Covid-19-statistieke: Meeste gevalle nog in een dag

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 950 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 14 046 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 954 258 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 25 657 nadat nog 411 sterftes aangemeld is: 101 in die Oos-Kaap, drie in die Vrystaat, 34 in Gauteng, 90 in KwaZulu-Natal, ses in Mpumalanga, ses in Noordwes en 171 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 811 372 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 6 269 776 toetse vir Covid-19 gedoen, 54 048 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap162 45217%
Vrystaat61 0976,4%
Gauteng236 16627,6%
KwaZulu-Natal166 87717,5%
Limpopo20 9032,2%
Mpumalanga33 7853,5%
Noordwes37 4913,9%
Noord-Kaap24 3962,6%
Wes-Kaap184 09119,3%
Totaal954 258100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap6 460143 40912 583
Vrystaat2 14254 4224 533
Gauteng5 260240 44117 465
KwaZulu-Natal3 793128 99934 085
Limpopo53318 7321 638
Mpumalanga63031 6931 462
Noordwes57734 1162 798
Noord-Kaap37222 0761 948
Wes-Kaap5 890137 48440 717
Totaal25 657811 372117 229

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.