Covid-19-statistieke: Meer as halfmiljoen nou ingeënt

(Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die getal mense wat entstof teen Covid-19 in die tweede fase van die regering se massa-inentingsprogram gekry het, het teen Woensdagaand op 77 505 gestaan.

Dié inentings word met Pfizer-entstof gedoen en benodig twee dosisse.

Diegene wat met die Johnson & Johnson-entstof – wat ʼn enkele dosis benodig – ingevolge die regering se Sisonke-program ingeënt is, staan in hierdie stadium op 480 665, het dr. Zweli Mkhize in sy jongste bywerkings van die syfers gesê.

Só lyk syfers

Die algehele infeksiesyfer weens die virus staan tans op 1 621 362 nadat ʼn beduidende 3 522 nuwe gevalle van die virus bevestig is.

Nog 167 sterftes is bevestig wat die algehele sterftesyfer weens Covid-19 op 55 507 te staan bring. Van die nuwe sterftes was drie in die Oos-Kaap, 38 in die Vrystaat, 35 in Gauteng, ses in KwaZulu-Natal, 19 in Limpopo, drie in Mpumalanga, 46 in Noordwes, sewe in die Noord-Kaap en 10 in die Wes-Kaap.

Mkhize sê provinsies versamel nou data tot Desember verlede jaar as deel van hul Covid-19-sterfteoudits.

Aktiewe gevalle is in dié stadium 36 987 en meer as 40 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen. Altesame 66% van dié toetse word tans in die private sektor gedoen.

ProvinsieSterftesReeds herstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 628184 707463
Vrystaat4 10885 4526 193
Gauteng10 948417 7399 185
KwaZulu-Natal10 470323 0114 831
Limpopo2 36161 787422
Mpumalanga1 42477 7161 190
Noordwes1 84464 5045 400
Noord-Kaap99438 0996 541
Wes-Kaap11 730275 8532 762
Totaal55 5071 528 86836 987

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tewis ·

Wooooow !!!!!
Half mijoen ongelooflik dan behoort ons maklik tekyk na ń MIIJOEN ń jaar dit is briljand!!!!

Fedup ·

Halve a million, really?
Come one, we know numbers ain’t your forte.
Musical chairs changed to the old guessing game.

Francois Le Cochon ·

Sit die entstof in drank. Teen die einde van die naweek is helfde van die land ingeent.

SomeOne ·

kry ‘n toets stel en inentings goed gekeurde inentings persoon by elke bottels stoor en “tjop tjop” is alles gedoen

donsie ·

wanneer word die curfew langer gemaak en die drankwinkels en die grense vanaf Indie toegemaak????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.