Covid-19-statistieke: Net 201 nuwe gevalle  

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Altesame 201 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 2 912 346 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 3,3%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (28%) aangemeld, gevolg deur Gauteng (22%) en die Wes-Kaap. Die totale aktiewe gevalle is 32 206.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 88 346 nadat nog 29 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 791 794 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 95,9%.

Suid-Afrika het tot dusver 17 988 526 toetse vir Covid-19 gedoen, 6 168 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 52 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 5 381 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 19,2 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap28291 566
Vrystaat7162 340
Gauteng44917 803
KwaZulu-Natal57513 746
Limpopo5122 029
Mpumalanga9151 396
Noordwes7150 014
Noord-Kaap1191 616
Wes-Kaap33511 836
Totaal2012 912 346

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap14 993275 580
Vrystaat6 828151 835
Gauteng19 450897 258
KwaZulu-Natal14 682483 698
Limpopo4 021116 880
Mpumalanga1 982149 006
Noordwes4 169144 590
Noord-Kaap2 21984 991
Wes-Kaap20 002487 956
Totaal88 3462 791 794

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Casper ·

Is dit nou vir die ANC ‘n prestasie as gekyk word na hoeveel lande hulle beperkings opgehef het en hoeveel lande vol stadions toelaat by sportbyeenkomste.Eerste wêreld lande vs derde wêreld lande.

piet ·

Baie inentings (baie voorregte) vs Min inentings (min voorregte) . Ongelukkig vat dinge langer hier by ons want ons het mos ‘n stewige groepie anti-vaxxers wat nie wil samewerking gee nie.

Tersia ·

Piet … Nog net 9.91m mense is ten volle ingeent in SA, dus is daar nog basies 50m mense wat nog nie ingeent is of ten volle ingeent is nie, dus sal ek se dat daar baie meer mense as net ‘n stewige groepie anti-vaxxers in hierdie land is.

piet ·

Ja en dis die probleem, dis hoekom ons sit waar ons sit en ander lande het al alles oopgestel omdat hulle mense saamwerk.

Fritz ·

Diegene wat covid met ligte en matige simptome gehad het (die meerderheid covid gevalle dus), kan seker bekostig om dwarstrekkers te wees?

Erica ·

En wat het my keuse met jou te doen? Jy het mos jou jab , jy sal mos nou nie by my aansteek nie. O ja vergeet, jy kan dit nog steeds kry en mense aansteek. Ek het so bietjie vergeet.

Jacob ·

Is dit ‘n duidelike aanduiding dat natuurlike immuniteit werk?

Erik ·

Lyk my die inentings het tog ‘n positiewe effek en miskien, net miskien, kan ons die 4de vlaag mis en lekker op die strand lê Desember.

Karin ·

Niks met inentings te doen nie, maar alles met die verkiesing.

MakersMark ·

O ok jy moet definetief inskryf vir twee doktorsgrade – een vir politieke wetenskappe en ander een vir virologie.

VaalDonkie ·

Snaaks genoeg is vars seelug (en sonskyn) een van die beste natuurlike rate om COVID te voorkom. Die sout lug maak enige virus wat jy inasem totniet. En die sonlig help met die Vitamien D vervaardiging sodat AS jy hom kry, jy hom kan bestry.

Maar dit gaan mos nie rerig daaroor nie. Dit gaan oor mag en moedswilligheid.

Snowball ·

Stel jy voor al die Covid gevalle sit af kus toe vir natuurlike genesing met soutlug en sonskyn? Ek dog jy sê die Kaap is vol.

Erik ·

Vaaldonkie, dis ongelooflike nuus! Volgende keer as ek verkoue raak, of selfs mense met HIV, moet dalk bietjie in die son gaan lê en daai see lug inasem sodat die virus tot niet kan gaan, soos jy sê. Amper soos die Minister van Vervoer wat gesê het die virus kan nie in ‘n vliegtuig oorleef nie weens die lugdruk.

Porseleintjie ·

Net tot Des of begin Jan. Die virus het mos laat weet hy sal dan weer arriveer.

piet ·

Volgens my berekeninge is dit ongeveer 10 keer minder persentasiegewys as wat dit was toe ons op die kruin van die derde golf was.

Strandloper ·

Moenie te gerus raak nie die bug is erger as die anc bug. Onthou dit het met een geval begin…

Belinda ·

Hopelik sal ons base nou ophou om ons te probeer forseer om die spuit te neem.
Ek kan nogsteeds nie sien hoekom ek dit moet neem nie, want dis tog EK wat die groter risiko gaan neem om dood te gaan as die wat mós die spuit gekry het, nie waar nie?
Almal word nogsteeds siek, met of sonder die spuit so wats die verskil?

piet ·

So die wat nie ingeent is nie staan ‘n groter kans om ernstig siek te word, in die hospitaal en ICU opgeneem te word en dus ‘n groter las op gesondheidsdiente te plaas (in terme van versorging EN finansiele las). So dit gaan nie net oor die eie “ek” nie. Mense wat ingeent is, het ook ‘n kleiner kans om ander aan te steek en herstel ook oor die algemeen vinniger as hulle wel siek word. Het die pennie nou “ge-drop”?

VaalDonkie ·

Piet, ek betaal duisende Rande elke maan vir mediese dekking. Ek gaan glad nie sleg voel as ek moet hospitaal toe gaan nie. Terloops: my kliente sal ek nooit ‘n “las” noem nie want hulle geld betaal vir alles wat ek het. Sonder siek mense sal die hospitale almal toemaak en dan moet ons in rye gaan staan by die staatshospitale en hoop ons tel nie TB of ‘n messteek op nie.

piet ·

Ja, dis die probleem. Voel vere vir die res, dis hoekom die land so ‘n gemors is soos dit is. Sowat van ‘n dwarstrekkerige spulletjie kan jy jou nie indink nie. Negatief en selfsugtig. Red nou ‘n nasie met so ‘n volk.

piet ·

Meeste mense staan in rye by staatsinstellings want hulle kan nie mediese dienste bekostig nie, jy is so ver van die werklikheid verwyder (want jy is in ‘n bevoorregte posisie en was nog nooit in die mense se skoene nie) dis eintlik lagwekkend.

Jacob ·

Piet, kyk na die Israeliese onafhanklike studie en jy sal sien dat die viruslading (en aansteeklikheid) geensins verskil tussen die wat inge-ent is en die virus opdoen en die wat onge-ent is.

Verder is daar in minder as ‘n jaar, meer mense dood aan die Covid 19 entstof as wat daar in dertig jaar voor dit, aan al die entstowwe saam oorlede is. Verwysings kan verskaf word.

VaalDonkie ·

Jacob, los vir Piet. Hy stel nie belang in redeneer nie. Terloops, Piet, ek het my seun in ‘n staatshospitaal verloor want hulle het geweier om hom suurstof te gee. Dis waarom ek besluit het ek sal eerder in ‘n kleiner huis gaan bly en ‘n ou kar ry en ‘n mediese fonds vir ons kry. Ek wil nooit in my lewe ooit weer daar tussen die moordenaars en bendelede met my vrou en kind gaan staan nie.

piet ·

Party mense het nie eers die luxuries van ‘n ou kar of ‘n huis nie. Helfte van die mense het nie eers werk in die land nie en 50% van die bevolking leef onder die broodlyn. Vir die mense is daar geen hoop op private gesondheidsdienste nie en het geen ander keuse as “om tussen die moordenaars en bendelede” te sit nie, jy’s in ‘n uiters bevoorregte posisie met jou mediese fonds.

Erica ·

En wie se skuld is dit? Ek het ook alles verloor laas jaar. Ek het op gestaan en weer van vooraf gebou sonder om bakhand te staan vir alles. So ja ek dink net aan my self. Niemand het my gehelp nie. Almal hul skouers op getrek.So ja ek kom altyd nou eerste

Anoniem ·

Ek weet by voorbaat dat ek baie afduime gaan ontvang vir wat ek nou gaan sê/vra, maar dis presies hoe ek voel en niks sal my anders oortuig nie. Hoekom moet diegene wat ten volle ingeënt is nog hoegenaamd onder dieselfde inperkings as diegene wie nie ingeënt is nie leef? Hoekom moet diegene wat ten volle ingeënt is nog maskers dra? Hoekom is die aandklokreël ook op die ten volle ingeënte mense van toepassing? Hoekom mag ten volle ingeënte mense nie ten volle na normaal terugkeer nie?Welke voordele geniet die ten volle ingeënte mense bo diegene wat nie ingeënt is nie? Ek is 3 maande gelede al ten volle ingeënt en absoluut NIKS het vir my verander nie, behalwe dat ek weet dat die inenting my moontlik mag beskerm teen ernstige siek word/dood.

piet ·

Want jy moet nou die ongehoorsames wat nie wil inent nie ook beskerm want hulle het ‘n groter kans om die gesondheidsdienste te oorspoel siende dat hulle ernstiger siek kan raak. Jy kan ook steeds self aansteek en ander aansteek so masker-dra is steeds nodig.

Irma ·

@piet, jy se dit is ongehoorsames wie hulle nie wil laat inent nie, maar hoe weet jy of hulle nie aan verskeie onderliggende siektes ly nie. Ek is nie teen inentings nie want omdat ek onder andere ‘n asma lyer is het ek al die Pneumovax inenting geneem en neem ook gereeld die griepinspuiting. Omdat ek ook aan ander onderliggende siektes ly is ek versigtig om nie die Covid 19 inenting te neem nie want ek het geen waarborg dat ek nie erge newe effekte van die entstof sal ontwikkel nie. Kan jy vir my ‘n 100% waarborg gee dat ek geen newe effekte sal ontwikkel nadat ek die inenting geneem het. Ek praat nou nie net van ‘n seerarm nie ens nie.

piet ·

Irma, jy praat nou van die uitsonderings gevalle. 99% wil nie die inentings neem nie om geen wetenskaplike gegronde rede nie. Ek noem hulle ongehoorsaam, selfsugtig, dwarstrekkerig en onpatrioties. Geen medikasie is 100% veilig nie maar die voordele weeg swaarder as enige risiko’s. Die kanse is uiters skraal dat jy ernstige newe-effekte gaan kry (niks meer as wat jy ‘n disprin gaan drink nie). Onthou nou meer as 6 100 000 000 mense is al ingeent. Persoonlik het ek al 2 shots gekry, geen pyn, geen ongemak. Ek het nie eers die inspuiting gevoel nie, arm was ook nie seer nie. So terloops – as jou dokter se dis oukei dat jy dit kan neem, wat is die probleem?

Anoniem ·

Dankie Piet, ek weet, maar is aspris vanoggend en wil die moeilike vrae vra. Dis tyd dat ons die moeilike vrae ook vra.

VaalDonkie ·

Jy moet eintlik vra waarom mense wat nie ‘n risiko vir ernstige simptome het nie, ingeent moet word eerder as om natuurlike immuniteit te ontwikkel. En waarom ‘n entstof wat nie “steriliserend” vir die virus is nie, gedurende ‘n pandemie aan mense gegee word as dit die gevaar verhoog dat die virus muteer en geen biologiese druk ervaar om minder dodelik te word nie. Jy moet ook sommer vra wat die verskil is tussen outo-immuun siekte en die reaksie wat die inspuiting uitlok.

Daai is nou goeie vrae. Maar ek is seker die lakeie van die ANC sal nou-nou hier wees om ons gerus te stel dat Cyril se “command council” weet wat hulle doen en net die beste vir ons wil he.

piet ·

Jou vragies is al oor en oor verduidelik en geantwoord. Daar is blakend, gesonde, sterk mense wat dood is aan die ding. Ek weet persoonlik van ‘n gesonde, begaafde atleet wat vir jare die SA-skolerekord gehou het in die 800m wat aan Covid dood is. Daar is ongelukkig geen waarborg hoe die ding jou gaan affekteer nie. Waar kom jy aan die snert dat die inenting die kanse verhoog dat die virus sal muteer? Dis die tipe van twakpraatjies wat onmiddellik in die kiem gesmoor moet word. Die liggamlike reaksie wat die inenting uitlok is presies dieselfde as die reaksie wat uitgelok word as jy blootgestel word aan die virus sonder inenting. In albei gevalle word die liggaam se natuurlike immuniteitstelsel in werking gestel.

Mercia ·

Jou woorde “moontlik mag” is ‘n goeie akkurate beskrywing. Want maak nie saak hoeveel die hoofstroom media en sogenaamde wetenskap ons wil verseker dat hierdie inentings 100% veilig is nie…..daar is geen langtermyn studies om te bevestig dat dit jou vrywaar van ernstig siek word of selfs sterf van covid nie. ????‍♀️ Daar is inteendeel al heelwat mense ná hulle inentings gehospitaliseer en selfs dood. Dit is dan juis die grootste “versekering” en aanmoediging om die inenting te kry…….???? Maar dit lewer nie die waarborge wat voorgehou en gedryf word nie. Daarom nou nog “booster shots” of jaarlikse inentings. Vlaag 1,2,3,4,5………Inenting 1,2,3,4……….
Eintlik behoort ons aan te dring dat die toegewyde covid “staticians ” die inentingstatus van gehospitaliseerde pasiënte en díe wat gesterf het ook weergee…….siende dat die inentings verkoop word met die waarborg van op die ergste …..slegs ligte
simptome.

Anoniem ·

Korrek, ek was aanvanklik baie twyfelagtig oor die inenting omrede die toetsperiode uiters kort was en alles op waarskynlikhede gebasseer was sonder werklike feite. Die aansporing om ingeënt te word sodat jy weer normaal kon lewe het my egter van plan laat verander, maar daarvan het niks gekom nie, aangesien alles weer op waarskynlikhede gebasseer word. Dis presies hoekom ek die vrae vra, want dit voel asof ons mislei is en dit maak my die swernoot in.

Natasha ·

Jy is reg hoekom moet jy nog jou masker dra, definitief nie om jouself te beskerm nie aangesien die sogenaamde ent wat nie goedgekeur is nie en in trial fase is tot 2023 veronderstel is om jou te beskerm. Nie waar nie.. En as die wat nie gevax is nie die virus gee hoef jy mos nie te worry nie, nie waar nie.. Want jou ent werk mos…die gevalle wat afneem is agv die feit dat SA alreeds kudde immuniteit gekry het.. Niks anders nie..

Oom Kaspaas ·

Ek sê nie dis die spuit wat die groot verskil in getalle maak nie maar ek is oortuig daarvan dat dit ‘n groot rol speel in baie plekkie met die breek van die infeksie ketting. Wat die natuurlike immuniteit aanbetref waarvan almal nou so praat, ek het die week een van my familielede besoek wat ook eerder daai roete gevat het, hy was vir meer as ‘n maand in die ICU en is tans in ‘n rehab sentrum waar hulle hom van voor af moet leer loop, sy hande gebruik en selfs spraak terapie moet gee, hy moet ander mense in die oë kyk om hom te help om toilet toe te gaan en te gebruik. Dis verseker nie iets wat ek wil deurgaan vir natuurlike immuniteit nie, ek kan myself nogsteeds afvee na die spuite

Karen ·

Want die inenting maak mens nie immune teen die virus nie. Mens kan dit nogsteeds kry.

Anoniem ·

‘n Franse studie van 22 miljoen mense wys dat jou kans vir hospitalisasie 90% laer is as jy ingeënt is.

VaalDonkie ·

‘n Ander Franse studie het bevind dat eiers kolesterol gee en jou kan doodmaak en dat jy eerder ‘n klomp brood moet eet.

Natasha ·

Ons staan aan die vooraand van groot gebeurtenisse in ons leeftyd!

Terwyl baie mense oor jare gereed gemaak het vir ‘n fisiese oorlog, het n biologiese oorlog in Maart 2019 begin!
Min mense het dit toe verstaan!
Min verstaan dit vandag!
Wie het in 2019 gedink dat lande soos Austalië in n polisiestaat sou ontaard!
Wie kon voorsien dat die sterkste land in die wereld, die grootste verkiesingsbedrog van alle tye sou beleef!
Wie het besef dat hul eens florende klein besighede deur hul eie regerings gesluit sou word!
Wie sou kon dink, dat die uiteinde sou wees, om in die ry te gaan staan, om jou jab te kry, met die belofte dat alles weer normaal sou word?
Wie het opgelet, dat groot militere skuiwe in die oorsterse lande plaasgevind het!
Wie het daarop gelet, dat immigrante Europa en VSA instroom, terwyl burgers van daai lande in hul huise beperk was?
Wie het opgelet, dat WHO hospitale en regerings betaal het vir elke covid pasient wat hul opgeneem het?

VaalDonkie ·

Afgesien van enigiets anders, is ek redelik keelvol daarvoor dat die VSA se fights met ander lande my en my familie moet raak. Plaas baklie hulle en China en kry klaar en los die res van ons uit.

Cherokee ·

Sinvolle kommentaar wat herlees verdien, Natasha. Die afduime wat jou kommentaar gekry het, vertel iets van begripsvermoeë. Dankie dat jy jou gedagtes neergepen het.

Natasha ·

Wie het opgelet, dat WHO hospitale en regerings betaal het vir elke covid pasient wat hul opgeneem het?
Wie het opgelet, dat gewone siektetoestande en standaard prosedures onbeperk uitgestel is, en dat baie van daai mense gesterf het, omdat hospitaal toelating so streng geword het!
Wie het oopgelet, dat jou eie mense teen jou draai, as jy n ander opinie as hul huldig?
Wie het opgelet, dat sterftes op enige gegewe tyd, nooit die gemiddeld van jare voor 2019 oorskry het nie!
Wie het daarop gelet, dat griep bykans uitgewis is, maar deur covid oorgeneem is?
Wie kon voorsien, dat jou vryheid voortaan van n app op jou foon bepaal word?
Wie het ooit gedink, jy gaan dalk jou werk verloor, as jy weier om n eksperimentele inspuiting te neem!
Wie, vra ek, het navorsing gaan doen, ander opinies gaan ondersoek, vrae gevra, en werklik gaan bid oor hierdie saak?
Die volgende paar maande gaan erg
Die volgende fase van hierdie oorlog is reeds in plek!
Maak julle oë oop SA

piet ·

Jy kan jou “bottom dollar” wed dat geloof op een of ander manier hier ingesleep sal word. Sy’t seker gebid (en een antwoord gekry) ander het gebid (en ‘n ander antwoord gekry) en nog ander het glad nie gebid nie.

MakersMark ·

Ander bid dat hul geliefdes in ICU agv CV19 sal oorleef. Geen salf aan die balhoriges en hardhoriges te smeer nie.

piet ·

Ek dink ek gaan ‘n breuk vat van die Covid-gesprek. Ten spyte van ons beste pogings gaan die ongehoorsames net voort met hul snert onwetenskaplike gesanik, conspiracy teoriee en so aan. Geen salf aan te smeer nie, laat hulle maar hul koppe stamp met die verhoogde risiko en ongerief wat hulle nou op alle terreine gaan teekom.

Cherokee ·

Ek herhaal my kompliment soos by die eerste gedeelte van jou kommentaar, Natasha.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.