gaan oral so… Ons WAT dit nakom word blootgestel deur mense WAT drank en partytjies Bo gesondheid verkies…

Francois Le Cochon ·

In Langebaan het 12 mense by ‘n welbekende restaurant se kroeg aangesteek by die kroegman. 3 van hulle is uiters kritiek.

Fritz ·

Daar is nie dalk n skrale kans dat hulle by n kollega of vriend aangesteek het nie? Jy klink verskriklik seker dat dit 100% by die kroegman was.

Wim ·

Dit is hul volle reg om hul eie keuses te maak net soos dit jou reg sal wees om joune te maak deur bv jouself af te sonder of watokal.

Marius ·

Ek vertrou nie die syfers nie . Dit is baie maklik om die syfers op te maak en manse n rat voor die oe te draai .

Francois Le Cochon ·

Ek ook nie. Ek dink die aantal nuwe gevalle is 4010 en nie 4011.

Die Wolf ·

Die syfers was van die begin af verkeerd.Sal graag wil sien in tabel vorm die volgende:
Chinese Griep(Covid) natuurlike oorsake, Vigs ens.

Casper ·

Dirk,dit is kommerwekked dat toetse nie akkuraat is nie.Hoeveel mense het positief getoets wat inderdaad nie die virus het nie.Die monsters word mos in laboratoriums getoets.Onopgeleide personnel.

Jakes ·

Watter bewyse het ons dat hierdie syfers self naby die waarheid is? Ek kan net sowel beweer dat Biden dalk my tannie is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.