Covid-19-statistieke: Meeste sterf steeds in die Wes-Kaap

ʼn Begraafplaas vir Covid-19-verwante sterftes. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

Die Wes-Kaap het steeds die meeste sterftes in 24 uur aangeteken. Altesaam 37 sterftes is sedert Sondag in dié provinsie aangemeld.

Met 2 385 mense reeds hier oorlede, is dit die provinsie met die meeste Covid-19-verwante sterftes, maar ook die meeste herstelde pasiënte (59 492). Altesaam 93 sterftes is sedert Sondag landwyd aangeteken, waarvan ses in KwaZulu-Natal, 11 in Mpumalanga, 16 in die Vrystaat, 37 in die Wes-Kaap en 23 in die Oos-Kaap. Gauteng het geen nuwe sterftes aangemeld nie.

Altesaam 11 554 nuwe Covid-19-gevalle is sedert Saterdag in Suid-Afrika aangemeld, wat die totaal op 287 796 bevestigde gevalle te staan bring. Net minder as die helfte van dié gevalle (138 241) het reeds herstel.

Gauteng het tans die meeste gevalle (103 713) en het ook die meeste nuwe gevalle (5 282) sedert Sondag aangeteken.

Die Wes-Kaap het die tweede meeste gevalle (79 344) sedert Maart en het sedert Sondag 948 nuwe gevalle aangeteken.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

capie ·

Volgens die statistiek lyk dit of mense in gauteng net een dag per week sterf

JohanR ·

The ANC odered that it be that way, so those about to die faithfully wait until the day ordered by the ANC then pass away. That is the communist way…..OBEY!

Louis ·

Ag dit is maar net omdat statistiekhouding meer doeltreffend en eerlik gedoen word. Die res van die land word daar gekonkel.

Strandloper ·

Google HOCL ( chemiese formule) se voordele ivm covid 19. Ek gebruik dit in my mond, neus en selfs oë…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.