Covid-19-statistieke: Minder as 8% toets positief

Argieffoto bloot ter illustrasie van Covid-19. (Foto: Unsplash)

Die koers waarteen Suid-Afrikaners positief toets vir Covid-19 daal steeds, met 7,6% wat Saterdag positief getoets het. Dit is aansienlik laer as Vrydag (8,7%) en ook laer as die weeklikse gemiddeld van 8,4%.

Altesaam 2 489 mense het Saterdag positief getoets vir Covid-19, van wie die meeste weereens in Gauteng (942), die Wes-Kaap (418) en KwaZulu-Natal (349). Net 53 mense in die Noord-Kaap het positief getoets vir die virus. Nege sterftes is Saterdag aangeteken.

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap85
Vrystaat127
Gauteng942
KwaZulu-Natal346
Limpopo141
Mpumalanga233
Noordwes141
Noord-Kaap53
Wes-Kaap418

 

Net 43 mense is die afgelope 24 uur met Covid-19 in die hospitaal opgeneem. Daar is tans 4 156 mense met Covid-19 in die hospitaal, van wie die meeste in openbare hospitale (2 111) opgeneem is. Altesaam 16 186 mense is Saterdag teen Covid-19 ingeënt, van wie die meeste (5 819) in Gauteng. Dié provinsie het die afgelope week aangekondig dat inentingsentrums by skole aangebring sal word, in ʼn poging om meer mense teen die koronavirus in te ent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.