Covid-19-statistieke: Minder as 600 nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het teen Maandagaand altesaam 2 897 521 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 578 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 164 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 87 216 te staan bring.

Altesaam 2 762 812 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 47 493 aktiewe gevalle van Covid-19.

ʼn Totaal van 15 350 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 9 483 (62%) in die private sektor en 5 867 (38%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (22%), Gauteng (19%), gevolg deur die Wes-Kaap (16%), Vrystaat (15%), Oos-Kaap (9%), Noord-Wes (8%), Noord-Kaap (6%), Mpumalanga (4%) en Limpopo (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • KwaZulu-Natal: 126
  • Gauteng: 108
  • Wes-Kaap: 92
  • Vrystaat: 86
  • Oos-Kaap: 50
  • Noordwes: 48
  • Noord-Kaap: 35
  • Mpumalanga: 24
  • Limpopo: 9

Die departement het aangedui dat altesaam 16 999 722 mense teen Maandagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Thom ·

Die inentings en die regering se maatreëls werp vrugte af ___ samewerking van meer mense en ons kan terugleer na normaliteit .

VaalDonkie ·

Ja en Mandela het ons gered van rassisme en Cyril gaan Zuma se foute regmaak!

Ilze ·

O genade Thom. Baie af duimpies vir jou. Lyk my baie mense hou van die geploeter soos dit nou is.

Theo ·

Thom gaan jou kommentaar verander as ons weer in die 4de golf ingaan wat blykbaar klaar voorspel is die 4de Desember te wees?

Thom ·

Moenie jou onkunde openbaar as jy nie die gang van die virus verstaan nie .

Samuel ·

Miskien het die daling in infeksies ook te doen met die warmer weer. Inentings speel seker ‘n rol. Dit is verstommend hoeveel mense hulle nie steur aan nie-farmaseutiese intervensie nie. Masker dra is ‘n grap en so-ook sosiale distansieëring.

Theo ·

Samuel hoe verduidelik jy dan die skerp dalings van die eerste en tweede golf waar dit nie somer was in die eerste daling nie en daar nog nie n inenting was nie?

annie ·

As dit dan waar is dat mense hul sedert die covid-intog min gesteur het aan die regulasies wat afgekondig is en die virus nou begin taan, kán die afleiding gemaak word dat die verspreiding min te make gehad het met die voorkomingsmaatreëls maar eerder berus op elke individu se immuniteit- en gesondheidsvlak? Miskien moes die kamma-entstof eerder immuunstelsel-verbeterings genoem gewees het en mense aanvanklik getoets en daarvolgens behandel geword het want geen medikasie bestaan al wat die virus(oordrag) totaal verhoed of vernietig nie.

Thom ·

Dit is dan seker toevallig ook so dat lande soos Kanada wat ongelooflik suksesvol was met hulle inentings se immuniteit en natuurlike gesondheid soveel hoër is as state in die VSA wat weier om in te ent ? Logika bestaan nie in jou woordeboek nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.