Covid-19-statistieke: Meer as 6 000 sterf reeds

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het reeds meer as 6 000 Covid-19-verwante sterftes aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 408 052 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 6 093 nadat nog 153 sterftes aangemeld is: 48 in die Oos-Kaap, 31 in Gauteng, 38 in KwaZulu-Natal, agt in die Noord-Kaap en 28 in die Wes-Kaap.

Suid-Afrika het tot dusver 2 632 106 toetse vir Covid-19 gedoen, 46 632 sedert die vorige verslag. Tot dusver het 236 260 mense reeds van die virus herstel.

Provinsiale statistieke:

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap1 39353 591
Vrystaat621 821
Gauteng1 18777 397
KwaZulu-Natal51518 786
Limpopo332 781
Mpumalanga524 018
Noordwes484 019
Noord-Kaap231 152
Wes-Kaap2 78072 695
Totaal6 093236 260

 

 Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dirk Mostert ·

Gisteraand op eTV-nuus weer die mamparra-gevolgtrekking gesien dat die herstelkoers 58% is (herstel/totale infeksies). Die korrekte herstelkoers is 97.5% (herstel/(herstel+sterftes)). Jair Bolsonaro, president van Brasilie is reeds 3x positief getoets. Tel hy vir 3 infeksies? Novak en Jelena Jokovic is positief en ‘n paar dae later negatief getoets. Hulle behoort gesamentlik as nul infeksies te tel, maar tel waarskynlik as 2 infeksies.

Net siekes behoort getoets te word. Daar word te veel geld gemors op toetse op gesonde mense. As laasjaar se griep (Covid 18) ook onderhewig was aan knaende toetsery, was daar waarskynlik soortgelyke syfers as vir Covid19, maar Covid 18 en Covid 17 het nie pandemie-status gehad nie.

pokkel ·

so die meerderheid van die nuwe grafte is seker vir die honger en werklose mense wanneer die korona ding verby is aangesien die virus nie presies so dodelik is soos wat voorspel was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.