Covid-19-statistieke: Meer as 8 000 sterf

Die getal Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het Vrydag weer met 11 014 toegeneem, terwyl 193 mense weens die virus dood is. Dit bring die getal sterftes op 8 005 te staan. Die aantal Suid-Afrikaners wat sedert Maart positief getoets het vir die nuwe koronavirus is 493 183. Dit volgens die departement van gesondheid se jongste syfers wat Vrydagaand uitgereik is. Aangesien 326 171 (66%) mense reeds van die virus herstel het, het meer mense van Covid-19 herstel as wat tans siek is.

Die Wes-Kaap het minder as 800 nuwe gevalle aangeteken en staan nou op 95 223 gevalle, terwyl 79 841 mense reeds hier herstel het. Dus het dié provinsie nou net meer as 15 000 aktiewe gevalle. Die Oos-Kaap, waar gevalle tot onlangs nog erg gestyg het, het ook minder as 900 nuwe gevalle aangemeld.

Gauteng het 3 698 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld, wat die totale getal gevalle op 175 272 te staan bring. Aangesien 117 099 mense reeds hier herstel het, het Gauteng 58 173 aktiewe gevalle. Die provinsie het dus ʼn herstelkoers van 66%, maar het steeds die meeste aktiewe gevalle landswyd. Hoewel Gauteng tans die episentrum van die virus is, het die aantal gevalle wat daagliks hier aangemeld word, geleidelik begin afneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anoniem ·

En van daardie 8000 hoeveel is covid-19? Daar het al soveel mense vertel dat hulle familielede om ander redes gesterwe het, dan word daar verkondig hulle is oorlede aan covid-19.

Pitbul ·

Ek stem saam weet van twee gevalle waar mense gesterf het. Een van longkanker en die ander van emfiseem. En beide gevalle het hul gesê dis covid.

Jaco ·

Sterftes weens plaasmoorde is seker ook Covid-19 se skuld. Dis mos maar die polities korrekte manier van doen deur ons anti-wit regering.

annie ·

Een ding is seker. Die ANC-regering is vinnig op die ball. Wanneer die meeste lande atoomkrag afskaal, begin ons pot-buro dit uitbou. En na soveel maande van beplanning teen die voorsiening van hospitaaltoerusting met die glo R500 miljard tov die Corona-virus gaan daar begin word met die oprigting van fabrieke vir diesulkes en entstof. Dr Foucci werk maskers teen atoomafval want ons sal by die inwyding van die grootse kragstasie oor 15 jaar steeds beklappies dra?

Renee ·

8000.00 Wat is die rede dat ons nooit die geveg gaan wen teen covid-19 nie as jy sien dat misisters die wat die land moet help by die begrafnis van Mlangeni was en deel was kon hulle nie hulle stem dik gemaak het of vir die polisie laat kom nie maar al die inperking reels is verbreek: Rook minimum afstand tussen hulle, minimum persone vir n’ begrafnis van 50 maar wat indien dit een van ons was dan was die herrie los.

JJ ·

Gegewe Minister van Polisie se statistiek, kan daar ook nou ‘n goeie saak uitgemaak word dat Suid- Afrika permanent onder ‘n staat van inperking moet bly. Maar dis tong in die kies. Die storie hierbo is een van hoop en wanhoop. Hoop want dit beteken In Gauteng met bevolking van 16 miljoen, dat slegs 1.10% die siekte opgedoen het en dat die aantal aktiewe gevalle slegs 0.364% van die totale Gauteng bevolking is. Ek kan nog nie die totale hestelsyfer bereken nie. Elders (VSA) is dit ongeveer 99%.
Maar ek is ook wanhopig. Die sterftes beloop nou 8005, wat sowat 0.01334% van die totale bevolking van 60 miljoen is. Ek rou vir elkeen wat gesterf het. Maar ek is wanhopig vanwee die feit dat ons die RSA ekonomie daaroor vernietig het. Daar kan geen V-vorm herstel van die ekonomie wees nie. As die verbruikers nie geld het nie, kan hullle dit nie bestee nie en gevolglik gaan self gesonde maatskappye ook begin duik.

4ntj13 ·

Ek raak moeg vir die regering se brag-briefies. Die VS, waar mense net een keer per week aan C19 doodgaan, bly die “sterftesyfer” op presies 1%. Dit terwyl hulle duidelik nie eens ʼn ¼ van die wat siek is tel nie. Hierdie ¾ is natuurlik nie meeste in hospitale nie, dus behoort dit mos amper 10% te wees! Dus, hoekom moet ek eeeeenigiets hiervan nog glo? Wanneer ek begin hoes, gaan ek ook goeie hoesgoed drink sodat niemand hoef te weet nie. Intussen bly ek meestal >20m van enigiemand af en dra 3 maskers as ek noodgedwonge nader aan ʼn mens moet kom. Ek vermy ook die rioolstrate waar die kieme heeeel waarskynlik vandaankom. Ons het behoorlike lugreëling en riolering baaaaie nodiger gehad as die Magashules se seep en sanitiser. Dôm!

capie ·

Net my persoonlike situasie. My vrou is vroeg tydens die lockdown in Tygerberg hospitaal opgeneem en na ‘n week na behandeling ontslaan. Haar situasie het egter nou so versleg dat ons vrees vir haar lewe, maar mag nie hospitaal toe gaan nie omdat Tygerberg hospitaal nie meer enige gevalle opneem nie omdat die hospitaal leeg gehou word vir corona gevalle. Wat staan ons nou te doen?.

Leonard ·

Gaan na ander hospitaal. Was self pasiënt eers in A4 toe J7

Frederik C ·

Die 8000 wat gesterf het aan Ciovid 19, het ander siektes ook onder lede gehad. Hoeveel gesonde mense is in dieselfde tydperk in SA vermoor ??

JohanR ·

Kan iemand vir my se hoekom hulle amper die snot uit jou neus moet uitgrawe as hulle jou toets? Een in die keelgat af, en die ander in jou neusgat af. Sekerlik sal ‘n monster speeksel net soe goed werk?Vertrou daai toets net nuks nie!

JJ ·

In ‘n ligter luim. Al gehoor van die Four Thieves Remedy. MIskien is dit die remedie wat die Covid diewe gebruik- wie weet? In elk geval, vir honderde jare (oorsprong in die buboniese plaag erens tussen jare 1413-1722 in Europa) word vertel van ‘n epidemie wat eenvoudig verwoestend was en derduisende mense uitgeroei het. Vier spesery handelaars besluit toe om hul besigheid te sluit en die meer lonende werk as GRAFSKENDERS en rowers van huise van die dooies te bedryf. Deur die pandemie deur het nie een van hulle siek geword nie, maar uitendelik vang die koning hulle. Die enigste manier om die brandstapel vry te spring was om aan die koning die geheime resep en speserye te gee,“We drink and wash with this vinegar every few hours” antwoord hulle dadelik . Ook word van die mengsel in hulle neusgate gesit en ook op die lap gesigmaskers wat hulle gedra het teen uitkenning. Vra dr Google vir die resep :Four Thieves Oil Recipe Ingredients
Ek verstaan Ace se manne gebruik dit ook…

christo ·

Ons eie wetenskaplikes sê die getal sterftes van Covid-19 in vergeleke met die aantal positiewe gevalle maak nie sin nie. Die aantal mense wat aan natuurlike oorsake sterf, verskil hemelsbreed met die van die vorige seisoene.
Ons almal weet die dat staatslaboratoriums twee tot drie weke neem om ‘n Covid-19 toets te verwerk. Teen daardie tyd is die pasiënt al oorlede. Die dokter kan en mág nie die sterfte as Covid-19 aanteken nie, al weet hy of sy dit is, want sónder die toetsuitslae is dit nie Covid-19 verwant nie. Dood aan natuurlike oorsake: Lugweg verwante oorsake. Wanneer die toetse uiteindelik positief terugkom, is pasiënt lankal begrawe. Gaan enige dokter al die moeite doen om alles terugwerkend te verander? Nee.
Verskil die raadgewende wetenskaplikes van die president met die amptelike mening van die gesondheidsminister en kie, word hulle gemuilband of geviktimiseer. As raadgewende wetenskaplikes se insette ignoreer word, watter nut is daar om aan die CCC raad te verskaf?

Leonard ·

Wel, gelukkig IS dáár nie aardse pyn & leiding In die Geestelike

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.